Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir January, 2006

Afrikaans

Breiwerk vir die Winter


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansDit is al weer klaar later donker in die oggend, dit sê net een ding, die winter is stadig maar seker besig om weer in te sluip.

Toe ons klein was, het ons ma’s en/of oumas vir ons truie gebrei om ons warm te hou op koue dae, maar die mense in vandag se skakel het baie meer kreatiewe dinge gekry om met wol en twee breipenne te doen.

Party van hierdie “werke” is baie goed en moes lekker lank gevat het om te maak.

http://www.yumlum.com/galleries/knitwear/knitwear_art.htm

wol, breiwerk, winter, skakel

Afrikaans

Amerikaners en hul eetgewoontes


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansElke nou en dan kry ‘n mens ‘n storie op die internet oor iemand wat heeltemal te veel eet. Gewoontlik is dit iets in die lyn van “ek het gedrink vir die afgelope twee weke en toe word ek honger…”

Dan is die prente van hierdie etes baie skrikwekkend om die minste daarvan te sê.

Die volgende webwerf fokus op hierdie tipe stories, met prente van die kos en die mense wat dit geeët het.

Vertrou op Amerikaners om ‘n webwerf oor kos te maak…

http://www.supersizedmeals.com/food/

kos, drink, webwerf, amerikaners

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het die week om Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Afrikaans

“Frisbee” en “Hula Hoop” ook nou ooste s’n! – Die 58 jaar oue maatskappy, Wham-O, wat oorspronklik van Amerika afkomstig is, is uitgekoop deur ´n…

Die Ruimte is darem maar mooi – Iets wat julle seker nog nie van my weet nie, is dat ek mal is oor die ruimte. Ek praat ook…

‘n Hoedjie vir jou Kat – Het jy al ooit gesit op ´n Sondag, vroeg middag, met nie veel om te kyk op die televisie nie, en ook nie veel om te doen nie…

Dit is Goed vir jou Hart om te Lag – Navorsers het nou gevind dat dit goed is vir jou om te lag. Lag help die…

Nuus oor Freshlyground – Baie dankie aan almal wat vir Freshlygound gestem het by die Metro Toekennings. Ons is…

Geniet die naweek ;)

Afrikaans

Nuus oor Freshlyground


Gerhard - Musiek

AfrikaansBaie dankie aan almal wat vir Freshlygound gestem het by die Metro Toekennings. Ons is baie trots daarop dat ons die beste groep titel kom huiste neem….

Nog ‘n uitstekende Suid Afrikaanse groep. Wat meer is, Freshlyground het ‘n baie goeie kans om regtig goed te doen op ‘n internationale vlak ook.

Ek weet die naam mag dalk nie heeltemal so bekend wees nie, maar as jy die musiek hoor behoort jy ten minste 2 liedjies te kan uitken. Hulle musiek speel heel gereeld op nationale radio stasies.

Suid Afrikaanse Musiek is op ‘n baie opwindende plek nou…

http://www.freshlyground.com

freshlygound, suid afrika, musiek, afrikaans

Afrikaans

Dit is Goed vir jou Hart om te Lag


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansNavorsers het nou gevind dat dit goed is vir jou om te lag. Lag help die bloedvloei in jou liggaam aan en dit is natuurlik goed vir jou hart.

Kardioloë by die Universiteit van Maryland het ‘n groep mense gevat en vir die een helfde snaakste stukkies van films gewys en vir die ander helfde, meer ernstigge gedeeltes van films gewys.

By die groep wat die snaakse gedeeltes gesien het was daar 50% beter bloedvloei.

Laat jou nogal dink…

http://sciam.com/article.cfm?chanID…

hart, lag, wetenskaplikkes, universiteit

Afrikaans

‘n Hoedjie vir jou Kat


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansHet jy al ooit gesit op ‘n Sondag, vroeg middag, met nie veel om te kyk op die televisie nie, en ook nie veel om te doen nie?

Wel, moenie verder soek vir leë, nuttelose aktiviteite nie, die katjie hoed is hier! Dit kan ure se pret verskaf vir jou en jou beste vriend!

Ah, die pret dinge wat ‘n mens kan doen as jy baie tyd het…

http://penguinx.org/?p=31

kat, hoed, aanwysings, sondag

Afrikaans

Die Ruimte is darem maar mooi.


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansIets wat julle seker nog nie van my weet nie, is dat ek mal is oor die ruimte. Ek praat ook nie net van hoe dit lyk nie, maar ook van hoe dinge werk.

Soos ons almal weet is NASA een van die groot spelers in die ruimte vaart speletjie. Moenie vergeet van Rusland en nou, onlangs, ook Japan nie.

Vandag se skakel bevat asemrowende fotos wat geneem is op verskillende aangeleenthede deur NASA.

http://solarsystem.nasa.gov/multimedia/top10.cfm

ruimte, nasa, planete, rusland

Afrikaans

“Frisbee” en “Hula Hoop” ook nou ooste s’n!


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansDie 58 jaar oue maatskappy, Wham-O, wat oorspronklik van Amerika afkomstig is, is uitgekoop deur ‘n maatskappy in Hong-Kong.

Hierdie maatskappy is wêreldwyd verantwoordelik vir van die mees bekendste speelgoed, soos byvoorbeeld die “Frisbee”, die “Hula Hoop”, die “Hacky Sack”, die “Slip ‘N Slide” en ook daardie kannetjies wat die toutjies uitskiet…

Ons kan maar net hoop dat die nuwe eienaars in Hong-Kong sal aanhou om goeie speelgoed te maak wat ons kinders ook eendag kan geniet.

http://www.latimes.com/business/la-fi-whamo…

frisbee, hula hoop, speelgoed, hong kong

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het die week om Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Afrikaans

Nuwe Fokofpolisiekar Nuus – Ons is weer aan die gang en het groot planne vir die jaar. Julle kan onder ander 3 nuwe…

´n Spaarvarkie met ´n Verskil – Ons het almal ´n spaarvarkie gehad toe ons klein was, sommige van hulle was porselein en ander was van…

Die Nuwe vorm van Advertensie – Teen hiedie tyd het die meeste van ons al met “Google Earth” gewerk, en soos jy dan…

Baie Mooi Dreindeksels – Dit lyk asof die Japanese volk regtig daarvan hou om met die balans tussen funksionaliteit en die…

Die Monster in die Kas – As ´n mens klein is, is jy maar maklik bang, ek was geen uitsondering nie, alhoewel ek…

Geniet die naweek ;)

Afrikaans

Die Monster in die Kas


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansAs ‘n mens klein is, is jy maar maklik bang, ek was geen uitsondering nie, alhoewel ek nooit bang was vir ‘n monster in die kas nie, was ek baie seker dat daar iets onder my bed was as dit donker was, o ja en moenie die spoke vergeet nie.

Gelukkig raak hierdie tipe ding minder van probleem as ‘n mens ouer word en ‘n flits langs jou bed begin hou… :P

Dave Devries het gegaan en kinder tekeninge, van hoe hulle dink die monster in die kas lyk, gevat en hulle gaan oorskulder om hulle meer realisties te laat lyk, party van daardie monsters lyk nogal nie soos speelmaats nie…

http://www.themonstere…

monster, kinders, tekeninge, kuns



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans