Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Nuusagtig' Category

Afrikaans

Nuwe Jaar, Groot Nuus!


Gerhard - Afrikaans, Notas, Nuusagtig

Afrikaans

Laat ek eers begin deur vir al die lesers van Kuier.co.za ‘n voorspoedige 2009 toe te wens. 2008 was ‘n interessante jaar met heeltemal te veel wat gebeur het en ons kan net hoop dat 2009 nog beter gaan wees.

Met die nuwe jaar het ook gereken dat dit hoog tyd is dat ons die nuwe afdeling op Kuier.co.za kan bekend stel. So hier is hy…

my.Kuier.co.za

Op my.Kuier.co.za sal jy die volgende kan doen:

- Jy kan jou eie Afrikaanse artikels skryf.
- Jy kan ander besoekers se artikels lees
- Jy kan ook direk met ander besoekers gesels op die forum
- Jy kan selfs ‘n profiel skep met jou foto

(Daar is ook nog planne vir meer funksionaliteit vir die toekoms)

En die beste gedeelte hiervan is dat dit heeltemal GRATIS is!

Teken nou aan!

Afrikaans

BEK-REK Live!


Gerhard - Afrikaans, Nuusagtig

AfrikaansBerei jouself voor vir ‘n Komediebredie met ons vars-uit-die-oond Afrikaanse Standup Komediante. Hulle gaan gek skeer, gehore laat skater en trane sal loop van die lag!

Bek Rek! bied ´n kans om ons mees prominente en opkomende grapjasse in skreeusnaakse vertonings te sien!

Met:

Brent Niemandt – Gasheer vir die aand, Met sy onnutsige verbeelding, groot mond en “tipiese kêrel” persoonlikheid, kry hy aanhangers staande met toejuiging, by elke opvoering.

Jaak Erasmus – ‘n Prontuit, reguit komediant wat dinge se soos dit is!

Regardt Laubscher – Komiese Kulkunstenaar wat jou sal betower met sy oorspronlikheid!

Dugald Pieterse – Wenner van die SBA/SON Kaapse Jokes Kompetisie. By elke opvoering het sy stories van alledaagse lewe in Bredaarsdorp verseker day hy ´n gunsteling by die gehoor is.

Kaartjies is maar net R30!

LET WEL: VOLWASSE VERMAAK!!!

http://www.facebook.com/group.php?gid=34163166968

Afrikaans

Kleurvolle Vertoning deur Philip de Villiers in die Paarl


Gerhard - Afrikaans, Musiek, Nuusagtig

AfrikaansPhilip de Villiers Lewer Kleurvolle Vertoning by die Ou Meulteater in die Paarl

Op Saterdagaand 8 Maart tree die bekroonde sanger en liedjieskrywer Philip de Villiers vir die eerste keer op in Paarl by die Ou Meul Teater. Sy RSG-treffers Ek hoor jou, Jy´s nie rêrig weg nie en Frail is na twee jaar steeds gunstelinge op talle radiostasies landswyd. Hy is ´n bekende gesig op TV met sy aangrypende musiekvideo´s wat daagliks gespeel word en het ook al verskyn op DKNT, Kwêla en Jip.

As jy hou van Amanda Strydom, Johannes Kerkorrel of Laurika Rauch, sal Philip se musiek vinnig onder jou vel inkruip. Sy lirieke is weldeurdag, en alhoewel daar enorme diepte is in sy werk, neem hy homself nie tè ernstig op nie. Sy vertoning loop oor van humor, met skreesnaakse sketse uit sy kindertyd. Hy beloof ook om ´n paar goue oues ‘n nuwe baadjie te gee, en onontginde volksbesit soos “Hier staan ek met my boude onder die berg” aan gehore bekend te stel.

Hy word ondersteun deur Philip Samuel op ´n verskeidenheid van kitare. Die liedjies word verder ingekleur met klavier en trekklavier, wat De Villiers self bespeel.

Die vertoning begin om 20h00 en kaartjies kos R50. Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by die Ou Meul Teater op 083 564 0056 of e-pos vstemmet@gmail.com

afrikaans, musiek, philip de villiers, vermaak

Afrikaans

Aussie Hoog in Takke Terg Krokodille


Neels - Algemene Geselskap, Nuusagtig

Afrikaans‘n Aussie het onlangs nogal ‘n interessante storie gehad om te vertel toe hy vir ‘n week lank bo in ‘n boom moes sit, in die noorde van Queensland, omdat die krokodille in die omringende moeras nie te vriendelik gelyk het nie…

Op die ou end moes die man maar net daar sit en wag totdat ‘n helikopter hom kon kom red. David George sê dit was nogal senutergend om te sien hoedat twee krokodille heeltyd onder die boom sit en na hom staar! Met ware Aussie sportgees het David voortdurend vir die krokkies beledigende aanmerkings geskree en meegedeel dat hulle hom nie in die hande sal kry nie…

Hy het glo heel kreatief geraak in sy pogings om verbygaande vliegtuie en helikopters se aandag te trek – insluitend om die son van sy metaal tabakblikkie af te weerkaats, sy hemp aan ‘n tak rond te waai, en toiletpapier oor die boom se takke te sprei.

Op die agtste dag van sy uitkampering in die boom het ‘n reddingspan bestaande uit die Australiese weermag, polisie en plaaslike spoorsnyers hom gevind.

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=29&art_id…

Aussie, boom, krokodille, moeras

Afrikaans

Komediefees skop af in Moederstad


Gerhard - Leser Bydraes, Notas, Nuusagtig

AfrikaansSluit in September aan by die wêreld se beste skerpskertsers en geniet ‘n jolige tydjie by die Cape Town International Comedy Festival – Suid-Afrika se voorste komediefees wat vanjaar sy elfde bestaansjaar in die Moederstad vier.

Met sewe aparte programme om uit te kies, bied die fees vanjaar iets wat in elkeen se smaak sal val – of jy nou hou van komedie op ‘n verhoog, op ´n skerm of selfs op straat! Die skerpskertsers wat vanjaar deelneem kom van Britanje, die VSA, Kanada, Duitsland en Australië en by hulle sluit Suid-Afrika se beste nuwe komedie-sterre aan, insluitend David Newton, Riaad Moosa, Nik Rabinowitz, Dowwe Dolla, Michael Naicker en die gewilde duo van Joe Barber-faam, Oscar Petersen en David Isaacs.

Soos in die verlede gaan die fees se staatmakers, naamlik die Main Arena en die Danger Zone, by die Baxter plaasvind, terwyl ´n opwindende nuwe program met die beste plaaslike Afrikaanse komedie – Bek-Lash – sy debuut by die Kunstekaap Teater maak.

Bek-Lash gooi die talente van Tobie Cronje, Dowwe Dolla, Joey Rasdien, Marion Holm, Martin Jonas, Emo Adams en die Joe Barber-duo saam met diè van Steve Best, ´n gewilde Britse skerpskertser bekend vir sy fisiese komedie. Met die bekroonde Lara Bye as regisseur neem Bek-Lash die formaat van ´n tipe vaudeville- of kabaretvertoning aan met die gewilde musikale komediant Pedro Kruger as gasheer.

Die Main Arena-program van skerpskertsers het die bekende Britse komediant Alistair Barrie as gasheer. Hy gaan Kaapse gehore bekendstel aan die Australianer Carl Barron, die Kanadees Laurie Elliott en die Amerikaner Tom Clark. Saam met hulle op die program is Suid-Afrika se voorste skerpskertsers Nik Rabinowitz, David Newton en Riaad Moosa.

Een van die jarelange groot gunstelinge op die fees, die Danger Zone, bied komedie vir meer avontuurlustige gehore wat van ´n meer gewaagde benadering tot humor hou. Op vanjaar se program is die Australianer Jim Jefferies wat in Britanje gebaseer is en beskou word as een van die beste opkomende komedie-sterre. Hy het aan die 2005 Cape Town International Comedy Festival deelgeneem. Saam met Jefferies tree sy mede-Australianer Steve Hughes op sowel as die Amerikaner Bert Kreischer en die Kanadees Terry Clement. Die Danger Zone-program behels ook die Suid-Afrikaner Kevin Perkins en sy alter ego, Michael Naicker, wat dwarsoor Suid-Afrika bekend is as die op-die-man-af “superheld van die man op straat”.

Die veteraan organiseerder van die fees, Sam Hendrikse, is in sy noppies met die verskeidenheid komiese talent wat by vanjaar se fees aangebied word. “Ons het werklik iets vir almal – van die nar-agtige koddighede van die straatkomediante wat kinders en grootmense gaan amuseer, tot die meer gesofistikeerde humor van die top internasionale skerpskertsers wat deel is van die Main Arena en Danger Zone-programme. Ons is ook opgewonde om die eerste Afrikaanse verhoog by die fees aan te bied met ons plaaslike komediante in die Bek-Lash-program,” sê Hendrikse.

Nog ´n nuwigheid op vanjaar se program is die insluiting van ´n mini filmfees, Comedy Shorts, wat die wêreld se beste komiese kort films by die Labia Teater gaan vertoon. Dit word in samewerking met Just For Laughs, die grootste komediefees in Kanada, aangebied en bestaan uit twee programme, naamlik Funny Shorts en Filthy Shorts. Net soos met die Main Arena-program bied Funny Shorts die beste hoofstroom kort films op vanjaar se Just For Laughs-program, terwyl Filthy Shorts bestaan uit ´n verskeidenheid kort films met alternatiewe humor deur van die wêreld se gekste filmmakers. “Laasgenoemde films is nie vir die preutses bedoel nie en hulle gewaagdheid sal eerder groter aanklank vind by die Danger Zone-gehore,” verduidelik Hendrikse.

“Soos wat die Cape Town Comedy Festival internasionale opgang maak, is dit van selfsprekend dat samewerking met ander internasionale komediefeeste begin posvat en ons is baie opgewonde om die Comedy Shorts-program saam met Montreal se Just For Laughs-fees aan te bied.”

Vanjaar se fees bied weereens ´n aantal rare straatkomediante wat niksvermoedende Kapenaars gaan vermaak as deel van die Street Comedy Festival, wat die ongelooflike komiese talente van die straatkunstenaars van stede dwarsoor die wêreld gaan vertoon.

Gehore wat belangstel in ´n voorsmakie van die gewildste optredes by al die vertonings sal dit kan kry àf Woensdagaande by The Late Show by die Bang Bang Club àf by die Best of the Fest wat Sondagaande gedurende die fees by die Baxter Teater aangebied word.

Die Main Arena-program by die Baxter Teater duur van 3 tot 22 September, die riskante Danger Zone-program by die Baxter-konsertsaal duur van 10 tot 22 September en Bek-Lash is by die Kunstekaap Teater van 4 tot 22 September. Die Comedy Shorts filmfees is aan by die Labia Teater van 3 tot 22 September. Besoek www.comedyfestival.co.za vir ´n program van al die verskillende vertonings en ´n volledige lys van die sensasionele internasionale en plaaslike skerpskertsers. Bespreek by Computicket.

Afrikaans

Chinese Tatoeer Merke


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansHoeveel keer het jy al daaraan gedink om ‘n Chinese of Japanese karakter iewers op jou te laat tatoeer? As ek 100% eerlik moet wee dan kan ek sê dat die idee al ten minste een of twee kere opgekom het.

Dit was met dieselfe gevoel wat Lee Beck van Southend ‘n paar karakters op sy arm laat tatoeer het.. ongelukkig het dit glad nie beteken wat hy gedink het dit gaan beteken nie.. en om alles te kroon moes hy dit uitvind nadat ‘n Chinese meisie vir hom in ‘n restaurant gelag het.

Dit moet iets in die lyn van “liefde, eer en volg” gewees het, maar het as “aan die einde van die dag, is hierdie maar ‘n lelike seun” op sy arm geeindig.

Dit het blykbaar $900 gekos om te laat verwyder… dit sal my meer as twee keer laat dink voor ek so iets doen :)

http://img473.imageshack.us/img473/5286/metrotattoo…

tatoeer, chinese, karakters, verkeerd

Afrikaans

Japanner Mis Nie Verlore Been


Neels - Nuusagtig

Afrikaans‘n Japanese motorfietsryer het Maandag saam met vriende gaan ry, toe hy beheer oor sy fiets verloor en teen die veiligheidsrelings beland het… Hy het ‘n geweldige pyn ervaar, maar kon nog aanry. Sowat 2km later – by die volgende kruising – besef die mideljarige man toe eers dat iets (s)kort: Sy regterbeen! Een van sy vriende het die been intussen opgetel, maar by die hospitaal kon hulle dit nie weer aanheg nie, aangesin die impak teen die relings dit grootendeels vergruis het.

Dit verstom my altyd hoe die menslike brein werk – dat dit in ‘n geval soos hierdie, van uiterste trauma die “stappe” neem om mens aan die gang te hou en die pyn eers later inskop!

http://www.iol.co.za/index.php?from..

motorfietsryer, pyn, been, vergruis

Afrikaans

Batterye Eersdaags Papierdun


Neels - Interessanthede, Nuusagtig, Tegnologie

AfrikaansAmerikaanse navorsers het ‘n uiters ligte, buigbare, bio-afbreekbare battery ontwikkel… in die vorm van ‘n stuk papier! Nou kan ek net dink hoe ‘n groot omwenteling dit gaan veroorsaak op die gebied van battery-afhanklike elektronika! Selfone wat nog kleiner en ligter is… digitale kameras… skootrekenaars sonder die ekstra gewig van ‘n massiewe battery (wat in elk geval nie baie lank hou nie)…

Die nuwe litium-ioonbatterye is gebou met behulp van nano-tegnologie, wat maar eintlik net beteken dat alles waaruit dit bestaan ongelooflik klein is :-) Die besonderse aard van die batterye beteken ook dat as ‘n toestel meer krag nodig het, kan jy meer as een “bladsy” (battery) op ‘n ander een stapel! Die batterye kan selfs opgerol, of in enige ander vorm gevou word. Ja-nee, dis nou voorwaar tegnologie wat agteroor buig om ‘n diens te lewer!

As mens nou so 500 “bladsye” ophoop en in karton verpak, soos wat jy papier in die winkel koop, behoort dit genoeg krag uit te gee om battery-aangedrewe motors redelik lank aan die gang te hou, sonder dat jy te veel gewig bysit of al die ruimte in beslag neem. So, dink nou net aan ‘n “groen” motor met twee dose op die agtersitplek wat die hele land vol reis!

Blykbaar kan die batterye ook as ‘n tipe “superkapasitor” werk en selfs bloed en sweet gebruik as aanvullende kragbron… so as die “papier” begin pap raak druk jy net ‘n draadjie by een van jou polse in en siedaar – jy kan vir nog so ‘n paar ure lank werk ;-)

http://www.physorg.com/news106245164.html

batterye, papier, litium-ioon, buig

Afrikaans

Zim Stel $200,000 Noot Bekend


Gerhard - Algemene Geselskap, Nuusagtig

AfrikaansZimbabwe gaan nou begin om hul nuwe 200,000 Zimbabwe doller bank noot bekend te stel. Die rede hiervoor is om die land se hoë inflasie te bekamp… wat die hoogste in die wêreld is.

Die nuwe bank noot, wat deur die reserwe bank van Zimbabwe vrygestel is, kan vir jou presies… 1kg suiker koop. hehe! Ek kan nie stories so goed soos hierdie opmaak nie!

Op die oomblik is die jaarlikse inflasie meer as 4500% in Zimbabwe.

Die mense wat weet blameer President Robert Mugabe se wette, waarvan die grootste fout natuurlik die besetting van plase was.

http://news.bbc.co.uk/2/hi/business/6924062.stm

zimbabwe, bank, inflasie, geld

Afrikaans

Jou Eie Eiland


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansHet jy nog altyd daarvan gedroom om jou eie eiland te hê? Om Jou eie hawe en strande te hê?

Wel, dan is vandag jou gelukkige dag! Daar is een te koop op eBay. Dit word beskryf as een van die beste eilande in die Stille oseaan, naby Fiji. Die eiland is 1 myl en het 225 hektar land.

Om alles te kroon is die water ook so helder dat jy 200 voet diep kan sien en volgens die foto’s is daar ook mooi see lewe om die eiland.

My groot vraag is net hoekom die eienaar dit so graag wil verkoop…

http://cgi.ebay.com/FIDSCHI-INSEL-90-Hektar-Blue-Lagoon…

eiland, vakansie, land, boot



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans