Sommige van ons het net meer aansporing nodig om te gaan draf….

Sommige van ons het net meer aansporing nodig om te gaan draf….

Vir die van julle wat, soos ek, mal is oor die idee van gratis sagteware, Mozilla het hulle nuutste weergawe van Firefox gister vrygetel.
Volgens Mozilla sa webwerf sluit 1.5 se voordele in dat hy vinniger is, dat hy homself kan opgradeer, dat hy “popups” beter hanteer en dat hy virusse en spioeneer ware beter blok.
Gaan kyk gerus op die offisiele webwerf vir meer informasie…
So ek het gereken dat dit is hoog tyd dat ek weer ‘n slag ‘n “Teetyd Pret” inskrywing maak.. so hier is hy, die “Q puzzle game”.
Die plan in die speletjie is om die gekleurde bolletjies by dieselfde geleurde openinge te laat uitgaan, die probleem is dat dit maklikker klink as wat dit is, jy moet partykeer nogal so ‘n bietjie dink voor jy begin skuif.
Daar is 22 vlakke, ek is by nommer 7 nou…
‘n Oorseese Maatskappy het hierdie oulikke nuwe selfone vrygestel. Die selfoon is speciaal vir kinders geontwerp en het al die funksies wat ouers graag daar wil hê vir gemoedsrus.
Die selfoon het ‘n “GPS” funksie, dit beteken dat die ligging van die selfoon kan deur middel van satelliete vasgestel word van ‘n ander selfoon af of van ‘n rekenaar af.
Die foon het ook blykbaar ‘n hele paar verstellings wat deur die ouers opgestel kan word, soos byvoorbeel om die internet op die foon af te skakel deur seker tye van die dag vir “manne” en “meisies” wat daarvan hou om alles behalwe skoolwerk in die skoolbanke te doen.
Daar is ook ‘n ingeboude nood serene wat geaktiveer kan word deur aan ‘n ringetjie te trek.
Blykbaar is die sagteware op die foon ook van so ‘n aard dat klein kinders dit maklik sal kan gebruik.
Nou is die Groot vraag net, wanneer kan ons hom hier verwag?…

Wat het die week om Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:
10 Gevaarlikste Speelgoed vir 2005 – Met kersfees wat op sluip weet ons almal een ding, dit is al weer amper tyd om die winkel sentrums te gaan aandurf vir…
Pretoria, nie Tshwane nie – Die Advertensie Standaarde Liggaam het sy uitspraak gemaak. Daar is besluit dat daar nie ´n stad met die naam Tshwane…
Optiese Illusies – Ek wou vanoggend iets interessant gekry het om met julle te deel, na ´n paar moontlikhede het ek besluit op…
Ontvoer Matt Damon? – Net gister het ek gedink hoe snaaks dit was dat Matt Damon net sy eie naam kon sê in “Team America” en toe dink ek…
Japan Land op Astroide – Japan se ruimte agentskap het Woensdag gesê dat hulle tuig veilig geland het op ´n astroide wat sowat 288 miljoen kilometers…
Nuwe Koos Kombuis Nuus – Intussen is ek terug by die huis na al my reise, en hier gaan alles voor die wind. My hond, Griet, is nou wel ´n rassis…
Lekker Naweek
Intussen is ek terug by die huis na al my reise, en hier gaan alles voor die wind. My hond, Griet, is nou wel ´n rassis, maar ek probeer om daarmee saam te leef. Ek bedoel, as ek die ou met die skuilnaam………. O, en daai play wat ek vertaal het met ´n bietjie hulp van Sandra Prinsloo, “Groet die Grotman”, is nou by die Kunstekaap (dis mos die ou Nico Malan, nê) te sien. Het julle dit al gaan kyk?. Ek weet niks van…
Soos ek al voorheen gesê het is ek mal daaroor om Koos se inskrywings op sy webwerf te lees. Ek hoop julle voel dieselfde
http://www.kooskombuis.co.za/Segoed.html
Japan se ruimte agentskap het Woensdag gesê dat hulle tuig veilig geland het op ‘n astroide wat sowat 288 miljoen kilometers ver van die Aarde af is.
Die rede vir die landing was oorspronklik om stukkies klip en stof te kry en saam te bring huistoe vir wetenskaplike navorsing.
Daar was vroeër gedink dat die tuig dalk nie geland het nie, maar met die nuutste data lyk dit of hy wel geland het vir omtrent dertig minute, maar geen monsters opgetel het nie.
Deur astroides te ondersoek hoop wetenskaplikes om uit te vind presies hoe ruimte liggame gevorm het. Hulle glo dat astroides nog redelik onaangetas is en daarom goeie monsters maak.
Net gister het ek gedink hoe snaaks dit was dat Matt Damon net sy eie naam kon sê in “Team America” en toe dink ek, ek sou daarvan hou om Matt Damon te kon kry om in my tuin te werk en gate te grawe.
Dan kan ek hom in die aand vasketting aan die grassnyer en hy kan sing onder die maan tot ek aan die slaap raak..
Ek speel maar net, maar as daardie die tipe ding is waarmee jy kan assosieer, hier is ‘n webwerf wat vir jou sê hoe om vir Matt Damon te ontvoer…
O ja, en ek vat geen verantwoordelikheid vir enige iemand wat ontvoer word nie en ek wil ook niks daarvan hoor as jy wel iets in daardie lyn gedoen het nie… ek het gevoel ek moet dit net sê
deur: Gerhard
Ek wou vanoggend iets interessant gekry het om met julle te deel, na ‘n paar moontlikhede het ek besluit op hierdie webwerf.
Dit is ‘n webwerf wat optiese illusies bevat. Ek vind hierdie tipe ding baie interessant.
Hier is ‘n goeie voorbeeld:

Al die horisontale rye in hierdie prentjie is parallel aan mekaar, dit is die vertikale ” zigzag” wat maak dat die horisontale lyne skeef lyk.
Die Advertensie Standaarde Liggaam het sy uitspraak gemaak. Daar is besluit dat daar nie ‘n stad met die naam Tshwane bestaan nie.
Volgens hulle verwys die naam Tshwane slegs na die stad se munisipaliteit.
Die uitspraak bring ‘n einde aan die Tshwane metropolitaanse raad se laaste appel wat aangeteken was om die naam Tshwane t probeer hou.
Die Advertensie Standaarde Liggaam sê dat dit is misleidend om te verwys na ‘n plek met die naam Tshwane en sê ook dat almal behoort te weet dat daar nie regtig ‘n plek met die naam Tshwane is nie.