Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir December, 2005

Afrikaans

Geseende Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar


Gerhard - Algemene Geselskap

KersfeesVandag is my laaste werksdag van die jaar, ek gaan eers weer internet hê van die 5de af.. tensy ek iewers onverwags aanlyn kan spring ;)

So ek wil van die gelleentyd gebruik maak om vir almal ‘n Geseende Kersfees en Voorspoedige Nuwe Jaar toe te wens.

Sien julle in 2006!

nuwe jaar, kersfees, afrikaans, 2006

Afrikaans

Teetyd Pret #5


Gerhard - Lekkertes

Teetyd Pret‘n Lekker speletjie om jouself mee besig te hou vandag gedurende teetyd!

Dit is ‘n sneeu ski speletjie waarin jy moet spoed optel spring en dan draai in die lug om die maksimum puntetelling te kry, groot pret…

Geniet hom! ;)

http://www.miniclip.com/bigjumpchallenge.htm

speletjie, teetyd, sneeu, puntetelling

Afrikaans

King Kong


Gerhard - Algemene Geselskap

King KongHierdie Saterdag wat verby is het ek en ‘n vriend Peter Jackson se King Kong gaan kyk. Ek weet dat daar ‘n hele klomp mense kwaad vir my gaan wees vir wat ek nou gaan sê, maar hierdie film was aaklig.

Omtrent halfpad deur die film het ek agter gekom dat ek besig was om die lampies wat teen die mure van die saal was te tel, kort daarna het die ou wat langs my gesit het, uitgestap. Ten minste weet ek dat ek nie die enigste een was wat so gevoel het nie.

Hiedie film bestaan uit ‘n reeks, oor-gaar, belaglikke begroting aksie tonele wat aan mekaar gegom is met ‘n taamlikke vlou liefdes verhaal wat in meeste gedeeltes van die wêreld as vreemd gesien sal word.

Ek is bie teleurgestel met hiedie een. Sies vir jou Peter Jackson!

4 uit 10 in die boekie! oor-gaar en vervelig…

peter jackson, king kong, wêreld, sies

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Saterdag Samevatting

Wat het die week om Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Koffie + Te veel tyd – Sjoe, ek moes eintlik die een “koffie tyd pret” genoem het. Hierdie is mense met te veel tyd wat mooi prente met die skuim op hulle koffie maak…

´n Radio wat jou bui aan dui – Net die ander dag het ek in die winkel sentrum wat naby aan my huis gaan stap (en soos gewoontlik gesoek vir plekke, maar dit is ´n totalle ander strorie) en…

Moeg vir Kersversierings? – As jy, soos ek, moeg is vir die gewone kersfees versierings is, is die volgende webwerf net vir…

Muur Illusies – Onthou julle nog vir “Road Runner” en die “Coyote” wat altyd vir mekaar probeer flous het deur ´n prent op die muur te teken wat so lewens getrou is dat die ander party daardeur sou…

Publieke Vakansiedag – Daar is niks soos ´n publieke vakansiedag om al jou werkies rondom die huis af te handel nie. Gras sny is altyd…

Geniet die naweek ;)

Afrikaans

Publieke Vakansiedag


Gerhard - Algemene Geselskap

Daar is niks soos ‘n publieke vakansiedag om al jou werkies rondom die huis af te handel nie. Gras sny is altyd ‘n goeie opsie :P

Publieke Vakansie

Geniet hom!

vakansiedag, snaakse prente, gras sny, afrikaans

Afrikaans

Muur Illusies


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

Muur IllusiesOnthou julle nog vir “Road Runner” en die “Coyote” wat altyd vir mekaar probeer flous het deur ‘n prent op die muur te teken wat so lewens getrou is dat die ander party daardeur sou probeer hardloop.

Wel, hierde mense doen regtig muur illusies wat jou sal laat snak na jou asem in party gevalle…

http://stressbuster1.net/mural/indexolder.html

illusies, stres, hardloop, lewens getrou

Afrikaans

Moeg vir Kersversierings?


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

KersfeesAs jy, soos ek, moeg is vir die gewone kersfees versierings is, is die volgende webwerf net vir jou.

Die webwerf gee vir jou ‘n stap vir stap aanduiding hoe om gepunte kers ster uit papier te maak.

Dit is ook baie “retro”, ek kan dit in die huis sien hang lank na kersfees…

http://swapatorium.blogspot.com/2005/12/spiky-star.html

versierings, webwerf, ster, huis

Afrikaans

‘n Radio wat jou bui aan dui..


Gerhard - Algemene Geselskap, Tegnologie

Bui RadioNet die ander dag het ek in die winkel sentrum wat naby aan my huis gaan stap (en soos gewoontlik gesoek vir plekke, maar dit is ‘n totalle ander strorie) en wat ek opgemerk het was nogal interresant, die ligte in die dak, het van kleur verander afhangende van die temperatuur buite, so as dit warm buite is sal die ligte binne groen of blou wees en natuurlik as dit koud is, rooi of oranje wees.

Ek het nogal gedink dit was oulik. Om daardie rede was ek glad baie verras om te sien dat ‘n soortgelyke idee gebruik is met hierdie radio nie. Die lig op die kant van die radio verander volgens die “bui” van die musiek waarna jy luister, dit het seker maar n manier om die slae per sekonde te kan tel of iets.

http://www.thesourcecc.com/estore/Prod…

radio, rsg, bui, afrikaans

Afrikaans

Koffie + Te veel tyd


Gerhard - Interessanthede

KoffieSjoe, ek moes eintlik die een “koffie tyd pret” genoem het. Hierdie is mense met te veel tyd wat mooi prente met die skuim op hulle koffie maak.

Ek wonder wat laat ‘n mens besluit om liewer jou kuns in koffie skuim te sit voordat jy dit op papier vaslê. Ek meen, het die papier nie darem so ‘n bietjie meer “raklewe” nie?

In elkgeval… hier is die webwerf, geniet hom ;)

http://www.latteart.nl/fotos_etching.asp

koffie, tyd, kuns, fotos

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Saterdag Samevatting

Wat het die week om Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Meteoriet in Australie – Gisteraand omtrent nege uur in Australie was die donkerte skielik vervang met ´n helder perskleurige lig en toe met ´n donderende geraas wat…

Kopieer jou ou plate na CD toe – Ons almal het een of ander ou langspeel plaat wat net eenvouding nie meer so goed klink soos hy geklink ´n paar jaar terug nie en jy weet dat sy klank raak net…

Ruimte Boerdery – Ruimte Boerdery, dit is een van NASA se oplossings vir lang ruimte vlugte. Die plan is om vars groente en…

Harry Potter – Ek het vir “Harry Potter and the Goblet of Fire” oor die naweek gaan kyk en laat ek vir julle sê dat ek is baie bly dat ek maar eers die boek gelees het. Al waaraan ek kon dink…

Steve Hofmeyr Nuus – “As tipies boerse kind was Eybers, Cussons, Krog, Cecile Cilliers, Elize Botha en Christina Landman (okei, Olivia Newton-John ook) seker my eerste ontmoeting met…

Geniet die naweek :D



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans