07
Sep
Japan verras my elke keer met die dinge wat hulle doen… hierdie keer is dit vuurwerke wat in die ruimte “geskiet” is.
Die effek van vuurwerke was gedoen deur ‘n vuurpyl wat lithium gasse afgegee het wat gelanseer was by die JAXA Uchinoura Ruimte Stasie. Die “vertoning” het omtrent teen 19:26 in Japan begin.
Toe dit klaar was het die vuurpyl om trent 500 kilometers ver in die oseaan geval.
Die beste gedeelte van hierdie storie, vir my, is dat omtrent die hele weste van Japan dit kon sien en ook die mense in Tokyo!
http://www.technovelgy.com/ct/Science-Fiction-News…
vuurwerke, japan, ruimte, vuurpyl
06
Sep
Met praatjies van besparing wat deesdae hoog aan die lys is, is dit nogal vervrissed om te sien dat iemand iets aan die saak gaan doen het en nie net ook daaroor gaan kla het nie.
Wetenskaplikes by die Tegniese Univesiteit van Denemarke het ‘n yskas ontwerp wat glad nie elektrisiteit nodig het nie, maar eenvoudig met magnete werk.
Hoe presies hy werk… dit weet ek nie, maar ek weet een ding met sekerte.. ek sal nie my rekenaar naby aan die yskas bring nie
Die beste gedeelte van hierdie yskas is dat hy bleikbaar geen geluide maak nie.. hy is heeltemal stil.. net vir daardie rede sal ek van hom hou
http://www.denmark.dk/en/servicemenu/News/Science…
yskas, magneet, verkoel, bespaar
05
Sep
Het jy al ooit gewonder hoekom sekere mense amper opgeëet word deur muskiete terwyl ander amper nie eers weet dat hierdie goggas bestaan nie?
Volgens ‘n nuwe studie is die rede dat verskillende mense eenvoudig verskillend ruik vir die muskiete, en sekere reuke is eenvoudig meer “uitlokkend” as ander.
Die goeie nuus is dat hulle nou hierdie inligting kan gebruik om ‘n nuwe reeks anti-muskietbyt medikasie te kan onwikkel.
Hopelik sal my vriende binnekort rustiger kan slaap
http://www.telegraph.co.uk/earth/main.jhtml?view=DETAILS…
muskiet, steek, ongemak, slaap
25
Jul
Dokters het ‘n middel geontwerp wat blykbaar jou skaam gewoontes kan laat verdwyn. Dit kom in die vorm van ‘n neus sproei.
Die anti-skaam neus sproei was geontwikkel nadat die dokters ‘n chemikalië gevind het wat mense minder skaam laat voel het. Die sproei maak gebruik van diek natuurlike hormoon “oxytocin” wat al klaar daarvoor bekent is om mense lekker kalm te maak in tye van nood.
So.. die skames onder ons kan nou vinnig van die neus sproei gebruik maak voor daardie groot vergadering.. of familie ete
http://www.thesun.co.uk/article/0,,2-2007320558,00.html
anti, skaam, neus, sproei
19
Jul
Een van die probleme in ons daaglikse lewens is die pas waarteen ons leef, alles is gejaag. Self as dit tyd is om iets te eet, dan jaag ons dit net af en dit is geneig om na ‘n stresvolle ongesonde lewe te lei.
Ons kan ons lewestyl maklik aanpas der net stadiger te eet.. Hoe moeilik is dit? Wel, jy vat kleiner happies, jy kou effens stadiger en langer en geniet jou ete langer.
Vandag se webwerf bevat 5 redes hoekom dit belanglik is om stadiger te eet. Ek het dit nogal interssant gevind.
http://zenhabits.net/2007/07/5-powerful-reasons-to-eat-slower/
eet, spoed, stadiger, verteer
12
Jul
Wetenskaplikes sê dat daar ‘n baie goeie kans is dat hulle water op ‘n ander planeet gekry het, of ten minste stoom! Hierdie planeet is nie eers in ons sonnestelsel nie, maar wentel om ‘n ander son.
Hulle sê ook dat hulle redelik seker is dat daar niemand daar is om dit te drink nie.
Die planeet se naam is HD 189733b en is effens groter as Jupiter. Hy wentel om ‘n ster wat drie miljoen ligjare weg is, in die Vulpecula-konstellasie.
So ek wonder hoe lank dit gaan neem voor ons kan gaan vakansie hou by die HD 189733b vakansie-oord
http://www.nytimes.com/2007/07/12/science/12planet.html
planeet, water, wetenskap, ruimte
11
Jul
Elke nou en dan hoor ‘n mens iets waaroor jy nie heeltemal seker kan wees nie. Dan is dit maar jy en die Internet om uit te vind of dit waar is of nie.
So was die storie wat ek gehoor het dat daar bakterieë in grond was wat seretonien in jou brein aktifeer en jou sodoende beter laat voel.
Wel, wat kan ek sê, die storie was toe waar en vandag se webwerf bevat al die informasie hieroor.
So dan reken ek dis tyd om in die grond te gaan rol!
http://www.sciencedaily.com/releases/2007…
vuil, gelukkig, bakterieë, grond
06
Jul
‘n Enkele mier of by is nie baie slim nie, maar ‘n hele kolonie van hierdie insekte is. Die studie van die inteligensie van swerms gee vir ons ‘n idee hoe om moeilike stelsels te beheer. Alles van roete beplanning af tot by militêre robotte.
Waar hierdie swerm intelligensie vandaan kom is die groot vraag, want ‘n enkele mier of by op dy eie is nie een van die slimste lewende oragnismes nie, maar miere byvoorbeeld, bou “snelweë” bou as ‘n groep.
Dit is altyd interessant as ons eenvoudige dinge gaan leer by insekte!
http://www7.nationalgeographic.com/ngm/0707/feature5…
bye, mense, swerm, voordele
02
Jul
Grondboontjiebotter word nou in diamante verander deur wetenskaplikes wat van ‘n tegniek gebruik maak wat meer druk toepas as wat jy sou vind in die kern van die aarde.
Edinburgh Universiteit se kenners sê dat dit moontlike gemaak word deurdat die grondboontjiebotter tussen twee diamante gesmeer word en dan “vasgeknyp” word tussen die twee skerp punte.
Die wetenskaplikes betrokke het ook gese dat hulle rooi kristalle uit suurstof kan maak.
Ek het ‘n gevoel dat hierdie “diamante” en “rooi kristalle” dalk baie klein kan wees. :\
http://news.bbc.co.uk/1/hi/scotland/edinburgh…
diamante, kristalle, wetenskap, druk
22
Jun
Eersgeborene kinders se IK is taamlik hoër as hulle jonger broers of susters, dit is wat ‘n studie in Noorweë gevind het na ‘n groot studie wat 250 000 militêre personeel behels het.
Die navorsers sê dat die verskil in IK veroorsaak word deur sosiale redes en nie deur biologiese redes nie. ‘n Voorbeeld hiervan is die feit dat ‘n tweede kind ‘n hoêr IK sal hê as sy broer of suster op ‘n jong ouderdom oorlede is, wat hom of haar dan natuurlik die oudste maak.
Navorsers reken dat hierdie studie ouers kan help om kinders beter groot te maak.
http://www.newscientist.com/article.ns?id=dn12102
IK, navorsing, kinders, studie