Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir September, 2006

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Stoom Fietse – Ek onthou toe ek kleiner was, het ek en my maats altyd gewens dat ons fietse enjins in kon hê…

Teetyd Pret #18 – Ek dit dat dit is hoog tyd vir ‘n teetyd pret inskrywing. Ek dink dat dit veral gepas is vir hierdie kort week waarin niemand lus is vir werk nie…

Fokofpolisiekar Nuus – Goeie nuus vir die mense wat al ‘n week of twee wag vir Swanesang. Ek werk al op die senuwees van die CD winkels van die 15de af…

Verken met Google Earth – Google Earth het die wêreld met ´n storm gevang. Ek onthou toe ek die eerste keer my hander daarop gekry het, ek het ure lank gesit en soek vir alles van my huis af tot by die piramides in Egipte…

Geniet die Naweek! :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Verken met Google Earth


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansGoogle Earth het die wêreld met ‘n storm gevang. Ek onthou toe ek die eerste keer my hander daarop gekry het, ek het ure lank gesit en soek vir alles van my huis af tot by die piramides in Egipte.

Vandag se webwerf het gegaan en ‘n lys gemaak van die 10 beste dinge wat jy kan doen op Google Earth.

Wat dit nog beter raak is dat hy vir jou verduidelik hoe om elkeen van hierdie stappe te doen.

Voorbeelde is “Soek vir ‘n vliegtuig in vlug” (hulle het al so vêr 347 vliegtuie so gekry) of “soek vir snaakse voorwerpe”.

Nogal ‘n interessante webwerf as jy tyd het om te gaan sit en verken…

http://www.googleearthhacks.com/ten-things-with-Google-Earth/

google earth, soek, vliegtuie, vreemde foto’s

Afrikaans

Fokofpolisiekar Nuus


Gerhard - Musiek

Afrikaans“Hey dudes.

SWANESANG is op die rakke. As hy nog nie in jou local winkel is nie, vra vir hulle om dit te bestel.

Daar was ‘n gemors met die eerste klomp booklets so die Cd is bietjie later uit as wat hy moes.

Check die gig guide uit vir details oor al die launch shows. Ons jol in Bloem, Potch en ‘n paar shows in JHB en PTA. Sien julle daar!

O, ja en die nuwe website sal een van die dae op wees.”

Goeie nuus vir die mense wat al ‘n week of twee wag vir Swanesang. Ek werk al op die senuwees van die CD winkels van die 15de af.

Ek sal die naweek weer ‘n draai by die winkels gaan maak en hopelik het ek dan iets nuuts om na te luister in Afrikaans.

Ek hoop net nie hierdie is ‘n finale CD nie, met ‘n naam soos daardie is net nie baie seker nie. Die bende moet maar vir ons laat weet oor daardie een ;)

http://www.fokofpolisiekar.co.za/

fokofpolisiekar, swanesang, afrikaanse musiek, brand suid-afrika

Afrikaans

Teetyd Pret #18


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansEk dit dat dit is hoog tyd vir ‘n teetyd pret inskrywing. Ek dink dat dit veral gepas is vir hierdie kort week waarin niemand lus is vir werk nie. :)

Vandag se speletjie word genoem: “disorientation”. Die plan is om jou pyltjies te gebruik om van punt A na punt B te kom. Die probleem begin op die derde vlak as alles begin draai terwyl jy loop.

Ek moes ‘n paar keer mooi dink voor ek stap. O ja as jy in die mure instap dan gaan jy dood, so lig loop. :P

http://www.mousebreaker.com/games/disorien…

disorientation, teetyd, pret, speletjie

Afrikaans

Stoom Fietse


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansEk onthou toe ek kleiner was, het ek en my maats altyd gewens dat ons fietse enjins in kan hê.

Dit het natuurlik gewoontelik geëindig met ‘n plastiek bottel bokant die agterwiel of ‘n plastiek plaatjie in die agter speuke wat daar gebly het met die hulp van ‘n wasgoed pennetjie.

Min het ons geweet dat iemand anders al jare gelede ook daardie droom gehad het om ‘n gewone fiets te hê wat homself kon trap.

Ek voel ek moet net sê dat ek nie heeltemal so seker is oor hierdie fiets nie, hy is stoom aangedrewe, so jy moet seker vuur maak in hom. Ek is nie mal oor daardie idee nie.

Vandag se webwerf bevat ‘n reeks foto’s en sketse van stoom aangedrewe fietse. Die oudste een is tussen 1868 en 1869 uitgebring.

Nogal ‘n interessante kyk na die verlede.

http://www.makezine.com/blog/archive…

fiets, trap, kinders, stoom

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Foto’s van die Heelal – Teen hierdie tyd weet julle seker al dat ek absoluut mal is oor die ruimte. Elke liewe artikel waarop ek my hande kry, word gelees. Elke liewe foto word bekyk en gestoor vir later…

Algemene Kennis Pret – Hou jy ook daarvan om algemene kennis vrae te antwoord en in die proses te leer? Persoonlik is ek mal daaroor…

Munt Masjiene van Japan – Ons almal ken die munt masjien by die algemene handelaar of die een by die flieks. Hulle almal verkoop maar koeldrank of lekkergoed. In Japan het hulle natuurlik…

Nicholis Louw Nuus – Dit wil vir my voorkom asof Nicholis Louw ‘n wenner hier het. Almal waarmee ek al gesels het, wat die DVD gekoop het, dink dat dit die beste Afrikaanse DVD is waarop hulle nog hulle hande gekry het…

Baie Krom Feite – Ek het gister sekerlik die beste webwerf op die internet gevind. Sy naam is “Uncyclopedia” en is net soos Wikipedia ‘n aanlyn inligting bron wat deur die gebruikers opgedateer word…

Geniet die Naweek! ;)

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Baie Krom Feite


Gerhard - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansEk het gister sekerlik die beste webwerf op die internet gevind. Sy naam is “Uncyclopedia” en is net soos Wikipedia ‘n aanlyn inligting bron wat deur die gebruikers opgedateer word.

Die enigste verkil met Uncyclopedia is dat al die inligting heeltemal onakkuraat is, soos in heeltemal.

Net om vir jou ‘n voorbeeld te gee:

“Die grootste besigheid sektor in Nigerië is aanlyn finansiële oorbetalings. Die algemene Nigeriër se werk behels die oorbetaling van miljoene aan gelukkige Amerikaners vir ‘n bankfooi van $100 000″

“Kaapstad is die eerste plek in die wêreld wat ‘n onsigbare brug het…”

“Robin Eiland was vernoem na Batman se getroue helper, Robin. Robin Eiland was daarna gebruik vir ‘n tronk en is net soos Alcatraz, behalwe dat die water rondom taamlik kouer is.”

Hierdie webwerf het al vir my vir ure besig gehou en ek is seker sal dieselfde vir jou doen. ;)

http://ww.uncyclopedia.org

uncyclopedia, naslaan, kennis, wikipedia

Afrikaans

Nicholis Louw Nuus


Gerhard - Musiek

Afrikaans“Nicholis Louw se DVD wat op 2 Mei 2006 by die Sand du Plessis in Bloemfontein voor ‘n gehoor opgeneem is het al amper Platinum status bereik. Dit is die top verkoper van enige Afrikaanse DVD tans in Suid-Afrika. Wat dit nog meer indrukwekkend maak is dat net Pink Floyd en Elvis op die oomblik beter as Nicholis verkoop. Beslis ‘n deurbraak vir Afrikaanse DVD’s.”

Dit wil vir my voorkom asof Nicholis Louw ‘n wenner hier het. Almal waarmee ek al gesels het, wat die DVD gekoop het, dink dat dit die beste Afrikaanse DVD is waarop hulle nog hulle hande gekry het.

Indien jy een van die min mense is wat nog nie die DVD het nie, is nou dalk die tyd om in te belê.. ;)

Ek sien ook dat jy nou na splinternuwe webwerf toe gaan as jy na nicholislouw.co.za toe gaan.

As dinge so aan gaan vir Nicholis sien ons hom een van die dae in die Huisgenoot waar hy spog met ‘n nuwe wildsplaas in die Karoo. :P

Bestel “Rock Daai Lyfie, Live!” Vandag!

http://www.platinumpromosies.co.za/artist.php?artid=7

nicholis louw, afrikaanse musiek, dvd, top verkoper

Afrikaans

Munt Masjiene van Japan


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansOns almal ken die munt masjien by die algemene handelaar of die een by die flieks. Hulle almal verkoop maar koeldrank of lekkergoed.

In Japan het hulle natuurlik weer een stappie te vêr gegaan.

Vandag se webwerf bevat ‘n lys van munt masjiene in Japan met foto´s, en laat ek maar vir jou voorberei, daar is eienaardige masjiene in die lys.

Om net vir jou ‘n idee te gee, een van die masjiene verkoop hardgekookte eiers terwyl ‘n ander een visvang toebehore verkoop.

Die mense in die ooste weet darem hoe om die maksimum geld uit iets te kan maak!

http://www.photomann.com/japan/machines/index.htm

munt masjiene, handelaar, geld, gemak

Afrikaans

Algemene Kennis Pret


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansHou jy ook daarvan om algemene kennis vrae te antwoord en in die proses te leer? Persoonlik is ek mal daaroor.

Vandag se webwerf is net reg vir daardie tipe ding. Hy gee vir jou ‘n vraag, en jy moet kies tussen “ja” en “nee”, dan sê hy vir jou of jy reg of verkeerd was met die korrekte antwoord.

Ek het in omtrent vyf minute die volgende geleer:

  • Die woord Sushi verwys na die rys en nie die vis nie.
  • Dolly, die gekloonde skaap was vernoem na Dolly Parton
  • Die film “Scarface” hetnie die rekord vir die meeste gebruik van die F-woord in ‘n film nie.
  • Afghanistan vervaardig die meeste Opium in die wêreld

Dink net wat jy kan leer as jy langer met hom gaan sit!

http://www.blufr.com

algemene kennis, feite, slim, antwoord



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans