Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir August, 2006

Afrikaans

Fokofpolisiekar Nuus


Gerhard - Musiek

Afrikaans“Ek het Vrydag oggend saam met Brendan weer in Jozie gearriveer. Ek het vir die week by my girlfriend, Pini, in Kaapstad gaan kuier… Terug by die studio het niks verander nie… Als is klaar getrack en vandag is daar begin met die mixes… Een song gaan ‘Ndizak’ Uvuthela’ genoem word… Dan is daar nog ‘n week vir die res van ons oor. (in die studio) Dinge lyk goed!”

Hierdie is stukkies van die nuutste inskrywing by die Fokofpolisiekar webwerf. Hierdie inskrywing is maar net die nuutste van ‘n hele paar inskrywings wat amper daagliks gebeur op hulle webwerf op die oomblik.

Die rede hiervoor is dat Fokofpolisiekar tans in die ateljee is en besig is om hulle nuwe CD op te neem.. Yay!

Soos dit vir my lyk kan hierdie tipe inskrywings nog vir die volgende week of so verwag word, daarna is hulle klaar in die ateljee, so daar is geen manier vir my om te weet wat dan gebeur nie.

Ek kan regtig nie wag vir die nuwe CD nie! :D

http://www.fokofpolisiekar.co.za

Bestel vir “Brand Suid-Afrika” Vandag!

fokofpolisiekar, afrikaanse musiek, brand suid afrika, lugsteuring

Afrikaans

Teetyd Pret #17 (Soortvan)


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansEk het die volgende skakel op Die Emmers gekry. Nogal groot pret om jou eie, of ‘n vriend, se gesig te bou.

Hierdie is die naaste wat ek aan myself kon kom.. ek dink die ore sit te laag of is te klein. Iets is nie lekker op daardie prent nie, maar ek kan net nie my vinger daarop sit nie :P

Lekker Pret!

http://flashface.ctapt.de/

id foto, gesig, vriende, afrikaans

Afrikaans

Sand Beelde Met ‘n Verskil


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansEk het so ‘n paar weke gelede geskryf oor ‘n paar mense wat patrone uit hark in die sand en dan daaroor vlieg en foto’s daarvan neem.

Vandag se webwerf is weer in dieselfde lyn, behalwe, ek dink nie hier is enige harke betrokke nie… aan die anderkant, dit is dalk moontlik :P

Wat die mense by vandag se skakel doen is, is hulle maak fantastiese beelde uit sand uit. Normale sand wat jy op die strand kry.

Ek wil nie eers weet hoe lank dit van om sommige van hierdie beelde te bou nie…

Die feit dat dit net gaan weg waai oor ‘n paar dae, is net te erg vir my. Dit laat my baie dink aan daardie mense wat prente met bord kryte op die sypaadjie teken.

http://www.sandsational.com/sandsationalgallery.html

sand kastele, beelde, wind, kunstenaars

Afrikaans

Hou Jy Van Koffie?


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansHou jy van koffie? Is daardie koppie koffie die eerste ding waarmee jy jou dag begin? Indien jy “Ja” geantwoord het op daardie vrae, dan moet jy seker maar nie vêrder lees nie… :P

Daar is nou ‘n Brasiliaanse navorser wat sê dat koffie sy aroma van fungus af kry. Waarna hulle nou kyk is na watter fungus watter aromas van koffie veroorsaak.

Die fungus is blykbaar iets wat natuurlik in die koffie voorkom en is verantwoordelik vir geure soos: karamel, sjokolade en geroosterde koffie.

Hulle dink nou selfs daaraan moet fungus te kweek om ander smake in koffie te sit…

http://www.abc.net.au/news/newsitems/200608/s1724648.htm

koffie, fungus, geure, afrikaans

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Swaar Wolke – Het jy al ooit gewonder hoe swaar ‘n wolk is? Dan is vandag se inskrywing net vir jou…

Aanlyn Kantoor Werk – Google het oor die naweek ‘n nuwe diens vrygestel genaamd “Writely”. Wat Writely basies doen, is dit is soos Microsoft Word, maar is heeltemal aanlyn, so jy kan aan jou document werk, hom stoor en hom by die huis weer oop maak en weer aangaan met jou werk.

Mooi Modder Balle – Op Japanese laerskool gronde gebeur daar iets met die naam “hikaru dorodango”. Ek weet dit klink verskriklik, maar eintlik is dit vir hulle kinders soos wat dit vir die res van die wêreld is om sand kastele te bou…

Ek Het Jou Lief – Hierdie inskrywing laat my so baie dink aan daardie advertensie waar die ou en sy meisie op die stoep sit en hy vir haar romantiese woorde fluister…

Valiant Swart Nuus – Valiant gee vir ons meer agtergrond op sy onlangse CD “Horisontaal”. Hy gee vir ons meer agtergrond op die kunstenaars wat almal…

Geniet die Naweek! :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Valiant Swart Nuus


Gerhard - Musiek

Afrikaans“Valiant se nuwe album HORISONTAAL is onlangs uitgereik. Te midde van groot afwagting onder sy talryke aanhangers, het hy by bekendstellingsfunksies in Stellenbosch, Bloemfontein, Johannesburg en Pretoria ‘n album vrygestel wat resensente en ou volgelinge gaande het.

Met HORISONTAAL gaan die luisteraar weer op reis saam met die Mystic Boer deur sy sonderlinge rock ‘n roll troebadoer-landskap. Daar is liedjies oor die langpad en die liefde, kitare en dromme, laat nagte, diep riviere, sonsondergange, whisky, rooiwyn en blues, verlange, wye draaie, koue biere, hotelkamers, ou en nuwe vriende, afskeid neem, en eindelose reise.”

Valiant gee vandag vir ons meer agtergrond op sy onlangse CD “Horisontaal”.

Hy gee vir ons meer agtergrond op die kunstenaars wat almal op die CD verskyn het. Hierdie lys sluit vir Willem Fourie (Valiant se ou kitaar speler) en Henry Steel van Delta Blue in.

Daar is ook nog twee videos in pre-produksie vir die album. Ek het baie gehou van die video vir die titelsnit “Horisontaal”. (Indien jy dit nie geweet het nie, die video vir die titelsnit kom op die CD as jy hom koop)

Ek het vir Horisontaal gekoop toe dit uitgekom het. Ek kan eerlik sê dat dit een van my persoonlike top 5 plaaslike CDs van die jaar is.

http://www.valiant.co.za

valiant swart, horisontaal, afrikaanse musiek, musiek video

Afrikaans

Ek Het Jou Lief


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansVandag se inskrywing laat my so baie dink aan daardie advertensie waar die ou en sy meisie op die stoep sit en hy vir haar romantiese woorde fluister, wat dan natuurlik uitdraai om koffie name van reg oor die wêreld te wees.

Indien jy nog altyd die woorde “Ek het jou lief” in ‘n ander taal wou kon sê is vandag se webwerf dan net vir jou. Die webwerf bevat ‘n hele klomp tale se weergawe van hierdie woorde van liefde. (Ek wou tel, maar daar is net eenvoudig te veel.)

Ek voel net dat ek ook moet sê dat sommige van die tale nie baie romanties klink nie.. soos byvoorbeeld in Thai sou jy sê “Phom Rak Khun” en dan is daar natuurlik die Russe se “Ya lyublyu tebya”..

Dit hou seker maar ‘n spesiale plek in enige taal ;)

http://www.pinoyhack.com/2006/08/24/i-love-you-mo…

ek het jou lief, man, meisie, liefde

Afrikaans

Mooi Modder Balle


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansOp Japanese laerskool gronde gebeur daar iets met die naam “hikaru dorodango”. Ek weet dit klink verskriklik, maar eintlik is dit vir hulle kinders soos wat dit vir die res van die wêreld is om sand kastele te bou.

Hikaru dorodango is die proses waarin hierdie kinders modder vat, dit in ‘n bal in rol en dit droog maak en poleer. Die uiteinde is ‘n baie indrukwekkende blink bal.

Ek kan dink dat dit baie werk moet vat om ‘n stuk modder so te laat lyk, maar dit is iets wat blykbaar daagliks gebeur.

Vandag se webwerf bevat ‘n paar foto´s van hierdie “hikaru dorodango” balle…

http://www.dorodango.com/gallery.html

hikaru dorodango, modder balle, indrukwekkend, japanees

Afrikaans

Aanlyn Kantoor Werk


Gerhard - Tegnologie

AfrikaansGoogle het oor die naweek ‘n nuwe diens vrygestel genaamd “Writely”.

Wat Writely basies doen, is dit is soos Microsoft Word, maar is heeltemal aanlyn, so jy kan aan jou document werk, hom stoor en hom by die huis weer oop maak en weer aangaan met jou werk.

Writely het ook ‘n paar ander funksies wat ek baie bak gevind het. As jy hom so gestel het, kan jy en jou kolegas almal saam werk aan een dokument.

Nog ‘n eerste vir Writely is die feit dat jy jou bestaande MS Word document kan oplaai en dit dan aanlyn kan verander en dit dan weer stoor op jou eie rekenaar as ‘n MS Word dokument.

Ek kan dink dan Microsoft dalk nie so gelukkig hieroor kan wees nie…

http://www.writely.com

microsoft word, writely, dokumente, afrikaans

Afrikaans

Swaar Wolke


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansHet jy al ooit gewonder hoe swaar ‘n wolk is? Dan is vandag se inskrywing net vir jou…

Peggy LeMone, ‘n senior wetenskaplike by die Nasionale Instituut vir Atmosferiese Navorsing in Colorado, Amerika het die somme gedoen. Die antwoord is ontsettend interessant. “Die water in ‘n klein wolkie weeg omtrent 550 ton.”

550 Ton… dit is omtrent die gewig van een honderd Olifante.

So, hoeveel “Olifant eenhede” van water is daar in ‘n groot storm wolk? Die tipe wolke wat maklik 10 keer groter is a jou normale Sondag middag wolkie? LeMone het weereens die somme gedoen en die antwoord is: Omtrent 200,000 elephants.

‘n Baie interessante artikel in my opinie. Dit is nogal snaaks hoe ons nooit dink oor die alledaagse dinge rondom ons nie…

http://www.wsi.com/corporate/newsroom…

wolke, gewig, olifante, swaar wolke



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans