Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Nuusagtig' Category

Afrikaans

64 Jaar met ‘n Koeël in Haar Kop


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig, Wetenskap

Afrikaans‘n Chinese ouma wat na die hospitaal gegaan het met ‘n ernstige kopseer het meer informasie gekry as wat sy gedink het sy gaan kry. Sy het uitgevind dat daar ‘n koeël in haar kop is vir die afgelope 64 jaar al.

Jin onthou dat sy geskiet was in 1943 gedurende die Tweede Wêreld Oorlog deur die Japanese weermag toe sy kos gevat het vir haar pa wat as ‘n guerilla soldaat geveg het.

Die dokter wat die geroesde koël uitgehaal het is verstom dat die koeël nie voorheen enige probleme veroorsaak het nie.

Sjoe, die vrou kan haar sterre dank dank dat sy nog lewendig is. Ek meen, eers ‘n koël in die kop en toe sny hulle ‘n gat in haar kop on die koeël weer uit te haal…

http://www.ananova.com/news/story/sm_2327520.html

koeël, kop, operasie, dokter

Afrikaans

Die Valhelm Toets


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansAs jy al ooit gewonder het presies hoe sterk fiets/motorfiets valhelms is, is vandag se storie net vir jou.

Ryan Lipscomb, 26, is ‘n gewone fietsryer wat skielik moes stop toe hy gesien het dat ‘n vragmotor wat van die ander kant af kom, by die interseksie, nie gaan stop nie. Hy slaan toe hard op sy remme wat veroorsaak dat hy afgeslinger word van die fiets af en in die pad, voor die vragmotor, beland.

Hy sê hy kon voel hoe die vragmotor oor sy kop gery het. Ja, OOR sy kop… Die valhelm is heeltemal gaar, maar behalwe vir ligte harsingskudding het Ryan absoluut niks oorgekom nie!

Al wat ek kan sê is … Sjoe!

http://www.madison.com/tct/news/index.php?ntid=133934

vragmotor, motorfiets, valhelm, kop

Afrikaans

SARS Maak Belasting Makliker


Neels - Afrikaans, Nuusagtig, Probleemoplossing

AfrikaansVolgens berigte oor die radio gaan belastingopnames van hierdie jaar effens anders werk, aangesien dit nie meer nodig is om enige stawende dokumente (soos IRP5, kwitansies, fakture, ens) aan die inkomstekantoor te stuur nie, en die feit dat dit ook nou sal moontlik wees om jou opgawes elektronies, op die Internet te doen behoort tyd en kostes te bespaar! Verder sal personeel van die SA Inkomstediens ook gratis bystand verleen aan enige persoon wat hulp nodig het met hul opgawes. Dit sal moontlik wees om by enige van hul kantore te gaan aanklop, of die inbelsentrum te skakel by 0860 12 12 18. Mens kan ook daar uitvind hoe vorder jou opname se verwerking, of jy kan aanteken op hul webwerf daarvoor. Alle opnames vir die jaar moet teen 31 Oktober voltooi wees.

Besoek gerus die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) se elektroniese-opgawe webwerf en spaar jouself ‘n klomp ekstra werk hierdie jaar deur jou belastingopgawes aanlyn te doen! Registreer sommer vandag nog – ek gaan beslis!!! Hou net jou belastingnommer byderhand…

http://www.sarsefiling.co.za/

Vir verdere ingligting en kontakbesonderhede beveel ek aan dat jy besoek aflê by

http://www.sars.gov.za/

Daar is skakels na alles wat mens nodig het om te weet in hierdie verband.

*** Belangrike opdatering: Ek het vandag probeer registreer en ‘n boodskap gekry wat aandui dat my nommer nie geregistreer kan word nie… toe skakel ek die SARS e-filing hotline by 0860 709 709 en word meegedeel dat die diens eers teen die EINDE van Mei aktief sal wees.

belastingopnames, anders, makliker, inkomstediens

Afrikaans

Vader Jacob, Slaap Jy Nog…


Neels - Nuusagtig

AfrikaansEk is nie ‘n groot aanhanger van die hele “ere-graad toekenning” verskynsel nie – dit voel vir my net so verkeerd dat iemand wat glad nie aan ‘n sekere Universiteit gestudeer het nie, op so ‘n kunsmatige manier erkenning gegee word vir wat hulle moontlik vir die samelewing gedoen of beteken het (en dit maak die lang gradeplegtighede waardeur mens reeds slaap nog langer!)… maar ere-priesterskap??? Dit klink alklaar belaglik genoeg, maar wat van Ere-priesterskap vir JACOB ZUMA??? Vader Jacob, vergewe my want ek het gesondig…

Ja, dit lyk asof die priesterdom ook nou besig is om ‘n metamorfose te ondergaan ;-) Nie dat dit die eerste keer is dat ‘n storm losbars rondom die wit boordjie nie!

Vir die wat belangstel om daardie berig te lees, julle kan dit hier kry:

http://www.news24.com/News24/South_Africa/Politics/…

Wikipedia het ‘n bladsy met heelwat inligting oor Mnr Zuma, wat dalk bietjie agtergrond inligting kan bied vir die wat minder bekend is met wie presies hy is:

http://en.wikipedia.org/wiki/Jacob_Zuma

vader, Jacob Zuma, priesterdom, belaglik

Afrikaans

Die Prys van Vooruitgang


Gerhard - Natuur, Nuusagtig, Tegnologie

AfrikaansVooruitgang kom met ‘n prys vir China en Indie, maar dit lyk darem of daar nou lig aan die einde van die tonnel is.

Een van die probleme is dat die besoedeling die lug vuil maak, wat maak dat die mense nie meer hulle komberse en lakens buite ophang nie. Dit veroorsaak dat parasiete toeneem wat natuurlik met sy eie reeks probleme kom.

Vir die van julle wat goeie nuus soek, dit kan gevind word in China. Een van die groot stede in China is besig om skoon te maak deur tussen 160 en 196 yster myne toe te maak en dit dan te vervang met groter en skoner myne.

Ek is net so bly dat ek nie elke dag in ‘n rook bank hoef vas te kyk nie…

http://environment.guardian.co.uk/waste/story…

besoedeling, china, yster, rook

Afrikaans

Meer Vryheid Wanneer Jy Oefen


Neels - Algemene Geselskap, Nuusagtig

AfrikaansDie Nederlanders beweer dat mens meer “vryheid” ervaar as jy in die gimnasium oefen sonder daardie lastige items wat ons “klere” noem :-)

Ja, ‘n Gimnasium in Heteren het besluit om op Sondae vir nudiste voorsiening te maak en hulle noem dit “Naakt Zondag”. Blykbaar is daardie gimnasium deesdae redelik vol op Sondae ;-) Hmmm, ‘n manier om leë geboue op Sondae vol te kry… ek wonder…

Of dit werklik meer gemaklik is om op hierdie wyse te oefen sou ek nie kon sê nie… wat dink julle? Nou wonder ek sommer of Muay Thai nie vinniger bekend (en gewild) sal raak as hulle ook Sondagaande meer “natuurlike” gevegte het nie… Wat dink jy, Gerhard – sal meer dames dan ook daarna kom kyk?

http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=79

vryheid, gimnasium, oefen, storie

Afrikaans

Stem vir Kuier.co.za


Gerhard - Notas, Nuusagtig

Afrikaans

Die nominasies vir die 2007 “SA Blog Awards” is in en Kuier.co.za is genomineer in twee kategoriëe.

Die eerste is die “Beste Suid Afrikaanse Musiek Blog” afdeling en dan ook die een wat ek baie graag wil hê, die “Beste Blog Ontwerp”. Die kompetisie is swaar in albei kategoriëe, so om net genoem te word saam met van hierdie ander webwerwe is al klaar ‘n prestasie in my opinie.

Om te stem kan nie makliker wees nie. Gaan net na die “SA Blog Awards” webwerf, tik die knoppies van die webwerwe wat jy dink moet wen in elke afdeling, vul jou e-pos adres in en druk op “Stuur”.

Kom ons wys hulle waar Afrikaanse Internet gebruikers se harte lê! ;)

http://2007.sablogawards.com/

Afrikaans

Verewig In Was Of Graniet


Neels - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansWat is dit wat maak dat mense ander mense in die vorm van ‘n standbeeld wil verewig?

Daar is planne om later hierdie jaar nog ‘n wasmuseum in Washington in die VSA oop te maak, en daar sal besoekers “lewensgetroue” beelde van hoofsaaklik bekende Amerikaanse politici, maar ook sommige akteurs kan “ontmoet”!

Blykbaar is Bill Clinton en sy vrou Hillary reeds verseker van ewebeelde in die museum, maar daar is tot dusver nie beplan om ‘n beeld van Monica Lewinsky in te sluit nie… wel nog nie, maar op aanvraag word dit wel tans oorweeg :-)

Hoekom is daar so dikwels ‘n bakleiery oor standbeelde? Party mense wil hê dat bestaande standbeelde liewer vervang moet word met beelde van ander mense, terwyl ander weer glad nie omgee of daar nou ‘n beeld van ‘n mens of ‘n hond of hoender of wat ookal op daardie bekende plein of heuwel of waar ookal staan nie! Watter doel dien dit tog nou regtig om ‘n mens amper te verafgod deur ‘n standbeeld van hom/haar op te rig? Daar kan mos net ongelukkigheid wees daaroor!

Persoonlik dink ek ook dit moet nogal vreemd voel as jy in so ‘n wasmuseum instap en daar staan jy voor jouself

So as jy ‘n baie bekende of beroemde mens is/was, sou jou dan wou hê dat daar ‘n standbeeld van jou opgerig word? Wat sal jy verkies: ‘n Graniet beeld wat buite staan sodat almal wat daar verbyry dit kan sien en wonder “wie was daai ou tog nou weer en wat het hy gedoen wat so belangrik was”, of liewer ‘n wasbeeld wat binne-in ‘n museum staan en slegs mense wat betaal om in te gaan jou beeld kan bewonder? Onthou net die granietbeelde is nie net ‘n baie gewilde rusplek vir mense nie… die duiwe en seevoëls sal ook gereeld wys wat hulle van jou dink ;-)

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=29…

standbeeld, verewig, graniet, was

Afrikaans

Sowaar? Regtig? Kan Dit Wees?


Neels - Nuusagtig, Wetenskap

AfrikaansParty mense sal ook enige iets glo! Ja hierdie storie is weereens te danke aan ‘n Australiër en is ironies genoeg die gevolg van ‘n kunstenaar se poging om met medisynemaatskappye se slim advertensietaktieke te spot en juis te wys hoe maklik hulle mense oorreed om medisyne te koop… Justine Cooper kry toe die idee om ‘n “siekte” op te maak en loods ‘n hele bemarkingsveldtog om ‘n (ook fiktiewe) middel daarvoor bekend te stel!

Die hele ding is so goed beplan dat baie mense daarvan oortuig is “Dysphoric Social Attention Consumption Deficit Anxiety Disorder (DSACDAD)” bestaan wel en dat hulle “Havidol” kan gebruik om dit te behandel… Nogal ‘n mondvol nè ;-)

http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id…

Hoekom is dit dat meeste mense so maklik byna enige iets sal glo? Kyk maar net na die hoeveelheid van daardie “aanstuur-eposse” waarin jy vertel word hoedat die maatskappy wat die produkte bemark op een of ander wonderbaarlike manier sal kan sien as jy die e-pos aan 20 mense stuur en dan sal jy kort daarna jou nuwe selfoon of motor of kis bier (of selfs ‘n klomp geld van Bill Gates af!) ontvang… ja ons gesonde verstand sê in meeste gevalle onmiddellik vir ons “moet nou nie dom wees nie – hierdie is beslis ‘n groot klomp nonsens”, maar nogtans word daardie gemorspos in hulle duisende aangestuur! Die resultaat: ‘n Stadiger Internet en sadistiese, breë glimlagte op die gesigte van die persone wat daardie ketting-pos begin het… Dis net jammer dat mense wat goedgelowig is en die beste in hul medemens wil sien so dikwels vir hul positiwiteit gestraf word!

Daar is wetenskaplike studies gedoen wat aandui dat mense makliker mislei kan word deur slim stories en bemarkingsfoefies as hulle kinderjare moeilik was. Persoonlik dink ek dit hang maar af van persoon tot persoon, want mens kan ook redeneer dat diè wat swaar gekry het as kinders juis nie maklik in sulke slaggate sal trap nie…

Hier is so ‘n bietjie tong-in-die-kies raad vir mense wat ondersteuning nodig het in die verband – ongelukkig is dit in Engels… jammer :-)

http://www.computerjokes.net/184.htm

glo, oortuig, goedgelowig, mislei

Afrikaans

Die Verkeerde Bus


Gerhard - Nuusagtig, Tegnologie

AfrikaansEk het al gehoor van mense wat op verkeerde treine klim en ook van mense wat op verkeerde taxis en busse klim, maar vandag se storie vat die koek.

Haar naam is Jaeyaena Beuraheng en nadat sy op die verkeerde bus geklim het, was sy vermis vir 25 jaar! Ja, jy het reg gelees 25 jaar… ;)

Sy kon nie die spesifike landstreek se taal praat, lees of skryf nie en het geoorleef as ‘n bedelaar op die strate van Chiang Mai.

Die storie het darem ‘n goeie einde. Sy is onlang terug met haar familie (wat 8 kinders insluit) herenig. Nadat 3 studente met haar begin gesels het.

http://news.scotsman.com/latest.cfm?id=194922007

herenig, bus, verkeerd, thailand



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans