Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir May, 2006

Afrikaans

100 Fotos


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansVandag se inskrywing bevat ‘n skakel na die “Life Magazine” webwerf wat omtrent 25 van die 100 van die wêreld se mees belangrikke fotos bevat.

Die kans is goed dat jy al ‘n hele paar van hulle gesien het. Hierdie is die foto dagboek van die “moderne” wêreld.

Die fotos dek al die groot nuus gebeure oor die afgelope 50 of 60 jaar, hulle bevat all tipes fotos vanaf die atoom bom wat ontplof het not by dooie soldate op Normandie se kus to by fotos van die Aarde wat geneem is op die Maan.

Ek is mos ‘n totale gek vir fotos… so ek hoop jy geniet hulle net so baie soos ek ;)

http://digitaljournalist.org/issue0309/lm_index.html

fotos, geskiedenis, oorlog, mensdom

Afrikaans

Nuwe Brand Bestryding


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansOns almal het al, op een of ander tyd, ‘n veldbrand gesien, of dit nou ‘n kleintjie was of ‘n grote, soos die een op die kant van Tafelberg so ‘n paar maande gelede. Die groter veldbrande kan onsettend baie skade veroorsaak, veral as hulle nie vinnig genoeg bestry kan word nie.

In Amerika is daar nou ‘n nuwe “produk” wat kan maak dat water taamlik vinniger by die brand kan uitkom… Hulle noem dit die “supertanker”.

Wat dit basies is, is ‘n 747 vrag vliegtuig wat so aangepas is dat dit meer as 770 000 liters water kan hou. Daar word dan met die vliegtuig vol water oor die brandende area gevlieg en ja…. jy kry die prentjie.

Ek kan net nie glo dat iets wat so swaar is die maklikste ding op hierdie planeet is om te vlieg nie, ek het natuurlik nog nooit ‘n vliegtuig self gevlieg nie, so ek kan nie met sekerheid sê nie :P

http://www.tallahassee.com/apps/pbcs.dll/artic…

rand, vuur, brandweer, veldbrand

Afrikaans

Valiant Swart in London


Gerhard - Musiek

Afrikaans“Die Impi Groep en SA-Times in samewerking met Rhythm Records stel bekend: Valiant Swart in London.

Valiant Swart, een van Suid Afrika se mees populêre Afrikaanse blues-rock kunstenaars, gaan vier optredes in en om London doen in Julie 2006…”

Dit lyk soos baie goeie nuus vir julle ouens en meisies was tans in London woon. Valiant Swart gaan kom wys hoe dinge in Afrikaans gedoen word.

Hy sal seker weer van sy nuwe liedjies van Horisontaal ook opvoer. Ek het twee of so van hulle gehoor ‘n paar weke gelede in die Braak in Stellenbosch. Ek glo julle sal ook mal wees daaroor. ;)

Die Datums:
13th July – Zulus Bar in Leytonstone, 640 High Road Leytonstone London, E11 3AA.
Telefoon: 020 8558 9116. Deure: 7pm. £10 vooraf. £12 by die deur.

14th & 15th July – Aardvark Pub, 1 Odessa Street, Rotherhithe, London, SE16 5LJ. Telefoon: 020 7394 8644.

18th Julie – Walkabout Shepherds Bush, 56 Shepherds Bush Green, W12 8QE.
Telefoon: 020 8743 2006. Deure: 7pm. £8 vooraf. £10 by die deur.

Vir meer informasie skakel Alex Fourie op +27 82 348 5322.

Kaartjies is beskikbaar by die deur of aanlyn van:
http://www.sanza.co.uk

valiant swart, horisontaal, mystic boer, afrikaans

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in Afrikaans in te haal:

Afrikaans

Photoshop Kompitisie – Soos die meeste van julle seker nou al weet, behels my werk, onder andere, dat ek elke dag met…

Tieners Slim met Selfoon – Vandag se storie is werklik ´n interresante een. Tieners wys oor en oor dat hulle slimmer is as waarvoor daar vir hulle…

Begroting Hulp – Ek kan sekerlik nie die enigste een wees wat dit haat as my geld op raak voor die einde van die maand…

Geniet die Naweek! ;)

Afrikaans

Begroting Hulp


Gerhard - Algemene Geselskap

AfrikaansEk kan sekerlik nie die enigste een wees wat dit haat as my geld op raak voor die einde van die maand nie.

So ‘n paar maande gelede het ek begin om my begroting uit te werk voordat ek nog my salaris in my rekening kry. Dit maak ‘n verbaasende groot verskil.

Ek werk gewoontlik my begroting in ‘n Excell “spreadsheet” wat self die bedrae optel en vir my sê wat ek oor het, indien enige iets…

Vandag se webwerf bevat ‘n Excell “spreadsheet” van hierdie aard, hierdie “spreadsheet” is net taamblik beter opgestel as my oorspronklikke een.

Probeer dit net een maand, jy sal verbaas wees om die verskil te sien, ek is seker daarvan.

http://www.ofzenandcomputing.com/zanswers/69

begroting, excell, beplan, spaar

Afrikaans

Tieners Slim met Selfoon


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansVandag se storie is werklik ‘n interresante een. Tieners wys oor en oor dat hulle slimmer is as waarvoor daar vir hulle kridiet gegee word.

Die hele storie begin met ‘n klank wat gebruik word om muskiete weg te hou. Die klank val in die spektrum tussen 18kHz en 20kHz.

Wat interresant is hieraan is dat mense bo die ouderdom van 20 nie enige klank in hierdie spektrum kan hoor nie as gevolg van normale gehoor verlies wat met ouderdom kom.

So, een of ander tiener het dit toe nodig gesien om hierdie klank te gebruik as ‘n luitoon vir sy selfoon, natuurlik kan die onderwysers dit nie hoor nie, wat gemaklik is aangesien selfone moet af wees in die klas.

Die luitoon gaan onder die naam “teen buzz” en verspry van selfoon tot selfoon…

http://www.metro.co.uk/weird/article.html…

onderwysers, luitoon, selfoon, teen buzz

Afrikaans

Photoshop Kompitisie


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansSoos die meeste van julle seker nou al weet, behels my werk, onder andere, dat ek elke dag met Photoshop werk.

Daarom is vandag se skakel vir my ook lekker interresant. Dit is ‘n kompitisie vir jong “kunstenaars” om klassieke kuns te neem en monsters daarby te plaas met die hulp van Photoshop.

Ek het nog net een keer aan een van Worth1000 se kompitisies deel geneem. My gevolg trekking was dat ek nie naastenby op die vlak was, met Photoshop, waar ek graag sou wou wees nie.

Hulle noem hierdie kompitisie “Frankenstein meets DaVinci” Sommige van hulle is skrikwekkend goed gedoen.

http://www.worth1000.com/cache/contest/conte…

kuns, photoshop, kompitisie, davinci

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in Afrikaans in te haal:

Afrikaans

Oorlaai met “Oulik” – Die moontlikheid bestaan dat vandag se inskrywing meer populêr met die dames gaan wees as met…

Volkswagen se Nuwe Motorhuis – Vandag se inskrywing gaan oor Volkswagen se nuwe motor stoor in Wolfsburg, Duitsland. Die fisiese…

Word Vinnig Fiks – Voel jy altyd moek en dalk net ´n bietjie “dukker” as wat jy graag sou wou wees? Voel jy dat jy wil…

Papier Voue – Papier is iets wat ons almal elke dag gebruik. Dit is baie veeldoelig, maar vir die grootste deel skryf ons net…

Moenie Klip Gooi Nie – Die mense van die tegnologie maatskappy, Apple, weet darem hoe om dinge te doen sodat almal van…

Altyd Beter In Afrikaans! :D

Afrikaans

Moenie Klip Gooi Nie


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

Afrikaans

Die mense van die tegnologie maatskappy, Apple, weet darem hoe om dinge te doen sodat almal van jou praat.

Apple is maklik die maatskappy wat onwerp die beste gebruik saam met tegnologie.

Ek bedoel, kyk na die Apple winkel wat more in New York oop maak, behalwe vir die feit dat dit een van die mooiste glas strukture is wat ek al gesien het (die Louvre is ook op my lys), gaan dit ook 24 uur ‘n dag oop wees.

Bleikbaar het die baas van Apple, Steve Jobs, self die “gebou” ontwerp.

Ek wonder of hulle ook die spreekwoord het wat ons in Afrikaans het, van klippe gooi as jy in glas huis woon :P

http://www.flickr.com/photos/jurvetson/148925935/

glas, apple, steve jobs, louvre

Afrikaans

Shoe… wat ‘n oggend!


Gerhard - Algemene Geselskap, Notas

AfrikaansEk moet net eers om verskoning vra vir die “spam” wat gister nag hier gebeur het, ek moes vanoggend sit en skoon maak.

Daar was ten minste 50 menings op kuier.co.za wat advertensies was.

Ek gaan oor die naweek ‘n nommer kode sisteem moet implimenteer wat hierdie tipe ding stuit.

Groete
Gerhard



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans