Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Probleemoplossing' Category

Afrikaans

Ken Jy Die Noodnommers?


Neels - Algemene Geselskap, Notas, Probleemoplossing

AfrikaansWas jy self al in ‘n situasie waar jy die nooddienste benodig het? In daardie geval hoef ek seker nie vir jou vertel dat dit nie dan die tyd is om telefoonboeke te begin deurblaai en na nommers te soek nie…

Die beste manier om jouself en jou geliefdes te help in ‘n tyd van nood is om vooraf al die belangrike nooddienste se telefoonnommers op te soek en mooi duidelik naby die foon aan te bring!

Hier is ‘n paar wat almal van ons behoort te onthou:

107 – Skakel dit vir enige noodgeval. Ongelukkig werk dit slegs in die Wes-Kaap, maar die opgeleide mense wat hierdie dienssentrum 24 uur per dag beman sal jou blitsig na die regte nooddiens deurskakel en hulle kan ook op die rekenaarstelsel sien wat jou nommer en adres is wanneer hulle die oproep beantwoord, aangesien hulle aan Telkom se databasis verbind is. Almal wat al Rescue 911 gesien het sal ‘n goeie idee hê van hoe dit werk.

112 – Skakel hierdie vanaf enige selfoon (selfs sonder ‘n SIM-kaart of lugtyd) vir enige noodgeval! Onthou dit!!!!

10177 – Die nasionale ambulansdiens. Vir mense sonder voldoende mediese fonds.

082911 – Privaat ambulansdiens. Ongelukkig sal hulle slegs mense met mediese fonds help.

10111 – Polisie / blitspatrollie (ek gebruik die woord “blits” baie huiwerig hier!)

0800 33 3444 – Die Nasionale Gifsentrum. Skakel dit as enige iemand iets ingeneem het wat hulle nie moes nie, soos bv. giftige vloeistowwe, of goed soos parafien of skoonmaakmiddel. Dit is ook die nommer vir slang- en giftige insekbyte.

Verder behoort jy die hospitale, polisiestasies, brandweer, ens in jou omgewing se nommers ook so gou moontlik by die lysie te voeg!

Hier is ook ‘n paar nommers, maar dit lyk my daar is weer ‘n paar wat spesifiek tot die Wes-Kaap is (as iemand dalk weet van ‘n webwerf met nommers vir meer verskillende streke, laat weet ons gerus):

http://www.eda.admin.ch/eda/en/countr/zaf/cgcato/emernr.html

nooddienste, noodnommers, ambulans, brandweer

Afrikaans

Die Elektriese Motorfiets


Gerhard - Motors, Probleemoplossing, Tegnologie

AfrikaansDaar is deesdae so baie goeie metodes om van punt A na punt B te kom, maar al ons besluite het natuurlik ook ‘n impak op die toekoms. Party mense sal vir jou sê dat jy van die lekker ry-goed moet ontslae raak, en dat die goeie tye verby is. Vandag se webwerf dink anders oor dinge…

Brammo Motorsports is ‘n maatskapy in Oregon wat ‘n elektriese motorfiets ontwerp het wat in Amerika sal beskikbaar wees in 2008. Wat die “Enertia” anders maak as vorige pogings is dat hulle hom van die grond af herontwerp het om die maksimum uit hom te kry.

Die “Enertia” kan om trent 220 km/h haal en kan in 4 ure geherlaai word met ‘n gewone huis kragpunt.

Die idee wat my aandag die meeste trek aan hierdie motofiets is dat hy omtrent heeltemal stil gaan wees. Vir iemand wat nie hou van ‘n geraas nie is dit ideaal!

http://www.enertiabike.com

elektries, motorfiets, natuur, spaar

Afrikaans

Kitsboodskappe Op Jou Selfoon


Gerhard - Probleemoplossing, Tegnologie

AfrikaansDit is nie elke dag wat ek oor rekenaar en selfoon safteware skryf nie, want oor die algemeen het ek my stel sagteware waarmee ek elke dag werk en doen wat ek moet doen.

Ek het gister ‘n program vir my selfoon gevind wat dit dalk tot in my daaglikse sagteware lys mag maak. Wat dit basies doen is dat dit stel jou in staat om met mense te gesels wat van MSN en GTalk en Skype kitsboodskappe dienste gebruik maak.

Hulle gaan ook binnekort die Yahoo en ICQ diens aan skakel. Hy werk op dieselfde manier as Mxit, behalwe dat hy in my opinie net soveel beter loop en natuurlik kan hierdie een meer as net Mxit en GTalk doen.

Ek is regtig opgewonde oor hierdie diens, want nou kan ek net aanhou met gesels nadat ek opgestaan het by my rekenaar! ;)

http://www.nimbuzz.com/

kitsboodskappe, selfoon, java, maklik

Afrikaans

22 Metodes vir Meer Energie


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede, Probleemoplossing

AfrikaansDie afgelope paar maande is energie maar min by my. Dit het seker maar te doen met hoeveelheid werk, gimnasium en min slaap. Ek is seker dat ek nie die enigste een is wat dinge so doen nie :)

Vandag se webwerf het 22 metodes om seker te maak dat jy nooit weer moeg sal voel nie. Die metodes sluit in dat jy in die oggend moet eet en ook dat jy genoeg water moet drink.

Die interessantste een van die klomp vir my is die idee dat jy minder koffie moet drink na 12 in die middag omdat dit jou nog daardie nag sal affekteer en jou laat moeg voel die volgende oggend… hehe ek het nog nooit so daaroor gedink nie…

Meeste van hierdie metodes maak nogal sin, nou hoop ons net dat dit werk! ;)

http://www.webmd.com/balance/features/your-guide…

energie, metodes, oefen, eet

Afrikaans

Ruil Gunste en Gawes


Neels - Algemene Geselskap, Probleemoplossing

AfrikaansDit klink vir my na ‘n blink idee… miskien ‘n bietjie ouderwets, maar is dit regtig so erg?

Die vraag: Is jy opsoek na iemand wat ‘n spesifieke talent of vermoë het om jou te help met iets waarvan jy self dalk nie kop of stert weet nie?

Die antwoord: Besoek dan sommer dadelik die “SwapaSkill” webwerf! Daar kan mens gratis jou talente en spesialiteite registreer, asook waar jy jouself bevind. Ongelukkig gee dit tans nog net die Verenigde State van Amerika, en die VK en Ierland aan, maar hopelik sal dit binnekort uitbrei om die res van die wêreld ook te “bedien”.

Hmmm, ruilhandel… dit was seker een van die beste ekonomie-stelsels van alle tye! Ek wil iets hê wat jy het, so ek ruil iets wat ek het daarvoor – baie regverdig en almal is gelukkig, en dit maak vir my baie meer sin as om vir iemand ‘n stukkie papier met syfers daarop te gee ;-)

http://swapaskill.com/main.php

idee, opsoek, talent, ruil

Afrikaans

Kreatiewe Besigheids Kaartjies


Gerhard - Interessanthede, Probleemoplossing

AfrikaansVir die van julle wat sakemense is, wat daagliks moet uit gaan om kliente te sien of nuwe kliente te gaan soek, is beisgheids kaartjies nogal belangrik. Dit is natuurlik nie meer so belangrik soos ‘n hele paar jaar gelede toe daar nog nie selfone was nie, maar dit is nog altyd ‘n manier om seker te maak dat iemand jou en jou maatskappy sal onthou.

Vandag se webwerf het ‘n vet lys van kreatiewe besigheids kaartjies met foto’s ingesluit. Wat sommige van hierdie kaartjies maak is ietsie kleins wat bygesit is, maar sommige van die ander is werklike kunswerke.

My gunsteling een is seker die een wat lyk soos ‘n x-straal. As ek besigheids kaartjies gebruik het sou dit seker iets in daardie lyn gewees het :)

http://www.anvari.org/cols/Creative_Business_Card_Design_Ideas.html

kaartjies, besigheid, kontak, kliente

Afrikaans

Kreatief Met Spasie


Gerhard - Interessanthede, Probleemoplossing

AfrikaansIs jou kamer of kantoor die groote van ‘n besemkas?

Vandag se webwerf het 5 metodes wat jy kan benut om daardie “besemkas” grooter te laat lyk deur eenvoudig jou, en jou besoekers, se oë te flous.

Strategië sluit die regte kleur keuses, minder meubels (of om hulle te vervang met meer veeldoelige meubels) en strategiese gebruik van spiëels. ‘n Tafel met ‘n glas blad hel blykbaar ook.

Ek is mal oor hierdie tipe artikels, veral in hedendaagse lewe waar huisies al hoe kleiner raak. Ons sal maar moet kreatief raak om die meeste uit ons wonings te kry :)

http://freshome.com/2007/05/29/5-tips-for-fooling-the-eye

oë, ontwerp, kreatief, spasie

Afrikaans

Skoon Kinder Kamers


Gerhard - Algemene Geselskap, Probleemoplossing

AfrikaansAs jy al ooit jou hande in die lug gegooi het omdat jy dit eenvoudig net nie dit kan regkry om jou kinders hul eie kamers te laat skoonmaak nie, dan is vandag se webwerf net vir jou!

Hierdie webwerf het lekker eenvoudige metodes om kinders aan te spoor om self hul kamers skoon te maak.

Dit kom basies daarop neer dat jy, as ouer, dinge so eenvoudig as moontlik moet hou, op daardie manier is dit makliker om dit onder beheer te hou.

Uit die artikel is daar drie dinge wat uistaan as die kern van die idee: Minder speelgoed is makliker om op te tel, houers om dinge in te bêre hoef nie fantasties en duur te wees nie en laastens, daar moet ‘n goeie plan van aksie wees (maak jou bed op, dan maak jy jou boekrak skoon, ens.)

Nogal ‘n oulike artikel vir ouers wat sukkel met hierdie gedeelte van ouer wees ;)

http://www.curbly.com/badbadivy/posts/1058-Teach-your-kids…

kinders, kamer, skoon, opruim

Afrikaans

Die Regte Albert Einstein


Gerhard - Interessanthede, Probleemoplossing, Wetenskap

AfrikaansDink vir ‘n oomblik aan die mense wat saam met jou werk. Het jy al ooit daaraan gedink dat een van hulle dalk die manier hoe ons die heelal verstaan gaan herontwerp en dalk die intelligensie het om tyd en spasie met sy of haar brein te kan buig?

Kan jy dink hoe beroemd ‘n persoon soos daardie gaan wees in ‘n hedendaagse tyd waar dinge soos die Internet en Televisie nuus dadelik versprei, en dit alles net omdat hy of sy meer intelligent as die res van ons is?

Ons almal weet van Albert Einstein, maar ons weet nie baie oor hom nie, soos watter tipe persoon hy was en hoe hy by die huis was nie…

Vandag se webwerf praat oor ‘n boek wat al die klein brokkies informasie saamgepak het om ‘n meer volledige prentjie van Albert Einstein te skep.

Wie weet, miskien sien jy van sy karaktertrekke in die persone by die werk ;)

http://www.seedmagazine.com/news/2007/05/intimate_with…

albert, einstein, slim, insig

Afrikaans

Vergelyk Pryse Maklik En Vinnig


Neels - Algemene Geselskap, Interessanthede, Probleemoplossing

AfrikaansAangesien meeste van ons alreeds in die naweek-stemming is, en omdat ek bietjie laat is hiermee, gaan ek vanmiddag se storie BAIE kort en kragtig maak!

Het jy al dikwels gewonder of jy te veel betaal vir iets? Gaan kyk volgende keer eers hier, en vergelyk ‘n paar pryse, voor jy koop:

http://www.pricecheck.co.za

betaal, vergelyk, pryse, koop



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans