30
Jun

Ons almal het ietwat van ‘n benul van hoe klein ons in die heelal is, maar weet ons regtig?
Ek onthou, ek was een keer by die planetarium by die Kaapse museum toe ek baie jonk was, en daar het hulle ‘n reeks prente gehad van “hier is jy nou”… Om die minste van daardie reeks prente te sê, die aarde se kolletjie raak al hoe kleiner hoe verder jy met die prente aan gegaan het.
Vandag se webwerf bevat ‘n stel prente wat baie dieselfde is, maar die fokus is meer op ons grootte in verhouding met ander grooter sterre en planete.
Nogal baie interessant!
http://www.rense.com/general72/size.htm
wêreld, heelal, ruimte, klein
29
Jun
Is jy een van daardie mense wat totaal en al mal is oor Superman? Vind jy dat jy so opgewonde is oor die nuwe film dat jy slapelose nagte het? Dan is vandag se webwerf net vir jou!
Vandag se webwerf bevat 40 feite oor Superman, sommige van hulle is ou feite van toe Superman nog ‘n wit en swart strokies prent was en sommige van hierdie feite kom van die nuwe film af.
Ek moet eerlik wees en sê dat ek nie die grootste Superman aanhanger daar buite is nie, maar ek het baie van hierdie punte ook interresant gevind, soos byvoorbeeld: Het jy geweet dat Superman oorspronklik kaalkop was?
Kyk maar self as julle my nie glo nie…
http://movies.go.com/feature?featureid=836290
superman, super kragte, 40 feite, film
28
Jun
Ek het die naweek vir myself Valiant se nuwe CD “Horisontaal” gekoop. Behalwe vir die feit dat dit weereens ‘n top Afrikaanse album is, bevat hierdie CD ook die musiek video vir die titel snit “Horisontaal”.
Ek wil nie te veel weggee oor die video nie, maar dit het Valiant Swart in wat in ‘n swart Valiant ry… o ja, en die mooiste sonsondergang wat ek al in jare gesien het.
Daar is allerlei style op die CD. Daar is werklik enige iets op van Blues af tot by Ruk en Rol tot by ‘n ou Suid-Afrikaanse Volksliedjie.
In my boekie is hiedie een van daardie CD’s wat ‘n mens net moet hê… jy maak ons trots om Afrikaans te wees Valiant!
http://www.valiant.co.za/valiant_se.php
valiant swart, horisontaal, afrikaanse musiek, horisontaal video
27
Jun
Ons het al almal die stories gehoor van “items” wat op eBay verkoop word…
Persoonlik het ek al stories gehoor van iemand wat probeer het om haar man te verkoop en dan was daar natuurlik die ou wat New Zealand wou verkoop het.
Vandag se webwerf bevat die top 10 vreemdste dinge wat mense al wou verkoop het op eBay. Die lys sluit ‘n VVV opspoorder in en ook die vingernaels van ‘n reeks moordenaar.
Hierdie tipe ding is wat die internet so ‘n interresante plek maak…
http://collage.twws.ws/Money_Matters/The…
top 10, vreemd, ebay, afrikaans
24
Jun
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in Afrikaans in te haal:

Teetyd Pret #11 – Ek weet dat na ‘n lang naweek is ‘n mens nie lus vir veel nie. Om daardie rede het ek besluit om vandag se inskrywing lekkerder te maak deur ‘n speletjie…
Molekule om die Nek – Juweliersware wat in die vorm van molekules gemaak is… Ek dink dit sal help as jy in geselskap is wat dit kan wardeer, andersins lyk…
Nuwe Brand Suid-Afrika Video – Die video van Brand Suid-Afrika is klaar en ons launch hom Vrydag die 24ste my Mercury Live in Kaapstad, die res van die land behoort hom te kan sien op MK89…
Ons Wonderlikke Wêreld – Gedurende die lente in Denemarke, so ‘n halfuur voor die son opkom, kom daar ‘n swerm van meer as ‘n miljoen Europese…
Ligte in die Vloer – Vandag se inskrywing is vir die mense wat bietjie beter werk met ‘n soldeer boud as die algemene persoon. (Dit sluit natuurlik nie vir my in nie…
Geniet die Naweek
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
23
Jun
Vandag se inskrywing is vir die mense wat bietjie beter werk met ‘n soldeer boud as die algemene persoon. (Dit sluit natuurlik nie vir my in nie, ek het ‘n brandmerk wat dit bewys, maar daardie is ‘n storie vir ‘n ander dag… )
Het jy al ooit die film “Saturday Night Fever” met John Travolta gekyk en gewens jy kan ‘n vloer hê soos wat in daardie disko was?
Ek weet nie hoekom nie, maar ek sou nogal van ligte soos daardie in die badkamer hou, natuurlik die mees onpraktiese plek om dit te wil hê.
Vandag se webwerf wys vir ons stap vir stap hoe om ‘n vloer soos daardie te bou. Gaan ek een probeer bou? Nee, maar ek mag maar droom…
http://msdn.microsoft.com/coding4fun/co…
dansvloer, disko, ligte, john travolta
22
Jun

Ek het heeltemal toevallig op vandag se webwerf afgekom, en wat ‘n internet skat is dit nie, hierdie fotos is net uitstekend…
Gedurende die lente in Denemarke, so ‘n halfuur voor die son opkom, kom daar ‘n swerm van meer as ‘n miljoen Europese “Starlings” (ek ken nie die afrikaanse naam nie, maar dit lyk soos iets tussen ‘n Swaeltjie en ‘n Spreeu) van alle hoeke af. Saam vorm hulle hierdie fantastiese formasies in die lug.
Dit word die Swart Son (Black Sun) genoem en kan in die vroë lente gesien word oor die nat gedeeltes van Denemarke. Die “Starlings” migreer van die suide af om kos bymekaar te maak en om te slaap in die moras areas.
Daar is meer fotos beskikbaar deur die skakel te volg
http://epod.usra.edu/archive/epodv…
denemarke, swerm voëls, swaeltjies, spreeus
21
Jun
“Die video van Brand Suid-Afrika is klaar en ons launch hom Vrydag die 24ste my Mercury Live in Kaapstad, die res van die land behoort hom te kan sien op MK89 een van die dae. Daar is 2 boere wat soen. Dit is snaaks.
Ons is nog besig met songs skryf vir die res van die recording, ons gaan mos Augustus na Oppikoppi terug
B-Sharp toe om die Cd klaar te maak.
Vir die winter maande doen ons ‘n hele paar acoustic shows in die Kaap rond. Ja, ‘n klomp van hulle is all ages, so bring jou ouers om te kom kyk…”
Shoe, maar dit klink asof die ouens van Fokofpolisiekar behoorlik baie hooi op hul vurke het, op die oomblik.
Ek dink ek moet probeer om my planne so aan te pas om ook Saterdag aand te kan gaan na die optrede by die Mercury, ek kan nie wag om die video te sien nie.
LOL, 2 boere wat soen? Ek weet nie of ek eers moet vra nie…
http://www.fokofpolisiekar.co.za
fokofpolisiekar, afrikaanse musiek, brand suid afrika, afrikaans
20
Jun
Vandag se inskrywing is meer vir die meisies, maar ek kan amper met sekerheid sê dat dit ook nie vir al die meisies gaan wees nie.
Ek dink dat die juweliersware op vandag se webwerf meer vir diegene is wat mal is oor wetenskap, ok… ok… ek reken almal kan dit dra aangesien dit nogal mooi is
Vandag se webwerf bevat silver juweliersware wat in die vorm van molekules gemaak is. Ek dink dit sal help as jy in geselskap is wat dit kan wardeer, andersins lyk dit eintlik mooi en jy mag dalk nog altyd die koppe laat draai as gevolg van die feit dat dit so uniek lyk.
http://www.madewithmolecules.com/serotoninnecklace.html
juweliersware, molekules, silver, wetenskap
19
Jun
Ek weet dat na ‘n lang naweek is ‘n mens nie lus vir veel nie. Om daardie rede het ek besluit om vandag se inskrywing lekkerder te maak deur ‘n speletjie te plaas.
Ja, dis Teetyd Pret!
Ek weet dat ek eintlik die tipe ding meer gereeld moet doen, maar dan gaan ek nie iets spesiaal hê om elke nou en dan hier, vir julle, te plaas nie
Vandag se speletjie se naam is “Roly Poly” en die konsep is dat jy die hele baan in die rondte moet draai. Die krimpvarkie rol dan afhangende van hoe jy die baan draai, maar wees versigtig, want behalwe vir die feit dat die tyd uit loop is daar ook allerhande gevare waarin jou krimpvarkie kan inrol.
Speel hom hier:
http://www.miniclip.com/rolypoly.php
speletjie, teetyd pret, roly poly, lekker