Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Tegnologie' Category

Afrikaans

Man sterf na selfoon ontplof


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

Afrikaans‘n Man in China het gesterf nadat sy selfoon ontplof het. Die “ontploffing” het naby ‘n groot aar in sy nek plaasgevind en hy het basies dood gebloei voordat hy gehelp kon word.

Hy was blykbaar ‘n werknemer in ‘n rekenaar winkel in Guangzhou, China. Die selfoon het ontplof kort nadat hy ‘n nuwe battery in die selfoon gesit het. Die battery het ook blykbaar net net klaar gelaai en hy was besig om die selfoon in dy dak te sit.

Ander werknemers het gesê dat hulle net ‘n harde slag gehoor het en toe hulle gaan kyk wat aangaan het hulle die jong man op die grond gevind.

Die plaaslike regering (soos wat dit mos maar werk in China) het gesê dat die tipe battery baie onstabiel raak as dit aan hitte blootgestel word en ook as dit te lank op laai gelos word.

Dit maak mens ‘n bietjie skirikkerig om die selfoon te gebruik!

http://technology.timesonline.co.uk/tol/news…

sterf, selfoon, ontplof, china

Afrikaans

Deurskynende Toerusting


Gerhard - Interessanthede, Probleemoplossing, Tegnologie

AfrikaansEk is een van daardie mense wat mal is daaroor om die binnekant van gebou so eenvoudig as moontlik te hou.

Baie spasie, baie wit en baie baie eenvoudige ontwerpe… Ek besef ook dat almal nie dieselfde hieroor voel nie, maar vir my gaan dit oor die gevoel van vryheid wat ‘n eenvoudige omgewing vir jou kan verskaf.

Dit was terwyl ek rond gesoek het op die Internet na interessante ontwerp idees wat ek op die volgende blad vol deurskynende toerusting afgekom het.

Ek is mal hieroor.. veral die wasmasjien!

http://www.toxel.com/tech/2009/01/12/transparent…

deurskynend, toerusting, ontwerp, eenvoudig

Afrikaans

13 Tydsones… Nuwejaarsfees op Uitsaaines!


Gerhard - Afrikaans, Leser Bydraes, Tegnologie

AfrikaansAfrikaans sprekendes van regoor die wereld gaan hulle oujaar uittel op die baie gewilde Afrikaanse Internet Radiostasie, Uitsaaines Live!

Die bestuurder van hierdie radio stasie, Raymond Greenberg, sê dat hulle omroepers wat uit verskillende wêrelddele uitsaai, gereed staan om elke tydsone se luisteraars te akkommodeer deur lewendig hulle aftelling na nuwejaar uit te saai. Dit kom basies daarop neer dat luisteraars, soos wat hulle nuwejaar aanbreek in hulle tydsone, na die ateljee kan deurbel en lewendig op die lug hulle aanbreek van die nuwejaar af te tel en te vier. Luisteraars in 13 Tydsones het reeds aangedui dat hulle beslis gaan deelneem aan hierdie wonderlike geleentheid om hulle nuwejaar te deel met ander luisteraars waar nuwejaar nog moet aanbreek, of waar nuwejaar reeds aangebreek het.

Die 13 Tydsones huidiglik van toepassing in die volgorde waarop nuwejaar vir elk gaan aanbreek is as volg:

1. New Zealand
2. Oos Australie
3. Wes Australie en Japan
4. Taiwan
5. United Arab Emirates
6. Saudi Arabia
7. Portugal, Engeland, Ierland
8. Duitsland, Griekeland, Belgie, Nederland, Spanje, Frankryk
9. Suid Afrika
10. V.S.A Ooskus gebiede
11. V.S.A Oostelike Sentrale gebiede
12. V.S.A Westelike Sentrale Gebiede
13. V.S.A Weskus en Kanada.

Raymond se dat hierdie inisiatief ontstaan het in Japan met Jaques van Rooyen wat tans daar diens doen as ´n omroeper. Hierdie inisiatief word beskou as ´n eerste ter wereld wat radio uitsending betref, want nog nooit voorheen is dit op enige radiostasie vermag om ´n aanbreek van nuwejaar lewendig vanuit soveel verskillende plekke uit te saai nie. Effektief beteken dit dat nuwejaar op Uitsaaines Live, omtrent 24 uur lank, amper elke uur of twee gaan aanbreek. Die moontlikheid bestaan ook dat die 13 Tydsones dalk nog kan vermeerder soos wat luisteraars besluit om deel te neem, aangesien Uitsaaines luisteraars het wat getrou inskakel, vanuit alle denkbare wêrelddele. Afrikaans, as taal, was nog nooit voorheen so goed verteenwoordig oral ter wereld, met soveel luisteraars wat op een plek, elke dag bymekaarkom, om na Uitsaaines Live te luister nie.

Belangstellendes wat wil inskakel om na hierdie gewilde Afrikaanse internet radiostasie te luister, kan gerus ´n draai gaan maak by www.uitsaaines.co.za. Dit is ´n gratis diens, wat vrywillig onderhou word deur die bestuur en omroepers daarvan.

Afrikaans

Tegnologiese Toilet Deure


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansDit is altyd interessant as normale dinge wat ons elke dag gebruik met ‘n tegnologiese weergawe vervang word wat dit beter maak.. of soms slegter…

‘n Goeie voorbeed hiervan is die toilet deure in ‘n klub in SoHo in New York. Die deure is heeltemal dersigtig, tot wanneer jy hulle toe maak, dan raak hulle dof en jy kan nie meer deur hulle sien nie.

Soos wat ek dit verstaan, werk hulle deur gas tussen 2 lae glas in te blaas wanneer jy hulle toe maak.

Ek is nie seker hoe mal ek oor die idee is nie, soos ek my geluk ken sal ek net mooi sit wanneer die krag afgaan en ek in ‘n 100% deursigtige toilet sit. :P

http://www.popgadget.net/2007/09/cool_bathrooms.php

glas, sien, toilet, badkamer

Afrikaans

Beijing se Nuwe Lughawe


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansEk hou altyd daarvan om te sien hoe normale geboue in ander lande lyk. Soos byvoorbeeld die tipe geboue watte alle lande het.

Dit is om daardie rede dat ek vandag se skakel so interessant gevind het.

Die wêreld se grootste en mees gevorderde lughawe.. ook nie net tegnologies nie, maar ook wat dit die passasiers en spoed van diens betref.

Die nuwe lughawe in Beijing sal verwelkomend en vervrissend vir die passasiers wees. ‘n Simbool met sy aerodinamiese dak en en draak gevormde gebou.

Die foto’s is werklik asemrowend!

http://www.fosterandpartners.com/Projects/1235/Default.aspx

lughawe, vliegtuig, beijing, nuut

Afrikaans

Vuurwerke in die Ruimte


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie, Wetenskap

AfrikaansJapan verras my elke keer met die dinge wat hulle doen… hierdie keer is dit vuurwerke wat in die ruimte “geskiet” is.

Die effek van vuurwerke was gedoen deur ‘n vuurpyl wat lithium gasse afgegee het wat gelanseer was by die JAXA Uchinoura Ruimte Stasie. Die “vertoning” het omtrent teen 19:26 in Japan begin.

Toe dit klaar was het die vuurpyl om trent 500 kilometers ver in die oseaan geval.

Die beste gedeelte van hierdie storie, vir my, is dat omtrent die hele weste van Japan dit kon sien en ook die mense in Tokyo!

http://www.technovelgy.com/ct/Science-Fiction-News…

vuurwerke, japan, ruimte, vuurpyl

Afrikaans

Die Magnetiese Yskas


Gerhard - Probleemoplossing, Tegnologie, Wetenskap

AfrikaansMet praatjies van besparing wat deesdae hoog aan die lys is, is dit nogal vervrissed om te sien dat iemand iets aan die saak gaan doen het en nie net ook daaroor gaan kla het nie.

Wetenskaplikes by die Tegniese Univesiteit van Denemarke het ‘n yskas ontwerp wat glad nie elektrisiteit nodig het nie, maar eenvoudig met magnete werk.

Hoe presies hy werk… dit weet ek nie, maar ek weet een ding met sekerte.. ek sal nie my rekenaar naby aan die yskas bring nie :P

Die beste gedeelte van hierdie yskas is dat hy bleikbaar geen geluide maak nie.. hy is heeltemal stil.. net vir daardie rede sal ek van hom hou :)

http://www.denmark.dk/en/servicemenu/News/Science…

yskas, magneet, verkoel, bespaar

Afrikaans

Batterye Eersdaags Papierdun


Neels - Interessanthede, Nuusagtig, Tegnologie

AfrikaansAmerikaanse navorsers het ‘n uiters ligte, buigbare, bio-afbreekbare battery ontwikkel… in die vorm van ‘n stuk papier! Nou kan ek net dink hoe ‘n groot omwenteling dit gaan veroorsaak op die gebied van battery-afhanklike elektronika! Selfone wat nog kleiner en ligter is… digitale kameras… skootrekenaars sonder die ekstra gewig van ‘n massiewe battery (wat in elk geval nie baie lank hou nie)…

Die nuwe litium-ioonbatterye is gebou met behulp van nano-tegnologie, wat maar eintlik net beteken dat alles waaruit dit bestaan ongelooflik klein is :-) Die besonderse aard van die batterye beteken ook dat as ‘n toestel meer krag nodig het, kan jy meer as een “bladsy” (battery) op ‘n ander een stapel! Die batterye kan selfs opgerol, of in enige ander vorm gevou word. Ja-nee, dis nou voorwaar tegnologie wat agteroor buig om ‘n diens te lewer!

As mens nou so 500 “bladsye” ophoop en in karton verpak, soos wat jy papier in die winkel koop, behoort dit genoeg krag uit te gee om battery-aangedrewe motors redelik lank aan die gang te hou, sonder dat jy te veel gewig bysit of al die ruimte in beslag neem. So, dink nou net aan ‘n “groen” motor met twee dose op die agtersitplek wat die hele land vol reis!

Blykbaar kan die batterye ook as ‘n tipe “superkapasitor” werk en selfs bloed en sweet gebruik as aanvullende kragbron… so as die “papier” begin pap raak druk jy net ‘n draadjie by een van jou polse in en siedaar – jy kan vir nog so ‘n paar ure lank werk ;-)

http://www.physorg.com/news106245164.html

batterye, papier, litium-ioon, buig

Afrikaans

Vind Dooie Kolletjies op jou Skerm


Neels - Interessanthede, Probleemoplossing, Tegnologie

AfrikaansHet jy al jou rekenaarskerm deeglik van bo tot onder (en/of links tot regs) bestudeer om te soek vir moontlike dooie kolletjies? Wel as jy nie eniges duidelik kan sien nie, hoekom soek jy dan vir hulle? Dit pla jou mos nie… of hoe? Wel vir die mense wat net moet weet of hulle skerm “volmaak” is of nie het ek goeie nuus: Daar is ‘n stukkie sagteware wat binne sekondes vir jou die antwoord kan gee!

Nou vra sommige van julle dalk “Wat is ‘n dooie pixel?” Wat dit basies is, is dat daar een of meer van die miljoene kolletjies waaruit die beeld op jou rekenaarskerm bestaan net swart bly, of alternatiewelik kan mens ook ‘n sogenaamde “vassit pixel” kry, wat beteken dat jy heeltyd ‘n kolletjie van een kleur sien – bv. rooi… wat gewoonlik mees irriterend is wanneer so ‘n helder kolletjie in die middel van die skerm aan bly!! Op die prentjie hier bo sal julle sien dat daar ‘n baie helder groen kolletjie op die andersins swart skerm wys… dit is tipies van hoe die verskynsel voorkom.

Daar is ongelukkig absoluut NIKS wat mens aan so ‘n foutjie op jou LCD skerm kan doen nie, en meeste van die vervaardigers sal dit ook nie omruil vir net so ‘n paar sulke kolletjies nie, dus hang dit maar net af van hoe gelukkig of ongelukkig jy is wanneer jy jou nuwe skerm aankoop en of jy een gaan kry wat volmaak is of nie :-)

Laai die (baie klein) programmetjie hier af en toets jou eie skerm – ek het, en gaan sommer nou my skerm hier by die werk toets!

http://www.laptopshowcase.co.uk/downloads.php?id=1

Vir ‘n kort, kragtige beskrywing (in Engels) wat dalk duideliker as my poging hier bo is, en ook ‘n alternatiewe toetsprogrammetjie – kyk hier:

http://www.astris.com/dpl/

rekenaarskerm, LCD, dooie pixel, kolletjies

Afrikaans

Reis in Groot Gemak…stoel!


Neels - Algemene Geselskap, Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansHet jy ‘n gunsteling gemakstoel wat al amper heeltemal deur gesit is, omdat jy soveel tyd daarin spandeer? Sukkel jou man/vrou om jou uit dit uit te sleep sodat jy darem som ‘n bietjie vars lug kan skep? Wel nou kan jy vars buitelug geniet sonder om jou agterstewe lug te gee ;-)

Die volgende, baie interessante webwerf gee foto’s, inligting en selfs die moontlikheid om jy jou eie Gemakstoel op Wiele aan te skaf… Party mense sal seker hul huidige een met ‘n enjin en wiele wil toerus!

http://www.armchaircruisers.com/

gemakstoel, buitelug, wiele, enjin



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans