Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir October, 2005

Afrikaans

Die finale snit


Gerhard - Algemene Geselskap, Nuusagtig

die final snitSo, oor die naweek het ek besluit om vir ‘n slag weer ‘n film te gaan kyk. Dit was basies tussen twee, “The Corpse Bride” of “The Final Cut”. Op een of ander manier het dit dit uitgekom op “The Final Cut” en dit is wat ek gedink het van die film…

Ek moet sê dat die voorprente nogal die film baie aanloklik laat lyk het, maar nadat ek dit self gesien het is ek nie meer so seker nie. Dit is om die minste te sê baie deur mekaar en die storie voel net asof dit baie potensiaal gehad het, maar op een of ander manier net nie sterk genoeg oorgekom het nie.

Dit gaan oor tegnologie wat op ‘n ander tyd of plek gebruik kan word om mense se hele lewe op te neem soos jy dit deur hulle oë kan sien. Die rede hiervoor is dat die video na jou dood gebruik kan word vir ‘n tipe roudiens waar die beste stukke gewys word aan die familie en vriende. Soos wat jy kan dink is die nie altyd rooskleurig nie en die hoofkarakter, gespeel deur Robin Williams, moet die “rou” video opsny om ‘n mooi skoon video te maak, waarvan die familie sal hou. Saam met die verantwoordelikheid wat op sy skouers lê is daar ook gevare en die film gaan basies oor een van hierdie gevare.

In die kuier boekie kry hierdie een 4 uit 10 en dit is net omdat Robin Williams ‘n uitstekende akteur hierin was.

deur: Gerhard

Afrikaans

Wortel Oranje


Gerhard - Interessanthede

Wortel OranjeEk sê dit elke keer. Ek dink elke keer ek het nou alles gesien…

Die Joernaal van ‘n man wat probeer om oranje te raak deur wortels te eet. So ver doen hy dit nog net vir 10 dae, so ons sal maar moet sien hoe ver dit kom.

Die wêreld is werklik ‘n interessante plek, met baie eienaardige mense. Ek dink dat as ons die dag werklik besoekers van die buitenste ruim kry, klim hulle weer net so vinnig terug in hulle VVV en maak dat hulle weg kom. Ek meen, hoe gaan hulle ons verstaan as ons nog nie eers onsself verstaan nie.

http://orangeman.commo.de/index.html

deur: Gerhard

Afrikaans

Nee, Rerigà?€¦goudvisse mag nie in bakke nie!


Gerhard - Interessanthede

GoudvisJis. Ek dog eers iemand hou my vir die gek toe ek die raaksien. Maar, wil jy nou meer, die Stadsraad van die Italiaanse hoofstad, Rome, het Dinsdag aangekondig dat dit nou in die stad onwettig is om goudvisse in die tradisionel goudvis-bak aan te hou.

Die stadsraad sê in hulle verklaring dat die klassieke sferiese visbakke nou verban is deur ´n nuwe plaaslike regulasie. Hierdie regulasie het onder meer ook uitgestippel dat visse, en enige ander diere, nie as pryse in kompetisies weggegee mag word nie.

Die aankondiging volg die onlangse nuwe Italiaanse wetgewing wat tronkstraf as straf vir die nalatige alleenlating van honde en katte aanbied. Ne!
Ek het so bietjie gaan oplees en dit blyk die Italianers het ´n skielike diere-ontfermings fase wat die land slaan. In Turin, Noord-Italie, is daar in April ´n wet ingestel wat ´n honde-eienaar met tot 500 Euros kan beboet indien hulle nie man se beste vriend, tot drie keer per dag laat stap nie.

Dit is dalk ´n manier van dink wat ons plaaslik ook kan toepas. Kerstyd kom nader en ek ril as ek terugdink aan al die gruwelstories wat ons die laaste paar kersseisoene moes beleef oor wreedheid teenoor troeteldiere. (Storie deur Chris Rootman)

Afrikaans

Janita Claassen


Gerhard - Nuusagtig

Janita ClaassenJanita Claassen is op Maandag oggend oorlede. Sy het kanker van die keel en longe gehad.

RSG het gesê dat die sangeres 58 was toe sy oorlede is en ook dat daar onlangs aan haar hulde gebring is in Centurion, Pretoria.

Janita Claassen was ‘n ware aanwins vir Afrikaanse en Suid Afrikaanse musiek en sal werklik gemis word. Ons gedagtes is met haar familie en vriende.

janita claassen, rsg, kanker, afrikaanse musiek

Afrikaans

‘n vlieg in die.. um… salf?


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

'n vlieg in die salfIn die mans badkamer in Amsterdam se Schiphol Internasionale lughawe het elke mans urinaal ‘n vlieg daarin, ek het besluit om so ‘n bietjie op te lees en dit wil voorkom dat dit ‘n nagemaakte vlieg is.

Die rede, wel, blykbaar gebruik die meeste van die mans dit outomaties om na toe te “mik” en dit verseker ‘n skoner vloer rondom die algemene area waar die urinaal hom bevind.

Volgens kenners op die gebied van vliëe in urinale, is hierdie idee 80% effektief, dalk iets waarna ons publieke geboue ook na moet kyk.

Afrikaans

Sterk Sneesdoekie


Gerhard - Interessanthede

Sterk SneesdoekieDit wil voorkom dat King Kong, uit die nuwe film deur Peter Jackson, nou ook advertensies doen. Om meer spesifiek te wees, ‘n sneesdoekie advertensie.

Ek het die voorprent vir Kong so ‘n paar maande gelede gesien, en ek is nogal opgewonde om die film te sien.

Akteurs wat onder andere in die film speel is Jack Black, Jamie Bell en Colin Hanks.

http://www.kongisking.net/index.shtml

Afrikaans

Fokofpolisiekar Nuus


Gerhard - Musiek

Almal van ons is nou terug van Engeland af… Dinge raak nou weer redelik besig tot die einde van die jaar, hou ons gig guide dop. Ons speel 4 November saam met Violent Femmes by die Coca Cola dome. Die ander support band is The Narrow en ongelukkig het dit so gebeur dat ons eerste speel. So almal van julle moet vroeg kom…

Lees Verder

Afrikaans

Bush Kabouter


Gerhard - Interessanthede

Bush DwergDis reg, kry joune vandag… hehehe

Blykbaar het iemand gedink dat dit nie goed genoeg is dat Bush net in Iraq in die sand speel nie, maar dat hy ook in hulle tuine moet kom speel. Die oplossing… ‘n tuin kabouter met Bush se gesig.

My vraag is nou net, kry ‘n mens dalk Osama en Sadam kabouters ook? Dit mag dalk net dan jou tuin die interessantste plek in jou straat maak. ;)

http://www.bushgnome.com

Afrikaans

Moeg en Emosioneel


Gerhard - Musiek

Moeg en EmosioneelDaar is ‘n nuwe nuus inskrywing by kooskombuis.co.za waar in hy ons ‘n bietjie vertel wat oor die afgelope paar weke aangegaan het.

Ek hou altyd daarvan om Koos se inskrywings te lees, hy laat my altyd trots voel om ook hierdie mooi taal te praat.

Pas het ek teruggekeer van Gauteng af waar ek in vyf dae vyf konserte moes doen, drie dag-lange rehearsals met ‘n simfonie-orkes moes inpas, twee keer in Jo’burg se rush hour traffic verdwaal het, en een keer moerse vroeg moes opstaan vir ‘n interview op KykNET se Brekfis-TV-program.

Nou is ek terug in my huislike roetine, wat heelwat lekkerder is, maar nie werklik spasie bied vir rus nie. Ek moet elke dag met die hond gaan stap, al om die ander uur my kinders se gemors opruim, die huis help aan die kant maak, ´n boek probeer skryf, songs toonset en hordes e-posse antwoord…

http://www.kooskombuis.co.za

Afrikaans

Kattermaai


Gerhard - Interessanthede

Kattermaai

Nogal ‘n oulikke webwerf waar mense hulle katte afneem met “goed” op hulle… um… klik net die skakel, jy sal sien ;)

http://www.stuffonmycat.com



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans