Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir December, 2005

Afrikaans

Steve Hofmeyr Nuus


Gerhard - Musiek

Steve Hofmeyr“As tipies boerse kind was Eybers, Cussons, Krog, Cecile Cilliers, Elize Botha en Christina Landman (okei, Olivia Newton-John ook) seker my eerste ontmoeting met die vrou ´buiteà?€™ die kombuis. Alhoewel nie in persoon nie; want daardie eer gaan aan ene Charlize. Theron. En nou sal ek moet namedrop om my punt te maak.

Ons het destyds saam op TV aangebied en ek was nie heeltemal seker hoe mens nié verlief kon raak op hierdie bevryde godin nie. Ek doen toe. Sommer footloose oor die blond van Putfontein.”

Laat ek maar net eerlik wees en sê, Steve Hofmeyr is nou nie een van my gunsteling musikante nie, maar dis normaal, ek meen, smaak verskil.

Wat ek ook kan sê is dat daar is geen twyfel daaraan dat hy wel baie vir Afrikaans en Afrikaanse musiek gedoen het nie.

Hier is die nuutste nuus van sy webwerf af, altans, ek dink so, want daar is nou nie eintlik datums by nie… ;)

http://www.stevehofmeyr.co.za/artikels.htm

Steve Hofmeyer
Steve Hofmeyer Biografie

steve hofmeyr, afrikaans, musiek, toeka

Afrikaans

Harry Potter


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

Harry PotterEk het vir “Harry Potter and the Goblet of Fire” oor die naweek gaan kyk en laat ek vir julle sê dat ek is baie bly dat ek maar eers die boek gelees het. Al waaraan ek kon dink toe ek na die tyd uitstap was: “ek wonder of mense wat die nie die boeke gelees het nie enige sin hieruit gaan maak?”

Moenie vir my verkeer verstaan nie, die film het uitstekende visuele effekte en baie van dit was presies soos wat dit gelyk het in my kop terwyl ek die boek gelees het.

Die groot probleem was net dat die film omtrent nog ‘n uur nodig gehad het om ‘n bietjie meer vleis aan die storie te sit. “Harry Potter and the Goblet of Fire” was omtrent net ‘n opsomming van die boek se hoof punte…

“Harry Potter and the Goblet of Fire” kry so 7 uit 10 uit in die kuier boeke, en dit is net omdat dit ‘n moet is om te sien as jy wel die boek gelees het.

Afrikaans

Ruimte Boerdery


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

Ruimte BoerderyRuimte Boerdery, dit is een van NASA se oplossings vir lang ruimte vlugte.

Die plan is om vars groente en vrugte te kan kweek terwyl jy in die ruimte is, net een probleem, NASA se ruimte manne en vroue het meer as genoeg om hulself mee besig te hou daar bo.

Om daardie spesifike rede het NASA toe besluit om ‘n robot te bou wat kan groente pluk. Tamaties, om meer presies te wees.

Die robot het blykbaar ‘n oog om te kan sien of die tamaties reg is om te pluk en dan natuurlik die “hand” waarmee hy dit pluk.

Nogal Oulik, ek wonder of hy koffie ook kan aandra… :P

http://www.we-make-money-not-art.com/archives/003857.php

Afrikaans

Kopieer jou ou plate na CD toe.


Gerhard - Tegnologie

Langspeel plaat na CDOns almal het een of ander ou langspeel plaat wat net eenvouding nie meer so goed klink soos hy geklink ‘n paar jaar terug nie en jy weet dat sy klank raak net swakker met die tyd.

Om ‘n langspeel plaat te kon kopieer voorheen, moes jy ‘n platespeler aan jou rekenaar koppel en dan dit so opneem en dan dit na ‘n CD kopieer.

Met die nuwe TEAC GF-350 sit jy die plaat aan, jy sit die CD aan die gang en daar werk hy, nogal oulik… of jy kan net die digitaal verbeterde CD weergawe by die platewinkel gaan koop ;)

http://www.i4u.com/article4699.html

Afrikaans

Meteoriet in Australie


Gerhard - Nuusagtig

Meteoriet in AustralieGisteraand omtrent nege uur in Australie was die donkerte skielik vervang met ‘n helder perskleurige lig en toe met ‘n donderende geraas wat geboue geskud het.

Volgens ‘n Astronoom in Perth was dit die werk van ‘n meteoriet. Die grote? Hy was blykbaar omtrent so groot soos ‘n sokker bal.

Daar is mense wat ook beweer dat daar ‘n tweede een was, maar dit lyk my nie dat dit heeltemal seker is nie.

Kyk die volle storie hier

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Saterdag Samevatting

Wat het die week om Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

´n Nuwe Selfoon vir Kinders – ´n Oorseese Maatskappy het hierdie oulikke nuwe selfone vrygestel. Die selfoon is speciaal vir kinders geontwerp en het al die funksies wat ouers graag daar wil hê vir…

Teetyd Pret #4 – So ek het gereken dat dit is hoog tyd dat ek weer ´n slag ´n “Teetyd Pret” inskrywing maak…

Kry die Nuwe Firefox – Vir die van julle wat, soos ek, mal is oor die idee van gratis sagteware, Mozilla het hulle nuutste weergawe van Firefox…

Nicholis Louw Nuus – Hierdie is nog ´n “jong” talent wat ek op die Huisgenoot Skouspel gesien het, glad nie sleg as jy vir my vra nie. Nicholis het…

Kaffiene bied voordele aan jou Brein – Uiteindelik! Nou het ek ´n verskoning vir al die koffie wat ek drink, heheà?€¦

Geniet die naweek :D

Afrikaans

Kaffiene bied voordele aan jou Brein


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

Kaffiene bied voordele and jou BreinUiteindelik! Nou het ek ‘n verskoning vir al die koffie wat ek drink, hehe…

Australiese wetenskaplikkes het ‘n reek brein skanderings gedoen en agter gekom dat koffie, tee, koeldrank en shokolade die gedeeltes in jou brein stimuleer wat verantwoordelik is vir kort termyn geheue. Dit help ook blykbaar met aandag afleibaarheid.

Dink net hoe snaaks dit sou wees toe ons nog op skool was om ‘n koppie koffie voor klas te kry om jou te help konsetreer… om een of ander rede is dit net moelik om te visualiseer.

:P

http://www.news-medical.net/?id=14758

Afrikaans

Nicholis Louw Nuus


Gerhard - Musiek

Nicholis LouwHierdie is nog ‘n “jong” talent wat ek op die Huisgenoot Skouspel gesien het, glad nie sleg as jy vir my vra nie. Nicholis het homself gevestig in die Suid Afrikaanse musiek bedryf en ons hoop om sommer nog baie van hom te hoor…

Hier is die mees onlangse nuus van sy webwerf:

Hey, al my wonderlike fans!!!

Ek wil vir julle ´n MASSIVE dankie sê vir 2 jaar van absolute fun! Dis so great om julle te ontmoet by die shows want julle gee vir my ´n Super Super volledige lewe! As ek iets aan my lewe kon verander, sou ek wens om 2 plekke op een slag te kan wees sodat ek meer van julle kan ontmoet.

Ek kom in Desember vir almal in die wes/suid & ooskaap…

Lees Die volledige Storie hier
Nicholis Louw

nicholis louw, huisgenoot, rsg, skouspel



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans