28
Feb
Ek moet eers jammer sê dat ek so laat is vandag, die krag was weer vanoggend af gewees, en ek was toe besig met werk daarna. Ek is nou vir die eerste keer ‘n bietjie rustiger vandag dat ek kan kaans kry om hier te skryf.
Ek weet nie hoeveel van julle, soos ek, heeltemal verslaaf aan my iPod is nie, maar saam met die iPod het daar ook ander minder praktiese produkte die lig gesien.
‘n Mens kry mos maar altyd maatskappye wat op die rug van ander maatskappye se produkte ry.
Die volgende webwerf bevat die top 10 mees belaglikke iPod bybehore wat op die mark beskikbaar is, sommige van hierdie produkte is heel lagwekkend, soos byvoorbeeld, die iPod toilet staander… hehe
Geniet hom
http://www.techeblog.com/index.php/tec…
ipod, bybehore, maatskappy, kragonderbrekings
27
Feb
Ek en ‘n vriend het weereens Saterdag vasgesit in een van die verkeersknope op die N1 wat veroorsaak was deur padwerke. (Daar is nogal baie van hierdie voorvalle deesdae hier in die Kaap)
Terwyl ons daar sit gesels ons toe maar oor Suid Afrikaanse bands en eindig toe by Battery 9. Hulle was natuurlik bekend vir CDs soos Gris en Wrok. Omdat hulle still was vir ‘n lang tyd, het ons gedink dat hulle in die niet verdwyn het, soos so baie ander goeie Suid Afrikaanse bands.
Hier kom die interresante gedeelte, net die volgende dag lees ek op Gabbahead dat Battery 9 na iets soos 3 jaar uiteindelik ‘n nuwe CD uitbring. Hierdie is maklik die beste nuus van die jaar as dit by Suid Afrikaanse musiek kom.
Ek kan nie wag nie. Die nuwe CD se naam is “Straks” en belowe om een van die beste CDs van die jaar te wees.
“Vat so booswig!”
http://www.news24.com/Jip/SA_Bands/0,,174…
battery 9, afrikaans, straks, gris, wrok
25
Feb
Wat het die week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Slaap op Moeilikke Besluite – Nuwe wetenskaplikkes het nou ‘n artikel gepubliseer oor die belangrikheid van slaap wanneer jy…
Teetyd Pret #7 – Ek moet eerlik wees, ek het al vergeet dat daar ook elke nou en dan ‘n…
Lego is koning! – Vir die manne en meisies onder ons wat daarvan hou om hulle middae te spandeer deur rekenaar en TV speletjies te…
Baie Dankie!!! – Dankie aan almal wat kuier.co.za genomineer het vir die…
Koos sê sy sê – Sjoe, dit lyk of al my harde werk verlede jaar darem die moeite werd was. Verkoopsyfers staaf dit: kort na uitreiking is…
Draai Roomys? – Sê gou vir my, presies hoe lui is ´n mens wat eers sy eie roomys in die…
Geniet die naweek
24
Feb
Sê gou vir my, presies hoe lui is ‘n mens wat eers sy eie roomys in die rondte wil draai terwyl hy hom eet nie?
Dit is die groot vraag met vandag se inskrywing, want webwerg waarvan ons vandag praat dink dat hulle die beste ding uitgedink get naas gesnyde brood…
Dit is ‘n elektriese aangedrewe roomys draaier vir die dag wanneer jy so ongemaklik groot is dat jy nie eers jou arem kan beweeg om daai laaste lekkie roomys te kan vat nie…
Ek is jammer, ek probeer nie negatief wees nie, ek dink net dat tyd word so verkeerd gespandeer, is daar nie plekke in die wêreld wat nog nie eers lopende water het nie? Kan hulle nie dalk iets daarvoor ontwerp nie?
Ag wel, ons kan seker maar nie altyd wen nie.
NS. Ek is nou lus vir roomys
http://www.shopatron.com/product/produc…
roomys, eet, lekker, draai
23
Feb
“Sjoe, dit lyk of al my harde werk verlede jaar darem die moeite werd was. Verkoopsyfers staaf dit: kort na uitreiking is Raka die Roman reeds in sy derde druk, en word hy oral hoog aangeskryf, ten spyte van die feit dat dit ´n ietwat depressing boek is met vreeslike onaangename karakters. Vir almal wat dit gekoop en gelees het, baie dankie vir julle ondersteuning, en hou duim vas dat die idees nie gaan opraak in 2006 nie…”
Verder vetel hy ons ook van Griet (die nuwe hondjie in die familie waarvan hy ons laas vertel het), van sy planne vir sy nuwe konserte, sy familie lewe en ook sy kunswerke wat hy moet klaar maak.
Soos ek al voorheen geskryf het, dit is altyd vir my lekker om Koos se sêgoed te lees. Ek hoop regtig julle voel dieselfde.
Nog iets waarvan hy gepraat het is sy nuwe blog by MWeb wat hier gevind kan word:
http://blogspace.mweb.co.za/default.aspx?alias=koos&init
Daar is nou lekker baie lees werk nè…
http://www.kooskombuis.co.za/Segoed.html
koos kombuis, afrikaans, musiek, raka
22
Feb

Dankie aan almal wat kuier.co.za genomineer het vir die “SA Blog Awards“.
Die blote feit dat kuier.co.za genomineer is laat al klaar vir my soos ´n wenner voel!
Nou is dit natuurlik die 2de en laaste stappie in die proses. Nou moet daar gestem wordà?€¦
Gaan oor na die “SA Blog Awards” webwerf, klik op die “Cast Your Vote” skakelà?€¦
Sê “Ja” vir Afrikaans
www.SABlogAwards.com
22
Feb
Vir die manne en meisies onder ons wat daarvan hou om hulle middae te spandeer deur rekenaar en TV speletjies te speel het ek die volgende webwerf gekry.
Wat hulle gaan doen het was om bekende oomblikke uit speletjies te neem en dit oor te bou met Lego blokkies.
Ek verstaan nie heeltemal die punt van die oefening nie, maar as dit hulle gelukkig maak, dan reken ek dis seker maar reg so.
In elke geval, dit maak vir interresante Lego werk…
http://www.flickr.com/photos/skinn…
lego, speletjies, rekenaar, oefening
21
Feb
Ek moet eerlik wees, ek het al vergeet dat daar ook elke nou en dan ‘n “teetyd pret” inskrywing van my af moet kom, maar ek het hom vandag onthou
Dit is nogal ‘n lekker een hierdie, die punt is om die grys balletjie by die oranje kol te kry. Jy moet net al die ander elemente, soos die holtes, vere en loop-bande, rondskuif om die balletjie by sy eindbestemming te kry.
Daarsy… Geniet hom!
http://www.teagames.com/games/blueprint/play.php
teetyd, balletjie, oranje, geniet
20
Feb
Nuwe wetenskaplikkes het nou ‘n artikel gepubliseer oor die belangrikheid van slaap wanneer jy ‘n moelikke besluit het om te neem.
Deur hard te dink oor ‘n komplekse besluit wat baie faktore bevat laat die brein gedeeltelik afskakel en dan sal hy net van die faktore in af neem om by ‘n oplossing te kom, wat natuurlik kan veroorsaak dat die heel beste besluit nie geneem word nie.
As jy slaap op die besluit neem jou brein al die faktore in ag en kan dan met ‘n oplossing opkom waar mee jy meer tevrede sal wees.
Natuurlik sal dit nou so wees dat jy nie genoeg slaap wanneer daar groot besluite op jou gemoed lê nie. Ek reken ‘n bietjie slaap is beter as geen slaap nie…
http://www.newscientist.com/article.n…
slaap, besluite, brein, faktore
18
Feb
Wat het die week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Tsotsi – Wat ´n uitstekende film. Die storie is fantasties, die akteurs het werklik ook ‘n fantastiese vertoning gelewer. Dit is een van daardie films wat…
Maak jou lewe maklikker met ‘n Wiki – StikiPad is ‘n wiki oplossing wat vir jou ´n maklikke manier gee om jou informasie te organiseer en dit te deel met ander. Hy gebruik jou…
Weelde in die lugruim – Die passasiers skip van more gaan in die lug vaar en nie in die water nie. Altans, dit is wat ‘n…
Fokofpolisiekar in die Studio – Ek kan nie wag nie… ek was lanklaas so opgewonde oor ‘n Suid Afrikaanse kunstenaar se…
Kortfilms vanjaar by Innibos – Die organiseerders van die jaarlikse InniBos Laeveld Nasionale Kunstefees het gister bekend gemaak dat die…
Geniet die naweek