Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir 'Wetenskap' Category

Afrikaans

Sê Nee vir Anti-Bakteriese Produkte


Gerhard - Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansVir jare al oorleef die mensdom deur met gewone seep te bad of te stort. Ons het die donker eeue so oorleef en is nog sterk aan die gang, maar om een of ander rede is anti-bakteriese produkte besig om oral hul koppe uit te steek.

Wetenskaplikes is taamlik besorg oor hierdie idee, want volgens hulle maak hierdie produkte nie net die slegte bakterië dood nie, maar ook die goeie mikrobes. Hulle sê ook dat hierdie produkte gaan veroorsaak dat sterker bakterië gaan vorm wat natuurlike moeiliker gaan wees om van ontslae te raak.

Interessant genoeg is hierdie iets waaroor ek al vir lankal ‘n teorie gehad het, maar nou is daar wetenskaplike navorsing om dit te staaf :)

http://www.sciam.com/article.cfm?articleid=024FEAE8…

Afrikaans

Vleis aan ‘n Boom?


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansDink jy dat vleis aan boom kan groei? Miskien nie, maar wat van op laboratorium bordjies?

Wetenskaplikes in Amerika en Nederland is besig om eetbare vleis te groei in die labretorium. Hulle doen dit met die hulp van dierselle.

Die Amerikaners se doel met die eksperiment is om eetbare vleis vir ruimtevaarders te kan kweek terwyl die Nederlanders baie meer ambisieus is en basies die natuurlike metode wil laat aftree.

So ver het hulle nog net dun lagies vleis gegroei, so daardie groot Sondag maal, van kunsmatige vleis, gaan nog ‘n paar jaar moet wag. :)

Nou kan ek nie help om te wonder of vegetariërs hierdie vleis mag eet nie…?

http://blog.scifi.com/tech/archives/2007/06/04/scientists_atte.html

vleis, boom, kusmatig, wetenskap

Afrikaans

Tee in Pot Meer Gesond


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansSo bietjie meer as ‘n jaar gelede het ek heeltemal ophou met koffie drink, en het oorgeskakel tee toe. Daar was ‘n paar redes vir hierdie besluit maar die grote was natuurlik gesondheid.

Voorheen het wetenskaplikes gevind dat tee lekker baie anti-oksidante bevat en daarom beter is om te drink as koffie of koeldrank.

Nou het weteskaplikes by die universiteit van Aberdeen uigevind dat dit beter is om die tee stadig te maak in ‘n pot plaas van die sakkies wat die meeste mense gebruik. Hulle sê dat dit die maksimum hoeveelheid goeie bestandele uit die blare op daardie maier kry.

Nou net om die tyd te kry om vir ‘n pot te wag om tee te maak :)

http://news.bbc.co.uk/1/hi/scotland/north_east/6698539.stm

tee, gesond, gewoonte, pot

Afrikaans

Pienk Dolfyne van die Amasone


Gerhard - Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansVandag se webwerf het in diepte navorsing gedoen oor ‘n dier wat ek nie eers geweet het bestaan nie… dis reg, die PIENK dolfyn!

Die pienk dolfyne leef in die amasone reënwoud. ‘n Mens kan hulle gewoonlik in die dwars riviere van die groter Orinoco Rivierstelsel in Suid-Amerika te sien kry.

Hierdie diere kan onder die water in die rivier bly vir tot 15 minute. Die mannetjies slaap net onder die oppervlak en hulle kom op vir asem as ‘n refleks. Die pienk dolfyn se liggaam het heeltemal aangepas vir die riviere in die Amasone.

Behalwe vir hulle kleur (meeste van die volwasse dolfyne is albino of helder pienk) verskil hierdie dolfyne van ander dolfyne deurdat hulle ‘n boggel op hul rug het en dat hulle werwels nie aan mekaar vassit nie so, anders as normale dolfyne, kan hulle nekke 180 grade draai.

Raar maar waar! ;)

http://www.amersol.edu.pe/ms/7th/7block/jungle…

pienk, dolfyne, amasone, raar

Afrikaans

Die Regte Albert Einstein


Gerhard - Interessanthede, Probleemoplossing, Wetenskap

AfrikaansDink vir ‘n oomblik aan die mense wat saam met jou werk. Het jy al ooit daaraan gedink dat een van hulle dalk die manier hoe ons die heelal verstaan gaan herontwerp en dalk die intelligensie het om tyd en spasie met sy of haar brein te kan buig?

Kan jy dink hoe beroemd ‘n persoon soos daardie gaan wees in ‘n hedendaagse tyd waar dinge soos die Internet en Televisie nuus dadelik versprei, en dit alles net omdat hy of sy meer intelligent as die res van ons is?

Ons almal weet van Albert Einstein, maar ons weet nie baie oor hom nie, soos watter tipe persoon hy was en hoe hy by die huis was nie…

Vandag se webwerf praat oor ‘n boek wat al die klein brokkies informasie saamgepak het om ‘n meer volledige prentjie van Albert Einstein te skep.

Wie weet, miskien sien jy van sy karaktertrekke in die persone by die werk ;)

http://www.seedmagazine.com/news/2007/05/intimate_with…

albert, einstein, slim, insig

Afrikaans

Nuwe Era vir Motors


Gerhard - Tegnologie, Wetenskap

AfrikaansEk en een van my vriende het die ander dag hieroor gesels. Motorwerktuigkundiges wat in Formule 1 werk is van die beste in die wêreld, so hoekom gebruik hulle nie hulle tyd op iets meer produktief as motorsport nie?

Wel.. een van hulle het… Guy Nà?gre het ‘n motor ontwerp wat op lugdruk loop. Om sy “tenk” vol te maak sal minder as R20 kos en die goeie nuus is dat hy nie net ‘n skets op iemand se tafel is nie, maar amper al in produksie is.

Die motor word uitgebring deur die Tata maatskappy in Indië en hulle beplan om 6000 van hierdie motors op die pad te hê, in Indië, teen 2008.

Nou kan ons net hoop dat Tata vir ons ook van hierdie modelle gaan beskikbaar stel, want dit klink na die beste plan in sommer ‘n hele paar jaar! :)

http://www.ecogeek.org/content/view/659/

lugdruk, tata, motors, bespaar

Afrikaans

Oog Mites


Gerhard - Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansOns het al almal hierdie stories gehoor. “Jy mors jou oë op as jy so naby aan die televisie sit!” of “Jy gaan blind raak as jy in die donker lees!”.

Vandag se webwerf vat al hierdie mites aan en verduidelik een vir een hoekom dit waar of vals is.

Byvoorbeeld: Jou oë kan nie beskadig word as jy te naby aan die televisie sit nie, jy kan jou oog spiere moeër maak as gewoonlik, maar jy kan nie enige skade aanrig nie.

Ek hou altyd daarvan as wetenskap oor mites gaan en ons reg help… altyd interessant :)

http://ririanproject.com/2007/04/21/15-useless-or-even…

oog, kyk, visie, mites

Afrikaans

Hou Jou Geheue Skerp


Gerhard - Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansEk dink dit gebeur met ons almal een of ander tyd, jy gesels met iemand oor een of ander fim wat jy onlangs gesien het of iets wat jy gehoor het en skielik is die informasie net weg, jy kan net nie onthou nie…

Dit is seker heeltemal normaal, maar so baie mense vind dit moeiliker om dinge te onthou soos hulle ouer raak. Dit is waar vandag se webwerf op die prentjie verskyn.

Vandag se skakel bevat tien metodes waarop jy jou geheue lekker vars kan hou. Metodes op die webwerf sluit natuurlik die regte dieet, oefening en ook brein speletjies is.

Op die einde van die dag lyk dit asof dit ‘n lewenstyl aanpassing is om jou geheue vars te hou ;)

http://www.ediets.com/news/article.cfm/1/cmi_2314705…

geheue, oefening, skerp, dieet

Afrikaans

64 Jaar met ‘n Koeël in Haar Kop


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig, Wetenskap

Afrikaans‘n Chinese ouma wat na die hospitaal gegaan het met ‘n ernstige kopseer het meer informasie gekry as wat sy gedink het sy gaan kry. Sy het uitgevind dat daar ‘n koeël in haar kop is vir die afgelope 64 jaar al.

Jin onthou dat sy geskiet was in 1943 gedurende die Tweede Wêreld Oorlog deur die Japanese weermag toe sy kos gevat het vir haar pa wat as ‘n guerilla soldaat geveg het.

Die dokter wat die geroesde koël uitgehaal het is verstom dat die koeël nie voorheen enige probleme veroorsaak het nie.

Sjoe, die vrou kan haar sterre dank dank dat sy nog lewendig is. Ek meen, eers ‘n koël in die kop en toe sny hulle ‘n gat in haar kop on die koeël weer uit te haal…

http://www.ananova.com/news/story/sm_2327520.html

koeël, kop, operasie, dokter

Afrikaans

Veelsydige “Groen” Voertuie


Neels - Interessanthede, Tegnologie, Wetenskap

AfrikaansEk het nog altyd gewonder oor elektriese voertuie wat op sonkrag loop… wat gebeur as dit oortrokke is en daar’s vir ‘n lang tyd geen sonlig om op die dakpanele te skyn en die batterye te laai nie? Gebruik mens dan maar goeie ou menskrag om dit aan te dryf? Onthou julle hoe die Flintstones hul motors moes aangedryf het? Die Venturi Eclectic is ‘n motortjie wat gaan poog om daardie tipe probleem hok te slaan met ‘n paar alternatiewe metodes om elektriese krag te “versamel”. Dit het sonpanele op die dak, asook ‘n windturbine, en elektriese kabel om by jou huis se kragtoevoer in te prop en die batterye te laai as daar nie voldoende wind of sonlig beskikbaar is nie!

Die enigste ding wat baie mense kan afskrik van die innoverende motor is dat dit inderdaad nogal baie soos Fred Flintstone se een, net met ‘n 21ste eeuse baadjie aan lyk! Dis net vir my opvallend dat hulle twee algemeen gebruikte metodes van kragopwekking weggelaat het uit die motor se ontwerp: Steenkool en kernkrag… Dalk is dit net in die luukse modelle beskikbaar ;-)

Die 50 uur batterytyd en 50km/h spoedgrens van die Eclectic maak dit egter dalk meer geskik as ‘n golfkarretjie-waaroor-almal-praat, as om dit vir elke dag se werk-toe-en-terug ryery in te span, want ek weet nie hoe my baas sal reageer as ek 2nm hier instap en sê “jammer ek is laat, maar ek het langs die pad gaan staan met ‘n pap battery…” nie!

Lees die volle storie hier:

http://blog.scifi.com/tech/archives/2006/11/28/venturi_eclecti.html

Almal wat nog lekker wil lag vir absurde ontwerpe van elektriese voertuie kan gerus hier gaan kyk, maar sit asseblief eers op ‘n stewige stoel!

http://www.i-am-electric.com/

voertuie, sonkrag, Flintstones, innoverende



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans