21
Nov
Met kersfees wat op sluip weet ons almal een ding, dit is al weer amper tyd om die winkel sentrums te gaan aandurf vir geskenke vir familie en vriende.
Die moeilikste is gewoonlik om vir die kleingoed iets te koop, want jy is nooit seker of die kleinding met ‘n sekere speelding gaan speel en of hy/sy daarmee kan speel nie.
“W.A.T.C.H.” het so ‘n bietjie marknavorsing gaan doen. Hulle beveel aan dat jy die volgende 10 items liewer nie aanskaf nie, meestal vir veiligheids redes.
Die Speelgoed Lys
19
Nov

Wat het die week om Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:
Die Lewendige Grafsteen – Dit werk so, hulle plant DNA in ´n jong boom in. Dit smelt basies die afgestorwe persoon met die boom saam. Die rede…
Jak de Priester Nuus – Volgens die Jak de Priester webwerf kan ons die nuwe CD, getiteld “Brooklyn Poet”, die 20st…
Katjie Oorlog – Dis reg, dit is tyd om jou katjie in te skryf vir ´n oorlog van internasionale belangà?€¦
Elektrisiteit Probleme in die Kaap – Laas week Vrydag het die elektrisiteit af gegaan hier in die Kaap, sommer vir ´n hele tydjie. Ek werk in…
R700 Skootrekenaar – Ek weet dat hierdie selfde storie was a paar weke gelede in die huisgenoot, maar ek het self…
18
Nov
Ek weet dat hierdie selfde storie was a paar weke gelede in die huisgenoot, maar ek het self gaan ondersoek instel en hier is die volle storie.
Die MIT (Die Massachusetts Instituut van Tegnologie) Universiteit het besluit dat deel van die probleem in ontwikkelende lande is die tekort aan rekenaars en internet toegang. Die idee is dat hierdie skootrekenaars net in groot maat aan regerings verkoop gaan word en nie aan die publiek soos wat voorheen geglo was nie.
Die skootrekenaar is omtrent so groot soos ‘n handboek en het nie eer ‘n kragpunt nodig om te werk nie, dit het ‘n slinger aan die kant om krag op te wek indien daar nie krag is nie.
Blykbaar is die idee dat studente almal een kry en dan die skootrekenaars in die aand kan huistoe vat om daar te gaan werk.
Ek sal wil sien hoeveel van hierdie rekenaars mak dit terug skooltoe na die eerste aand by die huis.
Baie goeie idee, maar ons sal moet sien hoe ver dit kom.
Skakel
NS. Ek wil ook een hê
17
Nov
Laas week Vrydag het die elektrisiteit af gegaan hier in die Kaap, sommer vir ‘n hele tydjie. Ek werk in die middestad en dit was nog buite werking toe ek 7 uur huistoe gegaan het. Die gevolg was dat ek die Saterdag moes inkom om belangrike werk te kom klaarmaak.
Dit is nie so moeilik om te sien hoe “opgewonde” ek gister was die elektrisiteit weer afskop nie. Ek lees vanoggend dat hulle praat van 10 minute. Soos baie ander mense, was ek hier en dit was beslis langer as dit, maar wie is ek om te kla
Die volle storie van gister se Krag onderbreking in die Kaap kan hier gelees word.
deur: Gerhard
16
Nov
Dis reg, dit is tyd om jou katjie in te skryf vir ‘n oorlog van internasionale belang…
Laat die beste katjie wen. Ten minste gaan hy dan ‘n rede hê om so arrogant te lyk.
hehe… Ek speel net, maar is nog altyd ‘n oulike webwerf om te gaan kyk na oulike katjie prentjies, dan stem jy vir die een wat jy dink gaan wen en hulle sê vir jou hoeveel ander mense het ook gedink daardie katjie gaan wen. Lekker pret!
http://www.kittenwar.com
deur: Gerhard
15
Nov
Volgens die Jak de Priester webwerf kan ons die nuwe CD, getiteld “Brooklyn Poet”, die 20st November verwag.
Ek het Jak de Priester die eerste keer gesien by hierdie jaar se Huisgenoot skouspel. Ek moet sê ek het nogal van sy manier van dinge doen gehou.
Liedjies op die nuwe CD sluit “Dis Amazing”, “My Hooglied” en “Binnelanders” in.
http://www.jakdepriester.co.za
jak de priester, brooklyn poet, musiek, afrikaans
14
Nov
Dit werk so, hulle plant DNA in ‘n jong boom in. Dit smelt basies die afgestorwe persoon met die boom saam. Die rede, dit maak ‘n lewendige aandenking vir die persoon wat afgesterf het…
Is ek die enigste een wat ‘n morele probleem hiermee het, ek bedoel, weet ons regtig wat die volle inpak hiervan is.
Hulle moet dit tog net nie met my doen nie….
http://www.wired.com/news/technology/0,128…
11
Nov
Wel, volgens ‘n professor by die Kyoto Universiteit se Primêre Navorsings Instituut, tree Japanese tieners soos ape op. Die rede vir hierdie optrede: sellulere fone…
Blykbaar veroorsaak selfone dat tieners nie meer tussen publieke en private spasie kan onderskei nie.
Die feit dat tieners deesdae in groot groepe rondstap en dan nog vir ‘n lang tyd net rondstap voor hulle na spesifieke plek toe gaan is van die baie tekens.
Hoe het selfone enige iets hiermee te doen? Wel, omdat tieners almal selfone ronddra, mag hulle nou later uitbly, want die ouers kan hulle maklik bereik. Dit veroorsaak dar familie verbinding nog meer afgebreek word as vantevore. O ja en dan is daar natuurlik die sms wat vir nog minder regte geselskap sorg…
Lees die volle storie hier
10
Nov

Dit is waarmee dit begin het, een rooi skuifspeld…
Hierdie is ‘n webwerf van ‘n man wat begin het met een skuifspeld en toe dit geruil het vir ‘n pen wat lyk soos ‘n vis en toe later weer die pen geruil het vir ‘n porselein deurknop…. en so gaan dit aan, hy is nou al by ‘n kleinerige kragopwekker.
Nogal interessant om te sien hoe hy te werk gaan om sy mikpunt te bereik (al is ek nie heeltemal seker wat daardie mikpunt is nie)
OneRedPaperclip.com
deur: Gerhard
09
Nov
Ons het ook onlangs aan die nuwe album begin werk, die plan is om die album te release in Augustus 2006 en dit behoort ‘n heavier album te wees met ten minste 12 songs op…
Dit was beslis die nuus wat ek nodig gehad het om my dag op die regte manier te begin, Fokofpolisiekar is baie beslis op my my top 5 lysie.
Ek mag dalk net vir Lugsteuing ‘n slag weer luister vandag om my in rat te kry vir die res van die week.
O ja, hulle “tour report” vir hulle toer na Engeland is ook nou op, lekker lees
http://www.fokofpolisiekar.co.za
deur: Gerhard