29
Apr
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in Afrikaans in te haal:

Die Grosvenor Gastehuis – Heather het vir ons ´n artikel geskryf oor haar naweek weg na Simonà?€™s Town, sy vertel ook vir ons van die gastehuis waarin hulle…
Nuwe Nuus van Egmond – Dit wil vir my voorkom asof nuwe Afrikaanse talent net nie remme het nie… Egmond is ´n jong Afrikaanse sanger uit…
Heeltemal Te Veel Bak Tyd – Hou jy van bak en brou? Het jy al ooit ´n “Kit Kat” gekoop en gewens hy was net so ´n bietjie groter?
Staan Op Wanneer Jy Wil – Is dit moeilik vir jou om op te staan in die oggend as jou alarm af gaan? Vind jy dat jy jou alarm dood slaan en…
Asemrowende Fotos – Ek weet dit is ´n publieke vakansiedag, maar ek het gereken ek sal iets hier op sit vir die mense wat wel moet werk vandag…
Google Kalender is Tops – Ek moet sê dat ek nie gewoontlik dinge soos kalenders gebruik nie, nie by die huis of aanlyn nie. Hoekom? Geen…
Geniet die lang naweek!
28
Apr
Ek moet sê dat ek nie gewoontlik dinge soos kalenders gebruik nie, nie by die huis of aanlyn nie. Hoekom? Geen idee nie, ek vind dit net nie belangrik genoeg nie…
Die maatskappy waarvoor ek werk het wel ‘n ander idee gehad. Hulle het besluit om Google se kalender te gebruik om ons almal op hoogte te hou van vergaderings wat gebeur. Laat ek net sê, Google Kalender is maklik een van die beste aanlyn kalenders wat ek gesien het.
Wat meer is, is dat die mense by vandag se webwerf ‘n programmetjie geskryf het wat vir jou laat weet van afsprake voor hulle gebeur. So nou hoef jy nie eers die hele tyd die kalender oop te hou nie.
(Die programmetjie werk saam met Firefox, so jy sal Firefox op jou rekenaar moet hê.)
http://extensions.npike.net/gcaln/index.html
google kalender, afsprake, vergaderings, firefox
27
Apr
Ek weet dit is ‘n publieke vakansiedag, maar ek het gereken ek sal iets hier op sit vir die mense wat wel moet werk vandag
Vandag se skakel stuur jou na ‘n webwerf wat ‘n groep asemrowende fotos bevat.
Hulle is geneem van ‘n helikopter met een of ander nuwe kamera arm. Ek dink dat hierdie dalk toets fotos mag gewees het, maar dan kan hulle maar nog sommer baie toetse doen want ons hou hiervan.
Geniet hom…
http://news.jasonhawkes.com/archives/2006/04/aerial_views_fr.html
asemrowende fotos, lug fotos, kamera arm, muurpapier
26
Apr
Is dit moeilik vir jou om op te staan in die oggend as jou alarm af gaan? Vind jy dat jy jou alarm dood slaan en weer onder die kombers inkruip vir “nog net een minuut”, wat uitdraai op 2 ure te raak en veroorsaak dat jy laat is? (Ons sal daardie storie, van my, vir ‘n ander dag los
)
Die ou wat in vandag se webwerf skryf reken dat hy ‘n oplossing vir hierdie probleem gevind het..
Nogal ‘n interresante artikel met ‘n paar goeie idees daarin.
Nou moet ek net onhou om my alarm af te sit vir Saterdae oggende, anders staan ek 5:30 langs my bed, baie vies vir my self
http://www.stevepavlina.com/blog/2006/04/how-to…
slaap, alarm, wakker word, werk
25
Apr
Hou jy van bak en brou? Het jy al ooit ‘n “Kit Kat” gekoop en gewens hy was net so ‘n bietjie groter? Wel, jou probleme is uiteindelik op ‘n einde, as ‘n mens dit probleme kan noem…
Vandag se webwerf is ‘n versameling fotos van mense wat normale, alledaagse, lekkergoed en kos items vat en dit by die huis oor “vervaardig”, maar baie, baie groter. Die webwerf bevat ook stap vir stap aanwysing van hoe om dit self te maak.
Ek meen, daardie “Chocolate Eclair” is so groot, jy kan iemand met hom dood gooi, of ten misnste ernstig beseer.
Hierdie is dalk ‘n oplossing vir die laaste “Rolo” situasie. Ek sal maklik my laaste “Rolo” deel as hy so groot soos ‘n potplant bak is.
http://www.pimpmysnack.com/gallery.php
lekkergoed, suiker, bak en brou, fotos
24
Apr
“Die eerste optrede vir 2006 is bevestig en kan nou bekend gemaak word. Egmond tree op tydens die jaarlikse Bela-Bela Tourism Festival te Bela-Bela (voorheen Warmbad) in die Limpopo, Saterdag aand die 27ste Mei 2006 om 5:30, net voor Kurt Darren. Egmond se halfuur van entertainment word reeds haarfyn beplan en sal sy nuwe opnames insluit…”
Dit wil vir my voorkom asof nuwe Afrikaanse talent net nie remme het nie…
Egmond is ‘n jong Afrikaanse sanger uit Gauteng en sing al Gauteng se plaaslikke radio stasies wit-warm.
As jy nie kan wag om meer van Egmond te hoor nie, en jy is in die Bela-Bela area, dan is hierdie jou kans om vir hom, en ander uitstekende Afrikaanse sangers, in lewende lywe te sien.
Afrikaanse musiek is koning!
http://www.egmond.co.za/nuus.html
egmond, kurt darren, afrikaanse musiek, bela-bela
23
Apr

“Ons het by die Grosvenor Gastehuis in Simon’s Town vir ´n naweek gebly. Die Grosvenor het twee huise wat vir hulle beskikbaar is, waarvan een op die hoofpad geleë is in Simonà?€™s Town, die ander een is net agter hom. Die huise is in ´n viktoriaanse styl geontwerp aan die binnekant, as ek een klagte daaroor mag hê sou ek sê die gordyne was dark nie heeltemal in my smaak nie. Sodra jy verby dit kyk is die huise lekker warm en snoesig. Die een waarin ons gebly het…”
Heather het vir ons ‘n artikel geskryf oor haar naweek weg na Simon’s Town, sy vertel ook vir ons van die gastehuis waarin hule gebly het en die ander aktiwiteite in die area.
Indien jy weg was vir ‘n naweek of langer en jy voel dat jy vir ons daarvan wil vertel stuur vir my ‘n e-pos en ek sal hom op Kuier.co.za plaas.
Kry die volle artikel hier:
http://www.kuier.co.za/die-grosvenor-gastehuis/
gastehuis, vakansie, grosvenor, artikel
22
Apr
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal:

Weg met Grys Hare – Navorsers by die Franse maatskappy, Loreal, het ´n wetenskaplikke deurbraak gemaak wat sal maak dat niemand meer…
Karen Zoid op vir ´n SAMA – Ons is baie trots en dankbaar dat ons hierdie jaar in vier katagoriee genomineer is vir SAMA toekennings…
Australise Hiper-Realistiese Beeldhouer – Ron Mueck (gebore 1958) is ´n Australise hiper-realistiese beeldhouer wat werk uit Brittanje. Hy is gebore in…
Diere in die Skadu van Chernobiel – Dis die area met die mees radio aktiewe grond in die wêreld, tog het dit ´n oord geraak vir wilde diere – ´n natuur reservaat, enig in sy soort…
Geniet die Lang Naweek
21
Apr
Dis die area met die mees radio aktiewe grond in die wêreld, tog het dit ‘n oord geraak vir wilde diere – ‘n natuur reservaat, enig in sy soort.
Soos die mense in die area 20 jaar gelede uit die area geskuif is het die diere ingetrek. Diere getalle in die area het vermenigvuldig, selfs spesies wat vir jare lank nie in die area gesien was nie, soos die spore van ‘n beer wat gevind is, ‘n dier wat al vir eeue nie meer hier gewoon het nie.
Wat die mees interresant is van hierdie storie is die feit dat in die afgelope 20 jaar daar nog net een muis gevind is met simtome wat na kanker lyk.
Die mens het opgemors en die diere het inbeweeg, ‘n mens kan dit amper ‘n teken noem, ek bedoel, ons dink ons is die top van die leer, maar as ons aanhou soos ons nou aanhou mag dit dalk die res van die diere wees wat oorbly en nie ons nie.
http://news.bbc.co.uk/2/hi/europe/4923342.stm
chernobiel, diere, radio aktief, natuur
20
Apr
Ron Mueck (gebore 1958) is ‘n Australise hiper-realistiese beeldhouer wat werk uit Brittanje. Hy is gebore in Melbourne, Australie, en sy ouers was speelgoed makers. Hy het gewerk aan kinder televisie programme vir 15 jaar voor hy oorgeskakel het na spesiale effekte op groot films soos “Labyrinth”, ‘n 1986 fantasie film waarin David Bowie gespeel het.
Nou dat julle die agtergrond op hierdie kunstenaar het wil ek eers sê… WOW!
Hierdie beeldhouwerk is uitstekend. Ek wil so een hê van die seun wat op sy hurke sit, en dit in die sitkamer by die huis sit, dink net mense wat kom kuier se reaksie as hulle om die draai kom en daar n reus op sy hurke in die sitkamer sit…
Ron Mueck is werklik uitstekend, maar moenie my woord daarvoor vat nie, kyk self
http://freshpics.blogspot.com/2006/04/ron-mueck…
ron mueck, beeldhouwerk, unstenaar, sitkamer