07
Mar
Dit is nogal snaaks dat ons nog nooit vantevore van origami gepraat het nie en hier doen ons dit nou twee ker in minder as ‘n week.
Hierdie keer is dit wel regte origami, om die waarheid te sê, dit is maklik die beste origami wat ek al gesien het. Die rede daarvoor is dat dit die MIT (Massachusetts Instituut van Tegnologie) origami kompetisie is waar van die slimste mense in Amerika moes papier vou om met oorspronklikke vorms, insekte en karakters op te kom.
Ek kry nie eers die swane gevou waarmee ‘n mens veronderstel is om te begin leer nie…
http://web.mit.edu/newsoffice/2006/art…
mit, origami, papier, karakters
06
Mar
“1.Eenà?€”sin beskrywing van Piet as mens
Skaam, nederig, misterieus, fynbesnaard, sensitief, galant en dapper.
2.Eerste kennismaking met Piet en/of Piet se musiek?
In 1988 in die Grand Central Hotel in Kerkstraat, Pretoria.
3.Gunsteling Piet Botha/Jack Hammer song
“Sien jou weer” van Suitcase vol winter. Die hele album is ´n tydlose meesterstuk, waarskynlik sy beste…”
In die nuutste Valiant Swart nuus inskrywing gesels hy oor Piet Botha, die huldebleik konsert wat vir hom gehou is en ook oor sy eie geskiedenis as dit kom by Piet.
Twee groot name in Suid Afrika. Mense soos hierdie beteken meer vir Afrikaanse musiek as ‘n hele paar van hierdie ander “Afrikaanse” groepe.
Lekker Man
http://www.valiant.co.za/valiant_se.php
valiant swart, piet botha, afrikaanse musiek, musiek
04
Mar
Wat het die week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Battery 9 Nuus – Ek en ´n vriend het weereens Saterdag vasgesit in een van die verkeersknope op die N1 wat veroorsaak was…
Top 10 vreemdste iPod bybehore – Ek moet eers jammer sê dat ek so laat is vandag, die krag was weer vanoggend af gewees, en ek was toe…
SA Blog Toekennings – Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir julle te laat weet dat vandag en more die laaste 2 dae is wat daar gestem kan word…
Origami Lemoene – Ek weet nie of julle die konsep van origami ken nie, maar hierdie is amper ´n natuurlikke weergawe…
Geniet die naweek
03
Mar
Ek weet nie of julle die konsep van origami ken nie, maar hierdie is amper ‘n natuurlikke weergawe daarvan.
Die mense skul ‘n lemoen maar in die proses maak hulle prente uit die skul uit, soos drake, hoenders of narre. Nogal interresant nê.
Die webwerf is ongelukkig nie in engels nie, maar ek dink dat die prentjies praat nogal goed vir hulself…
http://jeu.oranges.free.fr/peaux.php
lemoen, origami, messe, kunswerke
02
Mar

Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir julle te laat weet dat vandag en more die laaste 2 dae is wat daar gestem kan word vir die SA Blog Toekennings.
Ek weet meeste van julle het gister ook gestem, maar hierdie is regtig belangrik
http://www.sablogawards.com/
stem, toekennings, afrikaans, sa blogs