Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir March, 2006

Afrikaans

Gallery van Oorlaaide Voertuie


Gerhard - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansVadag se webwerf versamel fotos van voertuie wat heeltemal belaglik oorlaai is. Treine met mense wat aan die dak vas klou, bakkies wat drie keer sy eie hoogte gepak is met ou rekenaar parte en fietse wat so oorlaai is dat hulle kan bly wees hulle ry nie in die Kaap waar die wind hulle kan skep nie.

Dit is soos ‘n gallery van mense en hoe hulle daarvan hou om hul “gereedskap” in die grond in te werk om die taak op die tafel gedoen te kry.

Ek wonder hoe hulle party van hierdie gepak gekry het… Shoe!

http://www.ezprezzo.com/crazypics/overloaded.html

oorlaai, voertuie, gereedskap, gewig

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Afrikaans

Vrou vang haar ou uit met Google – Pam Smith is ´n dood normale Amerikaanse staads amptenaar. Sy werk in ´n kantoor by ´n hof in haar stad. Een middag kom kuier ´n man vir…

Abel Kraamsaal Nuus – Nou ja toe, weer tyd virre bietjie keelskoonmaak. Hierdie jaar het aansienlik stadiger begin as vorige jare. Is almal se Visa kaarte oor die…

Baie Oulikke Draad Soldate – Ek hou altyd van mense wat met nuwe idee vorendag kom vir ´n ou produk, soos byvoorbeeld, die ou van…

SA Blog Toekennings – So die SA BlogAwards het gekom en gegaan. Ek het ongelukkig nie die beste nuwe blog toekenning gekry nie, maar…

Geniet die naweek ;)

Afrikaans

SA Blog Toekennings


Gerhard - Algemene Geselskap, Nuusagtig

Afrikaans

So die SA BlogAwards het gekom en gegaan. Ek het ongelukkig nie die beste nuwe blog toekenning gekry nie, maar ek het geen probleem nie want die wenner, Peas on toast, is werklik ‘n uitstekende webwerf.

Dit was ‘n lekker geselligge geleentheid by Relish gisteraand, dit is ‘n baie snaakse konsep, jy lees elke dag wat al hierdie mense dink, maar dan kom jy by ‘n geleentheid soos gisteraand en jy besef skielik dat jy nie eers weet hoe hulle lyk nie…

Hopelik sal ek teen volgende jaar ‘n beter ontwerp of iets hê sodat Kuier.co.za dalk genomineer kan word vir ‘n ander toekenning. Ek staan nog altyd by die kulturele blog idee ;)

http://www.sablogawards.com/

afrikaans, relish, toekennings, blog

Afrikaans

Baie Oulikke Draad Soldate


Gerhard - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansEers moet ek om verskoning vra dat ek nie gister geskryf het nie, ek het ‘n paar take by die huis gehad, so toe het ek verlof gehad daarvoor gister. ;)

Ek hou altyd van mense wat met nuwe idee vorendag kom vir ‘n ou produk, soos byvoorbeeld, die ou van vandag se webwerf. Hy het gewone draad gevat en begin soldate en and karakters daarmee maak.

Wat hierdie persoon se werk anders maak as vorige pogings wat ek al gesien het is die aandag aan detail… ek meen party van hierdie mannetjies het self rugsakke en tweerigting radios!

http://basik.ru/default.asp?id=2066

draad, soldate, karakters, kuns

Afrikaans

Abel Kraamsaal Nuus


Gerhard - Algemene Geselskap, Musiek

AfrikaansNou ja toe, weer tyd virre bietjie keelskoonmaak. Hierdie jaar het aansienlik stadiger begin as vorige jare. Is almal se Visa kaarte oor die limiet? Myne is definitief en die sosio ekonomiese impak van die feit dat almal se kaarte leeg is is dat ek nie myne kan vol maak as die gigs so sstadig is nie. Gelukkig skop ons Vrydag af met ‘n propvol gig by Die Kunskafeee in Durbanville. Maartmaand is dit weer yummy Woordfees waar ek en die band by die Paartie innie Park speel, asook by Dorpstraat Teater in Stellenbosch…

So ‘n bietjie nuus vandag van Abel Kraamsaal. Hy vertel ook van hierdie jaar se KKNK, blykbaar is dit hierdie jaar stiller as vorige jare, ek sal nie weet nie ek was 2 jaar terug laas daar gewees. Ek sal nie omgee om weer te kan gaan nie. Miskien kan ek dan ‘n dag tot dag fees inskrywing op Kuier maak ;)

http://www.abelkraamsaal.co.za/maintop.htm

abel kraamsaal, kknk, afrikaans, woordfees

Afrikaans

Vrou vang haar ou uit met Google


Gerhard - Nuusagtig

AfrikaansPam Smith is ‘n dood normale Amerikaanse staads amptenaar. Sy werk in ‘n kantoor by ‘n hof in haar stad.

Een middag kom kuier ‘n man vir haar mede kantoor werker en sy raak hals oor kop verlief. Hulle belsuit om uit te gaan en die liefde lyk asof dit in die hemel gemaak is. Ek weet dat dit is ‘n redelikke romanitese storie sover, maar kyk nou…

Na ‘n paar geleenthede saam, besluit sy om te kyk wat sy kry as sy haar liefde se naam op Google soek, net daar vind sy uit dat hy ‘n krimineel is wat besig is om weg te hardloop vir die gereg.

Wie weet wat sou gebeur het as sy nie sy naam daar gevind het nie en aangehou het om met hom uit te gaan. Dankie tog vir tegnologie!

http://www.wbir.com/news/local/story.aspx?storyid=32625

google, krimineel, gereg, liefde

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Afrikaans

Nuwe Valiant Swart Nuus – In die nuutste Valiant Swart nuus inskrywing gesels hy oor Piet Botha, die huldebleik konsert wat vir hom gehou is en…

MIT Origami Kompetisie – Dit is nogal snaaks dat ons nog nooit vantevore van origami gepraat het nie en hier doen ons dit nou twee ker in minder as…

Die lesers forum – Ek het besluit om ‘n lesers forum te begin vir Sondae… Hoe dit werk is dat as jy ´n artikel geskryf het en jy wil dit graag…

Koeie gesteel deur Marsmanne? – ‘n webwerf oor koeie wat ontvoer word deur ruimte wesens, wie sou kon dink…

Die Top 10 Digitale Wekkers – Daar is nie veel dinge wat my so groot laat skrik soos my alarm wekker wat 5:30 in die oggend afgaan nie. Dit is net eenvoudig verkeerd om…

Geniet die naweek ;)

Afrikaans

Die Top 10 Digitale Wekkers


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansDaar is nie veel dinge wat my so groot laat skrik soos my alarm wekker wat 5:30 in die oggend afgaan nie. Dit is net eenvoudig verkeerd om deur iets so woes wakker gemaak te word.

Dan is daar natuurlik die idee om die tyd in die bed te probeer verleng deur die “snooze” knoppie elke paar minute te druk tot wanner jy dit perongeluk afsit en eers 9 uur wakker word… oops!

Gelukkig is die wekker al baie verbeter vandat hy uitgevind is, ek meen, as ek nog neur ‘n masiewe staan horlosie wakker gemaak moes word sou ek nie baie tevrede gewees het daarmee nie.

Hier is ‘n lys van die top 10 digitale wekkers van ons tyd, ek soek natuurlik die iPod een ;)

http://www.slate.com/id/2137624/?nav=tap3

wekker, slaap, alarm, wakker

Afrikaans

Koeie gesteel deur Marsmanne?


Gerhard - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansEk weet ek sê dit elke keer, maar nou het ek maklik alles gesien, ‘n webwerf oor koeie wat ontvoer word deur ruimte wesens.

Die webwerf is besonder mooi, wat my laat dink dat dit dalk ‘n skerm is vir ‘n maatskappy wat sy produk wil adverteer, maar ek kan nie enige iets van daardie aard op die hom kry nie.

Die snaakste gedeelte is maklik die koei op die voorblad as jy jou muis oor hom beweeg, die “vrae en antwoorde” is ook nogal snaaks. Eintlik ‘n interresante bladsy in geheel… ;)

Ek moet regtig ‘n bladsy begin met die beste en mees eienaardigge webwerwe van kuier.co.za op een groot lys.

http://www.cowabduction.com/

koei, gesteel, ruimpte, marsmanne

Afrikaans

Die lesers forum…


Gerhard - Algemene Geselskap

AfrikaansSoos julle seker teen hierdie tyd weet plaas ek nooit ‘n inskrywing op Sondae nie, die rede, wel, miskien is ek ‘n bietjie lui om te soek vir nuus op ‘n Sondag oggend… ;)

Omdat julle nog altyd kom lees op Sondae het ek skuldig begin voel en besluit om ‘n oplossing vir die probleem te vind.

Ek het toe besluit om ‘n lesers forum te begin vir Sondae… Hoe dit werk is dat as jy ‘n artikel geskryf het en jy wil dit graag op kuier.co.za sien, kan jy dit na my toe stuur deur die vorm of die e-pos address op die “kontak die werfmeester” bladsy.

Elke week sal ek een leser se artikel kies en hom dan daardie Sondag publiseer. So maklik soos dit.

So, wees kreatief en stuur daardie artikels vandag!

sondag, artikel, lesers forum, joernalis



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans