05
Jun
Onthou jy toe jy klein was, hoe eenvoudig dinge was… eintlik praat ek bog, dinge was gekompliseerd op ‘n ander manier. Ek dink die grootste gedeelte hiervan is omdat jy die wêreld om jou leer ken.
In die proses kry kinders snaakse idees oor party dinge. Sommige van hulle glo dat pynappel jou tande gaan laat pyn terwyl ander kinders glo dat worsies van koeie se spene gemaak word… um… daar is geen manier waarop die goed kan opmaak nie…
Vandag se webwerf gaan oor daardie dinge waarin ons geglo het toe ons klein was. Die webwerf se naam is: “I Used To Belief” en bevat tonne en tonnevan hierdie tipe staaltjies.
Dit maak nogal vir interresante leesstof.
http://www.iusedtobelieve.com
glo, kinder stories, staaltjies, leer
03
Jun
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in Afrikaans in te haal:

Valiant Swart in London – “Die Impi Groep en SA-Times in samewerking met Rhythm Records stel bekend: Valiant Swart in London…
Nuwe Brand Bestryding – Ons almal het al, op een of ander tyd, ‘n veldbrand gesien, of dit nou ´n kleintjie was of ‘n grote, soos die een op die kant van Tafelberg so ‘n paar maande gelede…
100 Fotos – Vandag se inskrywing bevat ‘n skakel na die “Life Magazine” webwerf wat omtrent 25 van die…
Kleinste Kunswerke op Aarde – In die begin dae van Kuier.co.za het ek ‘n artikel gedoen oor klein mannetjie poppies wat oral op kos geplaas was en…
Kastele te Koop – Ek weet nie van julle nie, maar ek wou nog altyd ‘n kasteel van my eie gehad het. Nie ‘n huis wat in die form van ‘n miniatuur kasteel gebou word nie, ‘n regte…
Geniet die Naweek!
02
Jun
Ek weet nie van julle nie, maar ek wou nog altyd ‘n kasteel van my eie gehad het. Nie ‘n huis wat in die form van ‘n miniatuur kasteel gebou word nie, ‘n regte een uit die 15de eeu uit.
Dit is net asof daar iets romanties aan ou kastele is, en snaaks genoeg is dit nie iets wat ek al ontgroei het nie…
Vandag se webwerf beval ‘n taamlikke lang lys van kastele wat te koop is. Die advertensies het ook mooi fotos by, so dit is eintlik waarna ek kyk aan gesien daar geen manier op hierdie planeet is wat ek een van hierdie kastele kan bekostig nie.
Die lys bevat kastele al die pad van die 12de eeu tot omtrent by die 17de eeu. Daar is werklik iets in almal se smaak aangesien dit omtrent elke vorm van kasteel bevat.
Geniet hom!
http://www.wists.com/chateaux.html
kasteel, eeue, torings, eiendom
01
Jun
In die begin dae van Kuier.co.za het ek ‘n artikel gedoen oor klein mannetjie poppies wat oral op kos geplaas was en dan natuurlik afgeneem is.
Vandag se webwerf bevat fotos van een beter, vandag se mannetjies kan in die kop van ‘n speld pas…
Die kunstenaar se naam is Willard Wigan en is gebore in Birmingham, England in 1957 en sy werk is nou bekend as die kleinste kunswerke op aarde.
Daar word gesê dat hy ‘n stukkie stof in ‘n kunswerk kan verander, ek sou dink dat dit nogal iets is om op trots te wees.
Jy kan self een van hierdie “kunswerke” op die webwerf koop, maar hulle sê nerens wat dit kos nie… ‘n mens kan nie help om te wonder daaroor nie
http://www.willard-wigan.com/art.html
willard wigan, mikro kuns, kunswerke, afrikaans