Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Charles Aylward

Wie is Charles Aylward?
Charles Aylward Biografie verkry deur sy bestuur.

http://www.charlesaylward.co.za

Afrikaanse Musiek“Ek het groot geword in Port Elizabeth, die vriendelike winderige stad. Dis in Suid Afrika vir diegene wat nie ons land so goed ken nie. Ek het my eerste kitaar les by my oupa gekry toe ek so 12 jaar oud was. Van daardie tyd af was ek mal oor musiek en het ek myself maar verder geleer speel. Ek speel kitaar, klavier, dromme en baskitaar. Ek het maar van jonks af in kerk se bands gespeel en ook baie daar gesing en opgetree.

Ek is al vir die afgelope 14 jaar in die IT bedryf en ontwikkel programme as ´n kontrakteur. Ek geniet dit, want dit ontlont mens se kreatiewe kant en dit is ook hoekom ek dit onsettend geniet om lirieke te skryf en liedjies te komponeer.

Nadat ek gedink het ek het nou genoeg wind van voor gekry, het ek besluit om Gauteng toe te trek en hier kom werk. Ek is nou al altesaam 7 jaar in Gauteng en die mense hier is net die beste, behalwe as ek anders bewys kan word. Ek bly op die oomblik iewers in Pretoria en skreeu so nou en dan vir die Blou Bulle. (PS! Ek het op ´n stadium vir die Stormers geskeeu, maar as jy hier in die Noorde bly, het jy nie ´n keuse om vir die Blou Bulle te skreeu nie. Hulle het goeie gees.)

My talent was maar al die jare daar, maar op 36 jarige ouderdom het ek besluit dat dit nou tyd is om iets vir myself te doen. Dis toe ek begin lirieke skryf en dit self te komponeer. Ek doen op hierdie stadium ook my eie opnames. My liedjies is sekulêre Afrikaanse musiek, alhoewel ek al engelse liedjies geskryf het en later so engelse een ook op die mark sal sit. Die styl wissel van vinnige to rustige afrikaanse musiek.

My eerste album wat nou in September 2006 beskikbaar sal wees, se titel is ´My Hart´ en dit gaan oor die lief en leed in my lewe.”

Vir enige navrae email my na: bookings@charlesaylward.co.za

Links na demos:

Demo Skakel 1
Demo Skakel 2
Demo Skakel 3



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans