19
Aug
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Die Panda Hond – Vandag se inskrywing is beslis meer vir die dames. Hierdie super oulike Panda hondjie is die nuutste in .n reeks “ontwerper honde”…
Philip de Villiers Lentedag Konsert – Philip de Villiers, Lentedag konsert by Die Kunskafee, Durbanville (1 September, 21h00)…
Bootjie van Papier – So wat maak jy as jy baie graag op ´n rivier wil gaan sit in jou eie roei bootjie, naar jy kan nie bekostig om ‘n bootjie te koop nie?
Teetyd Pret #16 – Vandag se teetyd pret is ´n bietjie moeiliker as gewoonlik, maar definitief groot pret. Die speletjie se naam is…
Geniet die Naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
18
Aug
Vandag se teetyd pret is ‘n bietjie moeiliker as gewoonlik, maar definitief groot pret.
Die speletjie se naam is “Tube Racer” en is basies ‘n mannetjie wat op ‘n ronde skyf staan en sweef deur ‘n tonnel.
Daar is natuurlik allerlei obstruksies in die tonnel waaroor jy moet spring, of waarvoor jy moet uitswaai of bug. Die plan is om te sien hoe vêr jy kan kom sonder om jou lewe te verloor in die tonnel.
Om die mannetjie te beheer is ook baie maklik, jy gebruik net die pyltjies op die sleutelbord. Links en Regs, en as jy wil spring of buk is dit die op en af sleutels.
My beste so vêr is 149… geniet hom
http://www.venusarcade.com/Tube-Racer.htm
17
Aug
So wat maak jy as jy baie graag op ‘n rivier wil gaan sit in jou eie roei bootjie, naar jy kan nie bekostig om ‘n bootjie te koop nie?
Maklik, jy maak een uit koerant papier!
‘n Dominee van Pinawa Manitoba Kanada wou gaan roei het, so toe bou hy vir hom ‘n roei bootjie uit ‘n plaaslike koerant, muurpapier gom en waterdigte verf.
Ek moet nogal sê die bootjie lyk nogal stewig as ek so na die foto kyk. Ek wonder wat die leeftyd van ‘n bootjie soos die is?
hehe.. 1, 2, 3, 4 bootjies van papier…
http://www.flickr.com/photos/25553444@N00/216150564/
koerant papier, kreatief, roei boot, kanada
16
Aug
“Philip de Villiers – Lentedag konsert by Die Kunskafee, Durbanville (1 September, 21h00)
Sy musiek sal jou tref soos ‘n vars lentebriesie. Nog voordat sy voortreflike debuut op die rakke was, word verskeie snitte soos Ek hoor jou en Jy’s nie rêrig weg nie gereeld op RSG, Jacaranda FM en OFM gehoor. Die video van sy liedjie Vorie TV het deesdae die hele land aan die praat. En na sy verskyning op Kwêla hoef niemand meer te raai wie hy is nie. Kobus Burger van Beeld skryf in Maart 2006: “Ek weet dit is reeds vroeg in die jaar, maar in 2006 glo ek sal elke liefhebber van musiek minstens een eksemplaar van Philip de Villiers se Ek hoor jou moet besit.” Mariana Malan van Die Burger beskryf hom ook as “‘n kunstenaar wat getuig van gesofistikeerdheid.” Kom kyk wat Philip uit ‘n klavier en trekklavier kan toor, in ‘n produksie wat sy veelsydigheid ontgin as ‘n sanger en storieverteller. Moenie nog ‘n aand VORIE TV sit nie!! Kom kyk na hierdie man in aksie! Hy is sopas terug van Kanada, waar die mense gaande was oor sy musiek. As hy goed genoeg vir hulle is, is hy goed genoeg vir ons!”
Ek reken daar is nie veel meer wat ek kan by sê nie, behalwe dat julle my woorde moet merk, Philip de Villiers gaan nog vir groot dinge sorg!
As jy in die Kaap woon, bespreek gerus by 0824562210 of 979-3131 of lize@diekunskafee.co.za.
Die kaartjies kos R50 per persoon.
Bestel vir “Ek hoor jou” Vandag!
philip de villiers, vorie tv, afrikaanse musiek, ek hoor jou
14
Aug
Vandag se inskrywing is beslis meer vir die dames. Hierdie super oulike Panda hondjie is die nuutste in ‘n reeks “ontwerper honde”.
Hierdie oulike skepseltjie kos in die rondte van R6500, maar moenie geflous wees nie, die hondjie word nie so gebore nie.
Die Panda hond is ‘n Maltese Poedel teëling, en die eienaar het sekere gedeeltes van hom swart gekleur om hom soos ‘n panda te laat lyk.
Ek sou daaraan kon dink om ‘n hond soos hierdie te gekry het as hy standaard soos ‘n panda gelyk het, maar om hom te moet inneem om nog te kleur ook.. ek weet darem nie.
Ek is ook nie seker of enige hond soveel werd is nie, maar dit is maar net my eie voorkeure…
http://www.nbc10.com/news/5418893/detail.html
panda hond, maltese poedel, troeteldiere, panda
12
Aug
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Kerrie is Breinkos – Deur seker kerrie disse te eet, kan bejaarde mense hulle brein funksie verbeter. Dit is wat wetenskaplikes by die Universiteit van Singapoer vir ons sê. Blykbaar is daar…
Fokofpolisiekar Nuus – Uiteindelik ‘n bietjie nuwe nuus vanaf die Fokofpolisiekar Bende. Ek is so bly om te hoor dat daar ‘n nuwe vol-lengte CD oppad is! Ek was bevoorreg genoeg om ook by een van die winter…
Hoe Groot? – Het jy al ooit gewonder hoe dit sou wees as alledaagse dinge, soos voertuie of selfs insekte, se groottes skielik moes verander?
Teetyd Pret #15 – Net somtyds mis ek nogal daardie lekker skool vakansies waar ek rustig saam met al jou maats voor die TV speletjies gesit en speel het…
Geniet die Naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
11
Aug
Net somtyds mis ek nogal daardie lekker skool vakansies waar ek rustig saam met al jou maats voor die TV speletjies gesit en speel het. Ons het weke so om gespeel.
Waarvan ek nou praat was natuurlik voor die dae van die Playstation, dit was nog sulke Nintendo klone waarmee ons gespeel het.
As daardie ook die tipe speletjies is waarvan jy gehou het om te speel, is vandag se Teetyd Pret net vir jou. Die speletjie se naam is “Heli Attack 3″.
Dit is ‘n soldaat wat jy moet laat stap deur ‘n baan en dan ook natuurlik skiet om van die vyande ontslae te raak.
[A] is om links te gaan, [D] is om regs te gaan, [W] is spring en [S] is kruip. Jy gebruik die muis om mee te mik en te skiet. Jy kan ook die wapen vernader deur [E] te druk.
Lekker Speel!
http://www.miniclip.com/games/heli-attack-3/en/
teetyd pret, heli attack 3, playstation, tv speletjies
10
Aug
Het jy al ooit gewonder hoe dit sou wees as alledaagse dinge, soos voertuie of selfs insekte, se groottes skielik moes verander.
Ek weet, nie eintlik die tipe ding waaraan ‘n mens normaalweg dink nie…
Vandag se webwerf bevat die werk van ‘n groep mense wat wel hieroor gaan dink het. Sommige van hierdie prente is baie interessant.
Hulle het die prente geskep vir ‘n Worth1000.com kompetisie. Een van die plekke waar ek graag gaan as ek interessante prente soek om na te kyk.
Miskien is hierdie soos daardie advertensie op TV, jy weet die een waar die ouens ‘n meisie moet kry… of miskien nie…
http://www.worth1000.com/cache/contest/contestcache…
fotos, groottes, photoshop, manipulasie
08
Aug
“Baie dankie vir die support by ons acoustic winter shows. Dit was goeie tye. Justin se laaste show is verby en Snake is terug vir die recording en sy eerste volle show by Oppikoppi. Ons het baie lekker tye saam met Justin gehad en hy het ons ongelooflik gehelp die laaste ses maande…
Die songs vir die res van die album is klaar geskryf en ons move 8 Augustus by B-Sharp in die studio in. Ons gaan weer ‘n in studio diary op ons site hê en jy kan dit dag vir dag uit check. Hou dit dop om te sien wat ons maak…”
Uiteindelik ‘n bietjie nuwe nuus vanaf die Fokofpolisiekar Bende. Ek is so bly om te hoor dat daar ‘n nuwe vol-lengte CD oppad is!
Ek was bevoorreg genoeg om ook by een van die winter akoestiese optredes te wees. Justin was so gemaklik in die band, en as ‘n fan wil ek ook vir hom dankie sê sat hy vir snake in gestaan het!
Van die ander nuus wat ook op die webwerf gegee het is dat die Brand Suid-Afrika video tans op MK89 se 6@6 program speel, en dat ons moet stem daarvoor.
Dan is daar ook sprake van ‘n optrede in London in November…
Dit lyk darem asof alles goed gaan in die Fokofpolisiekar kamp, ek meen, ‘n besige groep is ‘n suksesvolle een
Bestel vir “Brand Suid-Afrika” Vandag!
http://www.fokofpolisiekar.co.za
fokofpolisiekar, afrikaanse musiek, brand suid-afrika, afrikaans
07
Aug
Deur seker kerrie disse te eet, kan bejaarde mense hulle brein funksie verbeter. Dit is wat wetenskaplikes by die Universiteit van Singapoer vir ons sê.
Blykbaar is daar chemikalie in kerrie wat die effekte van Alzheimer’s verminder en tydelike verbetering in dinkvermoë veroorsaak.
Wat nog beter is, is die feit dat ‘n mens net elke nou en dan hoef kerrie te eet om ‘n verbetering te kan agterkom.
Op die oomblik is hierdie “behandeling” nog in toets fase, maar ons hoop dat hulle bevindings reg was, aangesien dit na ‘n smaaklike oplossing kan lei vir Alzheimer’s pasiënte.
http://www.newscientist.com/article/mg19125…
kerrie, menslikke brein, alzheimers, behandeling