Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Nuusagtig' Category

Afrikaans

Internet Breek Byna Klankgrens


Neels - Interessanthede, Nuusagtig, Tegnologie

AfrikaansDie 75-jarige Mev Sigbritt Là?thberg van Karlstad in Swede het onlangs in die geskiedenisboeke verewig geraak toe sy die vinnigste Internet verbinding op aarde in haar huis ontvang het! Haar nuwe 40 Gigabis (ja, dit is die Afrikaans vir “Gigabit”) per sekonde lyn is sowat 10 000 keer vinniger as die vinnigste (4Mbps) ADSL verbinding in Suid-Afrika!!! Net om te beklemtoon presies hoe vinnig dit is: Daarmee sal sy ‘n vollengte, hoë-definisie DVD (HD-DVD of BluRay) in slegs 2 sekondes kan aflaai van die Internet 8O

‘n Nuwe tipe tegnologie word vir hierdie hoë-spoed lyn gebruik, waarmee data dan oor ‘n afstand van tot 2000 kilometer gestuur of ontvang kan word, sonder dat daar enige addisionele netwerktoerusting tussen-in is… Dis mos nou “Breëband-Internet”!!!

Nogal lekker as mens ‘n Internet legende soos Peter Là?thberg vir ‘n seun het, en jy kan nuwe kommunikasietegnologie soos die toets! Nou wonder ek net wat die tannie met haar vinnige Internet gaan doen :-?

http://www.thelocal.se/7869/20070712/

75-jarige, Swede, Breëband-Internet, ADSL

Afrikaans

Groepsdruk(kie) Beà?nvloed Rower


Neels - Algemene Geselskap, Lekkertes, Nuusagtig

AfrikaansVir ‘n voornemende rower in Washington DC het “groepsdruk” ‘n interessante dubbele betekenis ingehou! Die man, met vuurwapen in die hand en ‘n kappie op sy kop, het ‘n groep vriende se aandete op hul agterstoep onderbreek toe hy die wapen op ‘n 14-jarige meisie rig en dreig om te begin skiet as hulle nie vir hom geld gee nie…

Dis toe waar die storie ‘n onverwagte wending neem! Een van die gaste oortuig eers die rower om ‘n glasie wyn te geniet, waarna die meisie se pa en ander mense in die groep heelwat druk toepas op die vent dat hy binnekort nie anders kan as om “gesellig” te verkeer saam met hulle nie… So ‘n paar slukkies wyn en ‘n happie kaas later, en die rower begin skielik vir almal verskoning vra, en sê dat hy moontlik na die verkeerde huis toe gekom het. Hy het intussen ook sy vuurwapen gebêre, en die volgende oomblik vra hy of iemand vir hom ‘n drukkie sal gee… Daarna kon niemand sy versoek vir ‘n “groepsdrukkie” weier nie, en oomblikke later is hy daar weg, nog met die glasie wyn in die hand, maar niks gesteelde goedere nie.

Die polisie het later blykbaar die einste wynglas leeg in ‘n stegie naby die huis gevind, waar dit mooi versigtig op die grond neergesit is.

Ooggetuies reken dat hy moontlik bedwelmd was, want daar is nie juis ‘n ander verklaring vir die eienaardige optrede nie :-)

http://seattlepi.nwsource.com/national/1120AP_DC_ODD_Robber_…

rower, groepsdruk, wyn, groepsdrukkie

Afrikaans

Bedel Straks ‘n Lonende Beroep


Neels - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansToe welsynwerkers in Parys onlangs ‘n hawelose vrou wou verskuif kon hulle aanvanklik nie verstaan hoekom sy so graag wou bly waar sy is nie… toe ontdek hulle wat in al haar vullissakke en ou tasse weggesteek is: Meer as 68000 Euros (ongeveer R650,000 met die huidige uitruilkoers)! Blykbaar het die 66-jarige vroutjie, wat bekendstaan as “die prinses”, dit oor die afgelope 10 jaar wat sy al op straat woon versamel deur te bedel!

Laat mens nogal wonder hoeveel ander bedelaars eintlik al soos konings (of prinsesse) kan leef :-)

Terloops, voordat ek die fliek Malunde gekyk het was ek ook glad nie bewus daarvan dat daar ‘n spesifieke tegniek is wat mens moet volg om ‘n suksesvolle bedelaar te wees nie!

http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=79&art_id=…

hawelose, bedel, versamel, straat

Afrikaans

iPod Gebruiker Geslaan deur Weerlig


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig, Tegnologie

Afrikaans‘n 37 Jarige Kanadese man is deur weerlig geslaan toe hy met sy iPod gaan draf het in ‘n storm.

Dit was ook nie sommer net so gewees nie, die man se beserings sluit die volgende in: Gebarste oordromme, ‘n kakebeen wat op 4 plekke gebreek is en die kakebeen was ook uitgehaak. Hy het ook nou 50% permanente gehoor verlies.

Blykbaar was sy beserings so interresant dat dit gepubliseer was in die “New England” Journaal vir Medisyne. Daar is blykbaar brandmerk oral langs die oorfone se draad af tot by die iPod self.

Ek het nooit besef dat dit werklik eers ‘n moontlikheid was dat ‘n iPod sulke probleme kan veroorsaak nie.

http://www.theregister.com/2007/07/13/ipod_lightning_strike/

ipod, weerlig, draf, beserings

Afrikaans

Water op ‘n ander planeet?


Gerhard - Nuusagtig, Wetenskap

AfrikaansWetenskaplikes sê dat daar ‘n baie goeie kans is dat hulle water op ‘n ander planeet gekry het, of ten minste stoom! Hierdie planeet is nie eers in ons sonnestelsel nie, maar wentel om ‘n ander son.

Hulle sê ook dat hulle redelik seker is dat daar niemand daar is om dit te drink nie.

Die planeet se naam is HD 189733b en is effens groter as Jupiter. Hy wentel om ‘n ster wat drie miljoen ligjare weg is, in die Vulpecula-konstellasie.

So ek wonder hoe lank dit gaan neem voor ons kan gaan vakansie hou by die HD 189733b vakansie-oord :P

http://www.nytimes.com/2007/07/12/science/12planet.html

planeet, water, wetenskap, ruimte

Afrikaans

Rathefboom Stuit Tieners in VSA


Neels - Motors, Nuusagtig

AfrikaansTwee voornemende jong motordiewe in Georgia in die VSA is vasgetrek toe hulle nie kon wegkom met die motor wat hulle wou steel nie. Die rede: Meeste motors in die VSA is outomaties, maar daardie een het toe toevallig ‘n goeie ou koppelaar en rathefboom, wat nie een van hulle blykbaar al ooit teegekom het nie. Daar sit die oortreders toe met geen benul wat om te maak nie, en al wat hulle aan die gang kan kry is die radio!

Nogal sleg as mens gewoond is daaraan om dinge so altyd op die maklike manier te doen, en dan moet jy op ‘n dag noodgedwonge ‘n effens meer ingewikkelde metode gebruik, en dan sit jy… soms letterlik ;-)

Dis dan juis ook hoekom ek dikwels nie die maklikste uitweg eerste kies nie – om te leer hoe om dinge in ‘n krisis te hanteer!

http://www.reuters.com/article/domesticNews/idUSN202595432…

motordiewe, outomaties, rathefboom, ingewikkelde

Afrikaans

Is Sportprestasie Jou Lewe Werd?


Neels - Nuusagtig, Sport

AfrikaansMense wat na ‘n maraton inmekaarsak en sterf… of teen hoë snelheid op die resiesbaan verongeluk… ons lees al te dikwels sulke berigte in die koerante of sien dit op die TV nuus.

Nou, na aanleiding van die pas afgelope Comrades met nog so ‘n sterfte waar iemand letterlik sy laaste krag gebruik het om oor die wenstreep te beur, kan ek nie anders as om te vra – is die eindresultaat so ‘n opoffering werd? Behoort enige iemand jouself so hard te druk of so ‘n groot kans te waag met jou lewe, net in die naam van prestasie?

Selfs in skolesport word al meer en meer kinders ernstig beseer (of erger) omdat hulle tot die uiterste gaan vir hulle sport. Wat het geword van die ou benadering dat mens sport doen vir ontspanning en om jouself te geniet? Gaan dit ook deesdae net oor die geld en roem? In die laerskole al???

Ja, daar hang dalk nou ‘n goue medalje of staan ‘n reusagtige trofee in ‘n kabinet êrens as bewys van die hoogste sport wat iemand bereik het, maar wat help dit as die persoon wie se naam op daardie goud verskyn nie meer leef om dit te kan aanskou nie?

Hier is ‘n lys van mense wat in motorrenne alleenlik omgekom het, waarvan ek een ongeluk – die van Ayrton Senna op TV sien gebeur het:

http://www.answers.com/topic/list-of-racing-drivers-who-died-in-racing…

Natuurlik is daar nog hope ander sportsoorte wat veel meer lewens eis, maar die renjaer lysie is alreeds lank genoeg as ek hom so kyk!

Hier is ook ‘n webwerf waar mens kan sien watter sportpersoonlikhede op hierdie dag in die geskiedenis gesterf het, maar dit lyk darem asof meeste van hulle nie tydens die beoefening van hul sport die lewe verlaat het nie.

http://www.todayinsport.com/deaths.php

sterf, sport, prestasie, opoffering

Afrikaans

Aussie Verloor Onwetend ‘n Vinger


Neels - Nuusagtig

AfrikaansJa die Aussies het alweer nuus gemaak vir die “unieke” dinge wat hulle daar doer onder aanvang ;-)

‘n 42 jarige man het blykbaar in ‘n kroeggeveg in Sydney betrokke geraak, maar eers heelwat later, toe hy in die straat af loop besef dat daar bloed op sy een hand is en slegs vier vingers! Hy is toe hospitaal toe vir behandeling. Blykbaar het sekuriteitswagte later die “verlore” vinger en ‘n klomp bloed in die kroeg se badkamer gevind.

http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=79&art_id…

Aussies, kroeggeveg, vingers, verlore

Afrikaans

Southappies Uit Die See


Neels - Eet en Drink, Nuusagtig

AfrikaansDis alweer amper tyd vir die jaarlikse Oesterfees op Knysna en hope “fynproewers” sal sekerlik weer daarheen reis vir die geleentheid. Ek is egter nie een van hulle nie, want hulle sê mos mens moet ‘n smaak ontwikkel vir sulke “eksotiese” kosse… en ek kan beslis beaam dat nie almal van daardie baie prominente smaak hou nie!

Om die waarheid te sê, die eerste keer wat ek ‘n rou oester (op die strand) geëet het, het ek so ‘n gesig getrek as gevolg van die vreeslike intense sout smaak dat ek bly is die horlosie het nie 12 geslaan en die uitdrukking so verewig nie! Dan het ek permanent soos die hoofkarakter in die Scream flieks gelyk!!!

Hoekom hou party mense van al die eienaardigste “kosse” op aarde?

Mense wat belangstel om uit te vind presies wanneer die fees hierdie jaar plaasvind en wat om te verwag (lyk nogal na ‘n baie lekker affêre) kan gerus verder gaan lees by hierdie skakel:

http://www.ioltravel.co.za/article/view/3870038

Dit sal nogal interessant wees om te hoor wat die vreemdste (of ergste) smake was wat ons leser al ervaar het, so laat weet ons gerus! Let wel dat ek nie vra wat die vreemdste dinge is wat julle al geëet het nie, want ons probeer om nie besoekers af te skrik nie ;-)

oesterfees, smaak, kosse, ergste

Afrikaans

Oppas, Hier’s die Oumas!


Neels - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansAs jy met my sukkel gaan my ouma jou kom opfoeter! Danksy die Ouma Taekwondo Federasie kan menige jong Suid-Koreane met trots daardie stelling maak sonder om ‘n oog te knip ;-)

Aanvanklik was dit net ‘n manier om die oumas se gesondheid te verbeter, maar toe geniet hulle dit en besluit om dit ernstig op te neem – baie ernstig. Ja-nee, die swartgordel dames (almal in hulle 60’s en 70’s) is glad nie bang vir so ‘n lekker harde twee-uur lange oefensessie, ses dae per week nie! Sjoe, praat van toeweiding!!! Ek dink meeste jongmense oefen nie eers naastenby so hard nie…

So vir die rampokkers daar buite wat graag op weerlose ou mense toeslaan wil ek net sê: Wees gewaarsku – hulle is nie almal se broos soos wat dit aanvanklik mag lyk nie!

http://news.sawf.org/Lifestyle/37305.aspx

ouma, taekwondo, oefensessie, swartgordel



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans