Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir March, 2006

Afrikaans

Dubai Besig Met Hoogste Gebou


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansDubai is al verby die beplanning stadium en is besig om die wereld se hoogste wolkekrabber te bou. Die gebou gaan die nuwe Armani Hotel huisves en gaan amper 1km in hoogte wees.

Volgens die webwerf gaan net die “room” van die samelewing die voordeel hê om in die Burj Dubai te kan bly.

Dit is werklik ‘n mooi toring, maar ek kan nie help om te wonder of daar nie dalk te veel waarde aan ‘n gebou gesit word nie.. ek bedoel, is dit nie die mense in die gebou wat hom maak wat hy is nie?

http://burjdubai.flipcorp.com/content/thetower.asp

gebou, dubai, toring, burj dubai

Afrikaans

False Advertensie Fotos


Gerhard - Interessanthede

Afrikaans

Het jy al ooit na ‘n foto, in ‘n advertensie, gekyk en gedink: “Wow, maar dit is nou ‘n mooi landskap, of ‘n mooi dorpie. Ek wonder waar hulle die foto geneem het..”

Die kans is goed dat die landskap of dorpie glad nie bestaan nie. Die webwerf van vandag wys vir ons stap vir stap hoe hulle te werk gaan om hierdie fotos aan mekaar te slaan.

Ek is skoon jaloers as ek sien hoe goed hulle met photoshop kan werk. Die eindproduk is fantasties op die minste te sê.

http://www.taylorjames.com/photographic-retouch…

fotos, advertensie, afrikaans, photoshop

Afrikaans

Bank rower dink dit is Kersfees


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansDie arme siel het gedink dat dit sal ‘n goeie idee wees om die bank te beroof deur die skoorsteen soos Kersvader te gebruik om in en uit te kom.

Die probleem: Hy sit toe vas in die skoorsteen… Die polisieman op die saak sê dat die bankrower het nie eers probeer om weg te steek wat hy gedoen het nie. Toe hulle vir hom vra wat hy onder in die skoorsteen doen het hy gesê: “Wat dink jy? Ek probeer die bank beroof…”

Die man was later gered deur die plaaslikke brandweer manne wat ‘n tou afgegooi het en hom op getrek het.

Boontjie kry sy loontjie…

http://www.cbsnews.com/stories/2006…

bank rower, brandweer, polisie, arresteer

Afrikaans

Werk Sonder Jou Muis


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansAs ‘n Mens sê dat jy jou muis moet weggooi en net met die sleutelbord moet werk, al is dit net vir ‘n eksperiment, voel die meeste mense gewoontlik dat jy besig is om agteruit te boer, maar as jy die hele dag op ‘n rekenaar werk, sal jy gou agterkom dat die muis meer tyd mors as wat hy vir jou help.

Soos sommige van julle seker nou al weet, werk ek in die webwerf ontwerp industrie, so die twee aplikasies wat ek die meeste gebruik is Photoshop en Homesite. Wat dit vir my moontlik maak om my werk vinniger te doen is die feit dat ek die meeste van die sleutelbord kortpaaie geleer het.

Soos byvoorbeeld, vir ‘n nuwe dokument in Photoshop is dit Ctrl+N en dan om iets se skaal te verander is dit Ctrl+T ens… ens…

Vandag se webwerf skakel gaan daaroor om vir jou kortpaaie en toertjies te leer om dit vir jou moontlik te maak om jou muis weg te gooi…

http://chronotron.wordpress.com/200…

webwerf, ontwerp, sleutelbord, muis

Afrikaans

Ek is lekker seer vanoggend…


Gerhard - Algemene Geselskap, Musiek

Afrikaans

So ek was die Saterdag by die Coca Cola Collab Massive Mix konsert en al wat ek kan sê is WOW!!! Dit was fantasties, ek was middel voor toe Seether op die verhoog was en die massa mense het eenvoudig afgegaan toe hulle gespeel het, dieselfde tipe ding het gebeur toe Simple Plan op was, maar die verhoog het eenvoudig aan Metallica behoort!

Daar was nie enige van die onsmaaklikhede waarvan mense in Johannesburg of Durban geskryf het nie, behalwe vir die rye by die kos tent… Ek dink dat die konsert het redelik seepglad verloop.

Die hoogtepunte van die dag was: Ons afrikaanse vriende Fokofpolisiekar, State Far better, Seether, Simple Plan, Collective Soul en natuurlik Metallica.

Dit was nou iets wat ek sal onthou! :D

(PS. Die foto wat ek gebruik is van ‘n ander Metallica optrede, my selfoon kan nie mooi fotos geneem het in die donker nie)

metallica, simple plan, seether, fokofpolisiekar

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Afrikaans

Gallery van Oorlaaide Voertuie – ‘n Versamel fotos van voertuie wat heeltemal belaglik oorlaai is. Treine met mense wat…

Koos Kombuis Nuus – “dis vir my wonderlik om aan te kondig dat JEAN BARKER van MWEB my vandag by my huis kom help het om my nuwe liedjie…

‘n Resep vir jou Bestandele – Het jy al ooit een aand, na werk, by die huis gekom en lus gehad vir iets lekker om…

Teetyd Pret #8 – Die speletjie waarvan ons vandag praat is “Trials Mountain…

Mal oor sy werk – Ek het al gehoor van mense wat hou waarvan hulle doen, ek is self een van daardie mense, maar die man van…

Geniet die naweek ;)

Afrikaans

Mal oor sy werk


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansEk het al gehoor van mense wat hou waarvan hulle doen, ek is self een van daardie mense maar die man van vandag se inskrywing is beslis mal oor sy werk of hy hou net nie van verandering nie.

Arthur Winston is ‘n man wat busse regmaak vir die stad van Los Angeles, Amerika. Wat hierdie storie so spesiaal maak is die feit that Arthur hierdie komende Woensdag beplan om af te tree op sy 100ste verjaarsdag… ja, jy het reg gelees, sy 100ste verjaarsdag!

Hy werk blykbaar al daar vir die afgelope 75 jaar en het nog net een dag gemis, toe sy vrou oorlede is op 65 jarige ouderdom.

Ek hoop hulle gee vir hom iets van meer waarde as net ‘n koek… ;)

http://apnews.myway.com/article/20060322/D8GGCVUG6.html

arthur winston, aftree, verjaarsdag, partytjie

Afrikaans

Teetyd Pret #8


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansEk dink dat vanoggend is ‘n goeie tyd vir ‘n nuwe teetyd pret inskrywing.

Die speletjie waarvan ons vandag praat is “Trials Mountain Heights”, dit is n motorfiets speletjie en die plan is om die mannetjie, op sy motorfiets, aan die anderkant van die baan te kry sonder om hom op sy rug te laat beland.

Jy gebruik die op pyltjie vir spoed en die lings en regs pyltjies om jou mannetjie anders te laat sit, sodat die gewig meer voor of agter is op die motorfiets.

Nogal pret, as jy hom eers agterkom ;)

http://www.miniclip.com/trialsmountainheights/index.htm

trials mountain heights, motorfiets, speletjies, pyltjies

Afrikaans

‘n Resep vir jou Bestandele


Gerhard - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansHet jy al ooit een aand, na werk, by die huis gekom en lus gehad vir iets lekker om te eet, maar ook nie die normale nie? Dan gaan jy na die koskas en sien dat daar net ‘n paar bestandele in die kas is, en jy sal liewer bredie maak voor jy weer uitgaan, winkel toe, vir bestandele…

Nou is hier ‘n beter oplossing, Allrecipes.com is ‘n webwerf wat vir jou resepte aanbeveel volgens die bestandele wat jy het…

Ek het hom getoets en die volgende ingesit: aartappels, kaas, meel en maalvleis, toe gee hy vir die volgende voorstelle: Aartappel Sop, Kaas en Groete Lasagna en Makaroni en Kaas…

Die internet is daar, laat dit vir jou werk ;)

http://search.allrecipes.com/Recipe/Ingredient.aspx

bestandele, resep, voorstele, kookkuns

Afrikaans

Koos Kombuis Nuus


Gerhard - Musiek

Afrikaans“dis vir my wonderlik om aan te kondig dat JEAN BARKER van MWEB my vandag by my huis kom help het om my nuwe liedjie op te neem vir hierdie blog-site. hulle sal dit binne die volgende 24 uur available maak. die liedjie se naam is “welkom in suid-afrika” (of mens kan dit sommer noem…”

Koos Kombuis het nou vir hom ook ‘n blog gekry en skryf gereeld daarin oor dinge wat hom pla of klein goedjies wat hy sien en hy wil deel.

Soos gewoontlik is dit baie lekker en ontspannend om sy werk te lees. Die rede dat ek juins nou besluit het om van sy blog praat is dat hy ‘n nuwe liedjie opgemeneem het en dit eksklusief op sy blog geplaas het om af te laai.

Vir die sensitiewe luisteraars, hierdie een is so ‘n bietjie skurf, maar nog altyd goed. Geniet hom! ;)

http://blogspace.mweb.co.za/defaul…

mweb, koos kombuis, liedjie, afrikaanse musiek



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans