18
May
Papier is iets wat ons almal elke dag gebruik. Dit is baie veeldoelig, maar vir die grootste deel skryf ons net daarop.
Hier en daar kry ‘n mens iemand wat papier sal gebruik om iets te vou soos vliegtuie of iets in daardie lyn. Die mense wat papier vou meer ernstig opneem maak swane en ander voëls op die origami metode.
Vandag se skakel beval ‘n papier gallery van ‘n ander aard, Richard Sweeney vou komplekse drie-demensionele forms uit papier, wanneer jy op die skakel klik, probeer net onhou dat hy glad nie enige gom gebruik nie.
Ek sal nogal sommige van hierdie vou planne wou sien…
http://www.flickr.com/photos/richardsw…
papier, vou, drie demesioneel, gallery
17
May
Voel jy altyd moek en dalk net ‘n bietjie “dukker” as wat jy graag sou wou wees? Voel jy dat jy wil fiks word, maar jy is nie seker waar om te begin nie? Vandag se webwerf is net vir jou!
Frank Horwill gee vir ons ‘n oorskou van drie ofen metodes wat jou van onfiks na fiks sal neem in ‘n baie kort tydjie. Elkeen van hierdie metodes is ‘n bietjie verskillend en sal natuurlik harde werk neem. O ja, maak maar ook reg om ‘n bietjie wiskunde te doen
Nadat ek die eerste oefening deur gelees het, het ek al klaar gevoel asof ek oefening gedoen het…
Begin jou nuwe, fikser lewe vandag!
http://www.serpentine.org.uk/advice/coach/fh55.php
oefening, formule, fiks, afrigter
16
May

Aangesien ek gister ‘n inskrywing gemaak het wat die dames meer interresant sou vind, het ek besluit om vandag iets vir die mans te doen.
Vandag se inskrywing gaan oor Volkswagen se nuwe motor stoor in Wolfsburg, Duitsland. Die fisiese spasie wat die pakhuis opneem is omtrent 20% van dit wat ‘n pakhuis soos hierdie in Amerika sa opneem.
‘n Struktuur soos hierdie is nie net goedkoper om te bou nie, maar danksy ‘n motor hyser in die middel van die gebou is die tyd wat dit neem om jou nuwe motor te kry baie korter.
Ek is mal oor die idee, hulle moet sulke motorhuise in die Kaap oprig op ‘n paar strategiese plekke, dit mag dalk hierdie parkering probleem oplos…
http://www.thecoolhunter.net/design/GERMA…
volkswagen, motorhuis, pakhuis, nuwe motor
15
May
Die moontlikheid bestaan dat vandag se inskrywing meer populêr met die dames gaan wees as met die ouens, maar hierdie is die tipe webwerf wat ‘n mens nie elke dag vind nie…
Vandag se webwerf is ‘n blog, maar nie sommer enige blog nie, hulle versamer prentjies van oulikke dinge, soos byvoorbeeld ‘n hond wat met ‘n baba speel of klein sagte baba hasies.
Wat nog meer is, die webwerf lyk asof hy al vir ‘n hele tydjie aan die gang is, want as jy in die argiewe gaan krap vind jy nog sommer hope oulikke fotos.
Sommige van hierdie fotos is net reg vir daardie e-posse met die versies in wat ouens vir hulle meisie stuur
http://www.cuteoverload.com/
oulikke fotos, oulikke diere, baba hasie, diere
13
May
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in Afrikaans in te haal:

‘n Baie Oulike Lessenaar – Ek het al een keer van tevore oor ´n lessenaar geskryf, maar dit was ‘n hele tydjie gelede en ek dink dat die een, waaroor ek vandag wil…
Teelepel Pret – As jy een van daardie mense is wat gereeld vlieg, dan mag vandag se inskrywing dalk…
“Daardie Ander Ou” – Jy is by ‘n partytjie of een of ander sosiale funksie, jy besluit dat jy sou graag ‘n foto saam met jou metgesel wou neem, of selfs…
Koos sê: “Hokaai!” – Ek kan verstaan dat bekende mense redelik besig moet wees. As jy daaroor dink, is dit maar ´n klein sake…
Geniet die naweek!
12
May
Hokaai! Iewers moet ek halt roep. Of ek word verswelg onder informasie en versoeke.
Ek lees gister ´n epos van Kleinboer aan al sy vriende en kollegaà?€™s waarin hy die volgende merkwaardige versoek rig:
“Onthou om my uit te nooi na partytjies, opskoppe, bekendstellings van boeke en musiek, en kom gooi soms vleis op die rooster en skiet ‘n paar proppe die lug in by Webbstraat 66, Yeoville, Johannesburg.”
Ek dink dit is bewonderingswaardig van Kleinboer om homself tot so ´n mate aan mense…”
Ek kan verstaan dat bekende mense redelik besig moet wees. As jy daaroor dink, is dit maar ‘n klein sake onderneming en die produk is liedjies of boeke.
Ek het nooit besef net hoe besig ons kunstenaars kan wees nie. In die nuutste nuus op Koos Kombuis se webwerf rig hy ‘n versoek aan mense wat allerande ding van hom verwag. Die tipe goed wat jy nie eintlik moet verwag van iemand wat jy nie persoonlik ken nie…
Koos praat ook van ‘n nuwe boek waaraan hy besig is om te werk. Hy sê dat hy alreeds begin skryf het en dat hy die boek moet klaar hê in die volgende 9 maande.
Ek kan persoonlik nie wag nie
http://www.kooskombuis.co.za/Segoed.html
koos kombuis, raka die roman, afrikaans, afrikaanse musiek
11
May

Ek weet nie of die volgende al ooit met julle gebeur het nie, maar hier gaan ons….
Jy is by ‘n partytjie of een of ander sosiale funksie, jy besluit dat jy sou graag ‘n foto saam met jou metgesel wou neem, of selfs met vriende.
Jy neem die foto, en vergeet daarvan, tot die dag wat die film ontwikkel word, en daar is hy, soos die Loch Ness Monster… die ou in die agtergrond!
Vandag se webwerf bevat ‘n hele paar van hierdie tipe fotos, ek het dit nogal heel komies gevind
http://www.smithappens.com/thatguy.php
fotos, ontwikkel, agtergrond, afrikaans
10
May
As jy een van daardie mense is wat gereeld vlieg, dan mag vandag se inskrywing dalk nie so interresant wees nie.
Vir my, is dit onsettend interresant… Ons praat van lepels, ja, lepels… Om meer spesifiek te wees, lugdieste se teelepels.
Vandag se webwerf bevat fotos van teelepels op vliegtuie van verskillende lugdiense maatskappye se vliegtuie van reg rondom die wereld.
Ek het altyd gedink dat ‘n teelepel is ‘n teelepel, maar blykbaar was ek verkeerd. My gunsteling is Etiopie se teelepel, hy is die blinkste…
http://www.flickr.com/photos/airlinespoons
lepels, teelepels, lugdienste, suid afrika
NS. Ek moet verskoning vra dat ek nie gister ‘n inskrywing gemaak het nie, ek het te laat by die werk gekom en daarom was daar nie tyd om te skryf nie.
08
May
Ek het al een keer van tevore oor ‘n lessenaar geskryf, maar dit was ‘n hele tydjie gelede en ek dink dat die een, waaroor ek vandag wil skryf, verdien dat hy genoem kan word.
Hierdie “rekenaar bed” begin as ‘n lessenaar, met genoeg plek daarop vir ‘n rekenaar, ‘n drukker en self plek om ander dinge te hou soos boeke of papiere.
Wanneer dit tyd raak om te slaap, swaai die hele lessenaar vorentoe en verander dit in ‘n bed.
Ek dink dit is ‘n uitstekende konsep en kan baie help as jy nie te veel plek het, om mee te begin, nie.
http://www.flyingbeds.com/14.Euro_BunkBed/Euro-Comp…
bed, lessenaar, rekenaar, afrikaans
06
May
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in Afrikaans in te haal:

‘n Tornado in jou Sitkamer – Weereens doen wetenskap dit vir ons, hulle maak dit vir ons moontlik om ´n tornado in jou voorhuis te kan opwek…
Brand Suid Afrika! – Ek is vanoggend in die bui om oor Fokofpolisiekar te skryf. Gelukkig is redelik baie wat in hulle kamp aan die gebeur is, so hierdie taak is…
Spring Waar Jy Wil Wees – 4.8 Meters in ´n enkele sprong… Dit is die rede dat daar nou mense is wat ding dat hierdie die beste metode is om…
Dapper Stapper – Dis mag dalk nie ´n verrassing wees dat dit goed is vir jou om te stap nie, maar het jy geweet dat dit jou lewe drasties kan verleng?
Geniet die naweek!