17
Jun
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in Afrikaans in te haal:

Die Hubble Gallery – Vandat die Hubble teleskoop in 1990 in die ruimpte in gestuur is, het hy (of sy) al vir baie fantastiese fotos gesorg…
Vadersdag Geskenk Idees – Met Vadersdag om die draai en darem nog ‘n paar dae om geskenke te kry, as dit die manier is waarop jy gewoontlik…
Bulhonde vir Almal – Hou jy van bulhonde (bulldogs)? Die vraag is eintlik of jy van enige honde hou, aangesien vandag se webwerf maklik die oulikste…
“Vorie TV” – Ek het net laas week geskryf oor Philip de Villiers se nuwe musiek video vir “Vorie TV” van sy debuut album “Ek hoor jou”…
Geniet die Lang Naweek
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
15
Jun

Ek het net laas week geskryf oor Philip de Villiers se nuwe musiek video vir “Vorie TV” van sy debuut album “Ek hoor jou”.
So vanoggend kry ek toe nog goeie nuus in my epos.. Die video gaan deur een van Suid Afrika se top cellulêre maatskappye gebruik word vir ‘n nuwe diens se televisie advertensie.
As jy dink dat dit is hoe Moby bekend geraak het (deur televisie advertensies), dan maak dit ons baie opgewonde.
Ek hou daarvan as Afrikaanse kunstenaars goed vaar in die Suid Afrikaanse musiek mark.
Julle kan ook ‘n volle artikel lees oor die maak van die video by die volgende skakel:
http://www.mweb.co.za/hubs/entertainment…
vorie tv, philip de villiers, ek hoor jou, afrikaans
14
Jun
Hou jy van bulhonde (bulldogs)? Die vraag is eintlik of jy van enige honde hou, aangesien vandag se webwerf maklik die oulikste fotos van diè groot honde op die internet bevat.
Die rede hoekom ek vandag se webwerf gekies het is nie noodwendig omdat dit oor honde gaan nie maar meer omdat ek dink dat dit eintlik is hoe die internet gebruik moet word, as ‘n informasie bron…
Die webwerf is ‘n uitstekende naslaan bron vir mense wat teël met bulhonde as ook gewonde eienaars van een van hierdie honde.
Die webwerf bevat katogoriëe met al die verskillende bulhonde, asook fotos van elk en ook tëel informasie. Daar is selfs ook ‘n forum waarop jy kan vrae vra as daar iets spesifiek is wat jy wil weet.
http://www.bulldogbreeds.com/
bulhond, hond, bulldog, teel informasie
13
Jun
Met Vadersdag om die draai en darem nog ‘n paar dae om geskenke te kry, as dit die manier is waarop jy gewoontlik Vadersdag vier, het ek besluit om oor geskenk idees te skryf.
Sommige van ons vier dit met ‘n lekker familie ete op die dag, sommiges van ons met ontbeit in die bed en sommige van ons doen dit met ‘n spesiale geskenk.
Vandag se webwerf bevat ‘n lys van die top 10 Vadersdag geskenke vir 2006.
Die enigste probleem wat ek met die lys het is die prys van party van hierdie items, ek bedoel… manchet knope vir $485 dis soos in R3300… ek weet darem nie.. maar ja
http://www.forbes.com/2006/06/06/cx_gd_0…
vadersdag, 18 junie, geskenk idees, afrikaans
12
Jun
Vandat die Hubble teleskoop in 1990 in die ruimpte in gestuur is, het hy (of sy) al vir baie fantastiese fotos gesorg.
Volgens wetenskaplikkes is die Hubble die belangrikste teleskope in die geskiedenis van astronomie. Die Hubble laat ons toe om fotos te sien van sterre en ruimte formasies wat voorheen net teorie was.
Vandag se webwerf bevat ‘n hele klomp van die fotos wat deur die Hubble geneem is.
Shoe, hoe klein laat hierdie tipe fotos my altyd voel…
http://heritage.stsci.edu/gallery/gallery.html
hubble, ruimte, sterre, planete
10
Jun
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in Afrikaans in te haal:

Ek onthou nog – Onthou jy toe jy klein was, hoe eenvoudig dinge was… eintlik praat ek bog, dinge was gekompliseerd op ‘n ander manier. Ek dink die grootste…
Abel Kraamsaal Nuus – “Ek is ‘n bondel opgewondenheid! My en Lize se eersteling, Lilah-Grace, is Maandag oggend 1:20 gebore. Sy’s…
Die Einstein Brein – Hy was sonder twyfel een van die slimste mense van ons tyd. Meeste mensekan net aan die E=mc² formule dink as ‘n mens van hom praat…
20 Jaar Later – Het jy al ooit gewonder hoe jy 20 jaar van nou af gaan lyk? Dit laat my altyd dink aan jou pa wat vir jou vertel hoe goed…
Philip de Villiers se Nuwe Video – Julle weet seker nou al teen die tyd dat ek nie oor meer as een Afrikaanse musikant per week skryf nie. Hierdie week is ietwat van ‘n uitsondering. Die rede…
Geniet die Naweek
09
Jun
Julle weet seker nou al teen die tyd dat ek nie oor meer as een Afrikaanse musikant per week skryf nie. Hierdie week is ietwat van ‘n uitsondering. Die rede… ek het ‘n voëltjie gehoor vluit effens voor sy tyd.
Die bekroonde liedjieskrywer Philip de Villiers het onlangs sy eerste musiek video opgeneem vir sy liedjie “Voor die TV”.
Die video gaan basies daaroor dat die karakter deur die televisie gejaag word. As jy daaroor dink dan is dit vir baie van ons die geval. Nogal ‘n goeie video as jy vir my vra.
Maar moenie my woord daarvoor vat nie gaan kyk self op die volgende skakel na die video:
http://youtube.com/watch?v=ZwhvLq_GtUU
As jy meer van Philip de Villiers se musiek wil hoor is daar ook musiek op sy webwerf om af te laai:
http://www.planetpip.com/
philip de villiers, vorie tv, televisie, ek hoor jou
08
Jun
Het jy al ooit gewonder hoe jy 20 jaar van nou af gaan lyk? Dit laat my altyd dink aan jou pa wat vir jou vertel hoe goed gebou hy was of jou tannie wat altyd vertel hoe maer sy was.
In 1984, het ‘n fotograaf met die naam Peter Feldstein gegaan en probeer om elke liewe persoon in Oxford, Iowa te fotografeer. Twee dekades later doen hy dit weer.
Vandag se webwerf bevat ‘n paar van die fotos. Dit is pragtige wit en swart fotos van mense nou en 20 jaar gelede. Tyd is die beste beeldhouer van almal…
Nogal ‘n goeie idee, dit mag dalk selfs ‘n fantastiese geskenk maak.
http://www.smithsonianmagazine.com/issues/20…
fotos, 20 jaar, beelhouer, familie
07
Jun
Hy was sonder twyfel een van die slimste mense van ons tyd. Meeste mensekan net aan die E=mc² formule dink as ‘n mens van hom praat… Ja ek praat natuurlik van Albert Einstein!
Die rede dat ek vandag oor hom skryf is dat wetenskaplikes besluit het om sy brein deeglik te ondersoek. Wat hulle gevind het was dat sekere gedeeltes van sy brein groter was as in ander mense van dieselfde ouderdom se breine.
Hulle het ook gevind sy brein meer “glial” selle bevat het wat sou gemaak het dat sy brein meer energie sou gebruik het.
Nogal ‘n interesante artikel, veral as die menslikke brein vir jou ook ‘n interresante gebied is..
http://www.int.iol.co.za/index.php?from=rs…
albert einstein, brein selle, inteligensie, biologie
06
Jun
“Ek is ‘n bondel opgewondenheid! My en Lize se eersteling, Lilah-Grace, is Maandag oggend 1:20 gebore. Sy’s bliksems mooi en fraai. Al sê sy nognie iets nie en al is haar ogies heeltyd toe vir die wêreld, weet ek sy hoor wat ek in haar oortjies fluister.
Op die kiekies blad is daar ‘n kiekie of twee van die nuweling.
Nuus op die cd front is dat studio tyd gebook is vir die nuwe cd, Sondeval. Hou maar julle ore op die grond vir die launch datums…”
Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om vir Abel en Lize baie geluk te sê met die nuwe kleinding. Mag sy nog vir julle baie blydskap bring.
Abel Kraamsaal het ‘n nuus inskrywing op sy offisiële webwerf gemaak waarin hy hy vir ons twee opwindende brokkies nuus oordra.
Eerstens natuurlik die nuwe kleinding en tweedens dat die nuwe CD in werking is, dit wil voorkom dat die nuwe album “Sondeval” genoem gaan word.
Al wat ek kan sê is dat ek nie kan wag nie. Dit is asof dinge net al hoe beter raak in Afrikaanse musiek, hopelik sal ons eendag kan terug kyk en lag oor al die bokkie bokkie bog wat tans ook op die rakke is. Daar is altyd plek vir goeie musiek en musikante!
http://www.abelkraamsaal.co.za/maintop.htm
afrikaans, abel kraamsaal, sondeval, afrikaanse musiek