05
Aug
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Amanda Luyt Nuus – My nuwe cd DEEL VAN MY is sopas vrygestel en ek is baie opgewonde om aan te kondig dat ek nou ‘n trotse Select Musiek-kunstenaar is! Ek was lank van die toneel af – nie uit…
Die Slim Eiers – Dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, maar sommige van ons sukkel net eenvoudig om ‘n eier reg gekook te kry. Ek is mal oor gekookte eiers, maar…
Skenk Bloed Vandag – Bloed is iets waarvan ons nie baie het in Suid Afrika nie, laat ek dit so stel, ons het baie, maar dit word nie geskenk nie, om een of ander rede is ons te bang…
Gratis Aanlyn Radio – Ek het vir die eerste keer, vandat ek my hom 2 jaar gelede gekry het, begin om my iPod behoorlik te gebruik. Deur een van my mede werkers het ek…
Skakel My Selfoon – So drie jaar gelede het ek in ´n sellulêre kontak sentrum gewerk waar ek daagliks tussen 100 en 130 oproepe geneem het. Onder die mense wat ons geskakel het was diegene wat graag wou belangrik klink…
Geniet die Naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
04
Aug
So drie jaar gelede het ek in ‘n sellulêre kontak sentrum gewerk waar ek daagliks tussen 100 en 130 oproepe geneem het. Onder die mense wat ons geskakel het was diegene wat graag wou belangrik klink op hulle selfone.
Dit werk so, die reëls was dat indien iemand jou skakel, kan jy sy nommer op die rekenaar skerm sien en indoen sy oproep sou eindig sonder rede, dan moes jy hom terug skakel. So wat hulle gedoen het was, hulle skakel jou, en dan eindig hulle die oproep net nadat jy hello gesê het. dan moet jy hom terug bel. Wanneer hy antwoord, praat hy met jou asof jy ‘n baie ou vriend is…
Indien daardie idee vir jou na ‘n goeie een klink is vandag se webwerf net die ding vir jou. Dit is ‘n aanlyn dien wat jy kan stel om op ‘n sekere tyd vir jou te skakel.
Hulle sê dat jy dit kan gebruik om uit vergaderings uit te kom, maar ek sien iets baie meer belaglik…
http://popularitydialer.com/index.php
selfoon, kontak sentrum, kliente, afrikaans
03
Aug
Ek het vir die eerste keer, vandat ek my hom 2 jaar gelede gekry het, begin om my iPod behoorlik te gebruik.
Deur een van my mede werkers het ek “podcasting” (of soos sommige Afrikaanse webwerwe daarna verwys “potgooie”) ontdek.
‘n Potgooi is maar basies net radio, op jou iPod. Die verkil lê daarin dat jy kan kies na wat jy wil luister en wanneer jy daarna wil luister.
Soos die meeste dinge daar buite is daar goeie en slegte aanlyn radio programme. Die een wat ek nou volg is die “Penn Jillette Show”. Behalwe vir die feit dat hierdie een gratis is, is dit ook van die beste radio waarna ek in ‘n lang tyd geluister het.
Penn Jillette is ‘n professionele kulkunstenaar in Las Vegas, hy het ook ‘n televisie program en hierdie potgooie word in iets soos vier stede in Amerika uitgesaai. Dit is baie interessant en is lekker snaaks op party kolle.
Op sy webwerf kan jy die nuutste vyf episodes aflaai, maar jy kan altyd op itunes gaan om ouer episodes te kry.
Dit is vir my ontsettend lekker om te kan sit en radio luister terwyl ek werk.
http://www.pennradio.com/
podcasting, potgooi, ipod, aanlyn radio
02
Aug
Bloed is iets waarvan ons nie baie het in Suid Afrika nie, laat ek dit so stel, ons het baie, maar dit word nie geskenk nie, om een of ander rede is ons te bang…
Griep is natuurlik die grootste vyand van die bloed bank in die winter. Om daardie rede is dit belangrik dat ons wat kan skenk, ‘n paar minute van ons dag moet afknyp en ons deel gaan doen om iemand se lewe te red.
Vandag se webwerf bevat ‘n lys van dinge wat jy kan doen, om jou bloed skenk ondervinding so aangenaam as moontlik te laat verloop.
Dit is deur die Rooi Kruis uitgebring, so jy kan dit maar vertrou…
http://www.givelife2.org/donor/tips.asp
bloed, rooi kruis, bloed tekort, hospitaal
01
Aug
Dit maak nie saak hoe hard jy probeer nie, maar sommige van ons sukkel net eenvoudig om ‘n eier reg gekook te kry.
Ek is mal oor gekookte eiers, maar die eier is altyd nog pap of heeltemal blou gekook teen die tyd wat ek klaar is.
Vandag se webwerf het dalk die oplossing. Hierdie “Slim Eiers” het een of ander chemikalieë om die dop en wanneer jy hulle kook, raak die dop swart wanneer die eier reg is om te eet.
Die eiers kom ook in drie verkillende variante uit, “Sag”, “Hard” en “Medium”.
Nou moet ons net wag dat dit op ons rakke beskikbaar word
http://www.timesonline.co.uk/article/0,,2-2292596,00.html
slim eiers, gekookte eiers, ontbyt, afrikaans