Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir July, 2006

Afrikaans

Amanda Luyt Nuus


Gerhard - Musiek

Afrikaans“My nuwe cd DEEL VAN MY is sopas vrygestel en ek is baie opgewonde om aan te kondig dat ek nou ‘n trotse Select Musiek-kunstenaar is! Ek was lank van die toneel af – nie uit vrye keuse nie – soms is ‘n mens se omstandighede net sodanig dat jy sekere opofferings moet maak…”

Amada Luyt gesels oor haar nuwe cd “Deel van My”. Die cd bevat 17 snitte en bevat verskeie style om, volgens Amanda, vir “die luisteraar ‘n aangename en interessante luisterervaring te bied”.

Ek weet nie van julle nie, maar ek is bly oom weer een van die Afrikaanse musiek veterane in die kollig te sien. Daar is nie so iets soos te veel goeie Afrikaanse musiek en Afrikaanse kunstenaars nie.

Baie geluk met die nuwe cd Amanda! ;)

Bestel vir “Deel Van My” Vandag!

http://www.amandaluyt.co.za

amanda luyt, select musiek, afrikaanse musiek, deel van my

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Algemene Geselskap

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Pragtige Biologie – “Mooi” is gewoontelik nie die tipe woord wat ‘n mens saam met die woord “biologie” gebruik nie. Altans, dit was tot…

Teetyd Pret #14 – Vandag se teetyd pret speletjie se naam is “Wheels of Salvation”. Ek was nie in die begin baie geà?nteresseerd in hom nie, maar vind…

Die Toilet Papier Tydlyn – Ek weet dat ons voorheen gesels het oor hoe klein die aarde is, maar het jy al ooit gaan sit en dink hoe klein die rol is wat ons as mense speel in die totale geskiedenis van…

Pret met Paddas – Vandag se webwerf is maklik die vreemdste idee wat ek in ´n lang tyd gesien het. Die mense by die padda museum, het besluit om dooie…

Geniet die Naweek! :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Pret met Paddas


Gerhard - Interessanthede

Afrikaans“Paddas wat kaart speel, wat sit in ‘n kafee, in ‘n klaskamer, by die haarkapper of in soldaat uniform. Ontdek ons versameling van 108 verskillende paddas in satiriese omgewings van alledaagse lewe in 1850…”

Vandag se webwerf is maklik die vreemdste idee wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Die mense by die paddamuseum, het besluit om dooie paddas in allerhande posisies neer te sit.

Ek dink die rede dat dit so vreemd lyk is dat paddas nie nekke het nie. So wanneer jy so by die derde foto kom raak dit amper grillerig.

Ek weet darem nie of ek daarna sal gaan kyk nie…

http://www.museedesgrenouilles.ch/htm…

paddas, webwerf, padda museum, 1850

Afrikaans

Die Toiletpapier Tydlyn


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansEk weet dat ons voorheen gesels het oor hoe klein die aarde is, maar het jy al ooit gaan sit en dink hoe klein die rol is wat ons as mense speel in die totale geskiedenis van die aarde.

Wat die mense van vandag se webwerf gedoen het, is hulle het ‘n rol toiletpapier heeltemal afgerol en dit gebruik vir ‘n tydlyn vir die totale ouderdom van die aarde.

Dit beteken dat die rol toiletpapier omtrent 5 biljoen jaar voorstel…

Dit is vir my baie interessant dat die totale geskiedenis van die mens net die laaste 1mm van die papier gebruik. Wat ek ook hiervan hou is hoe hulle die tyd uitlê en nie net fokus op die mens nie.

Hoekom hulle toilet papier moes gebruik het sal ek ook nie weet nie, maar nog altyd interessant. ;)

http://www.worsleyschool.net/science/file…

tydlyn, toiletpapier, evolusie, wetenskap

Afrikaans

Teetyd Pret #14


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansVandag se teetyd pret speletjie se naam is “Wheels of Salvation”. Ek was nie in die begin baie geà?nteresseerd in hom nie, maar vind nou dat ek moeilik skryf aan hierdie inskrywing, aangesien ek tussen in probeer speel.. ;)

Die hoof plan is om na die oppervlak terug te keer, vanuit die dieptes van die grot (of watse gat dit ook al is). Dit is baie maklik om te speel, jy druk net die op pyltjie om te spring en jy kan links en regs druk saam met die op knoppie om effens na die kante te spring.

Jy moet basies van wiel tot wiel spring om bo uit te kom, maar dit raak nogal moeilik vêrder in die speletjie as die lawa begin rys na ‘n sekere tyd.

Groot pret! Geniet hom! :D

http://www.miniclip.com/games/wheels-of-salvation/en/

speletjie, ontsnap, teetyd pret, afrikaans

Afrikaans

Pragtige Biologie


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

Afrikaans“Mooi” is gewoontelik nie die tipe woord wat ‘n mens saam met die woord “biologie” gebruik nie. Altans, dit was tot vandag toe…

Vandag se webwerf bevat foto’s van alledaagse biologiese dinge, soos brood muf en vark vleis. Daar is ook natuurlik ander meer, nie algemene, foto’s van dinge soos proteà?ene en kanker selle.

Hierdie foto´s is werklik iets spesiaal, ek meen, wie sou gedink het dat Aspiriene so mooi sal wees onder ‘n mikroskoop…

Wat meer is, is dat die webwerf ook vir jou inligting gee saam met elke foto, so jy kan maklik die geleentheid gebruik om ‘n bietjie meer te leer oor jou omgewing.

http://www.wellcome.ac.uk/en/bia/gallery.html

foto, biologie, kanker selle, mikroskoop

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Die Nuwe Uitleg – So, Na drie weke se herontwerp, en intergrasie, is hy uiteindelik lewendig. Ek stel bekend: Die Nuwe Kuier.co.za …

Doellose Speelding – Ons is so gewoond dat alles wat vir ons vervaardig word ‘n spesifieke doel het. Ek dink dat dit om daardie rede is dat ons moelik vat kry aan iets soos die…

Teetyd Pret #13 – Vandag se Teetyd Pret is werklik prettig. Dit is een ding om ‘n karakter te laat trampolien spring, maar as daardie karakter nog kaal ook is… hehe…

Nuwe Advertensie Idee – CBS, die Amerikaanse televisie maatskappy gaan nou binnekort begin om advertensies op eiers te druk. Om alles te kroon gaan die…

Nicholis Louw Nuus – Soos die meeste van ons nou al weet is Nicholis Louw se webwerf onder konstruksie. Daar was wel een verandering onlangs, hy het nuwe…

Speel Plate met Papier – Het jy geweet dat jy kan na jou ou langspeel plate luister sonder om ‘n platespeler te gaan koop? Vandag se…

Geniet die Naweek! :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Speel Plate met Papier


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansHet jy geweet dat jy kan na jou ou langspeel plate luister sonder om ‘n platespeler te gaan koop?

Vandag se webwerf wys vir ons hoe om ‘n platespeler uit papier te maak. Dit lyk nie eers so ingewikkeld nie.

Die hele meganisme bestaan uit twee hoof dele, die basis en die horing waardeur die klank kom.

Die enigste tweed inge waaroor ek nie seker is nie is hoe lank iets soos dit sal hou en tweedens of ek sal mal wees daaroor om die heeltyd die plaat te moet draai ment my hand.

Dit is natuurlik ‘n uitstekende oplossing vir mense sonder elektrisiteit… :)

http://www.simonelvins.com/paper_record.html

langspeel plate, ou musiek, afrikaanse musiek, platespeler

Afrikaans

Nicholis Louw Nuus


Gerhard - Musiek

AfrikaansSoos die meeste van ons nou al weet is Nicholis Louw se webwerf onder konstruksie. Daar was wel een verandering onlangs, hy het nuwe toer datums op sy webwerf geplaas.

Van die plekke wat Nicholis in Augustus gaan besoek sluit vir Vanderbijlpark, Potgietersrus en Vioolsdrift in.

Die bladsy bevat ‘n volledige lys van plekke, datums en nommers om te skakel vir besprekings. Die lys is ongelukkig nie speifiek oor wie saam met Nicholis gaan optree nie.

Indien Nicholis Louw jou gunteling kunstenaar is en jy in die area is, kan jy altyd vir Elsie skakel op die volgende nommer (021) 701 0030 of haar vir haar ‘n epos stuur op elsje@select.co.za vir informasie.

Nicholis het ook ‘n uitstekende nuwe DVD uit met die naam “Rock Daai Lyfie, Live!“. Ek het dit nog nie self gesien nie, maar ek het nog net goeie dinge van hierdie DVD gehoor ;)

Bestel die DVD Vandag!

http://www.nicholislouw.co.za/

nicholis louw, afrikaanse musiek, kunstenaar,afrikaans

Afrikaans

Nuwe Advertensie Idee


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansHoeveel keer moet ek nou nog sê dat ek nou al alles gesien het… miskien moet ek maar net heeltemal ophou daarmee, wat dit wil vir my voorkom dat daar altyd iets nuut uit die bus sal val wat my van voor af sal verbaas.

Soos byvoorbeeld.. CBS, die Amerikaanse televisie maatskappy gaan nou binnekort begin om advertensies op eiers te druk. Om alles te kroon gaan die advertensies se bewoording ook iets met eiers te doen hê. Byvoorbeeld: “CSI: kraak hierdie saak op CBS”. (miskien nie heeltemal so suksesvol soos in Engels nie.. hehe)

Die maatskappy wat die drukwerk op die eiers doen sê dat hulle later die advertensies area ook spesifiek sal kan maak.

Ek moet toegee dat hierdie baie slim bemarking is, maar ek is net bang dat ons op die eiende van die dag nie meer ons rug sal kan draai sonder om in ‘n advertensie in te staar nie.

http://www.nytimes.com/2006/07/17/business/media…

eiers, cbs, advertensie, bemarking



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans