30
Oct
Vandag se webwerf praat oor die konsep om weerlig kunsmatig te vang uit ‘n natuurlike weerlig storm.
As jy na die foto op hulle webwerf kyk sal jy ‘n massiewe breë strook lig bokant die toring sien afkom. Die manier waarop hulle dit reg kry is deur ‘n vuurpyl met n koper draad aan in die storm wolke in te skiet.
Op hierdie stadium doen hulle dit blykbaar net vir navorsings doeleindes. Ek kan net nie help om te wonder of ‘n mens nie dalk elektrisiteit daaruit kan vang en stoor nie.
Dit sal darem baie geld kan spaar!
http://www.nist.gov/public_affairs/colloquia/20050401.htm
weerlig, elektrisiteit, wetenskap, navorsing
28
Oct
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

20 Snaakse Idees – Die internet is natuurlik vol van baie slim mense, maar saam om die balans te hou, is daar natuurlik ook die minder slim mense aanlyn…
Die Pad van Ou Skepe – Net die ander dag het ek gewonder wat van motors word as hulle tyd verby is. Ek meen ek weet natuurlik van skrootwerwe, maar ek het nog nooit…
Die Ware Da Vinci – Leonardo Da Vinci was natuurlik een van die beste kunstenaars van ons tyd. Bo op die kuns was daar ook die uitvindsels…
Valiant Swart Nuus – Enige iemand wat nou al kans gehad het om na Horisontaal te luister sal beslis saam stem dat hierdie toekenning beslis aan die regte kunstenaar en album gegaan het…
Teetyd Pret #21 – Ek weet nie of ek dit al gesê het nie, maar aanlyn speletjies raak darem maar goed deesdae. Shoe, ek meen, die speletjie wat ek vandag gekies het…
Geniet die Naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
27
Oct
Ek weet nie of ek dit al gesê het nie, maar aanlyn speletjies raak darem maar goed deesdae. Shoe, ek meen, die speletjie wat ek vandag gekies het vir Teetyd Pret is so naby aan ‘n speletjie wat ek so n paar jaar op my rekenaar by die huis gespeel het.
Die enigste verskil wat dat ek daardie een moes installeer en dat dit baie swaar was op my stelsel.
Dit is seker maar die manier waarop tegnologie werk.
In elk geval… vandag se speletjie se naam is “Skyboard”. en jy is basies op ‘n skaatsplank wat dryf op die lug.
Om hom te beheer, druk jy net vorentoe en na die kante toe waarheen jy wil draai. So maklik soos dit
http://www.miniclip.com/games/skyboard/en/
teetyd pret, speletjie, skaatsplank, afrikaans
26
Oct
“Horisontaal het by die pas afgelope Huisgenoot Skouspel in die Sun City Superbowl die Huisgenoot Tempo-toekenning vir Gunsteling Rock Album 2006 verower. Die ander albums in dieselfde kategorie was Jan Blohm se Stille Runaway en Anton Goosen se Groenblomme. In die Gunsteling Rockgroep kategorie, waarin Valiant en Jan Blohm ook finaliste was, het Ghapi met die louere weggestap. Die toekennings word gemaak op grond van stemme soos deur lesers uitgebring.”
Enige iemand wat nou al kans gehad het om na Horisontaal te luister sal beslis saam stem dat hierdie toekenning beslis aan die regte kunstenaar en album gegaan het.
Moenie vir my verkeer verstaan nie, ek is ook ‘n groot Jan Blohm aanhanger, maar Valiant het beslis ‘n wenner hier.
Baie geluk Valiant!
http://www.valiant.co.za/
horisontaal, valiant swart, afrikaanse musiek, jan blohm
25
Oct
Leonardo Da Vinci was natuurlik een van die beste kunstenaars van ons tyd. Bo op die kuns was daar ook die uitvindsels.
Baie mense weet dat Da Vinci ‘n uitvinder was en dat hy tonne sketse gehad het van apparate en masjiene wat nou eers gebou word, maar weet jy regtig hoe fantasties sommige van sy uitvindsels was?
Vandag se webwerf bevat Leonardo Da Vinci se top 10 uitvindsels. Werklik ‘n uitstekende versameling van een van die slimste mense van ons tyd.
http://www.livescience.com/history/davinci…
da vinci, uitvindsels, idees, kunstenaar
24
Oct
Net die ander dag het ek gewonder wat van motors word as hulle tyd verby is. Ek meen ek weet natuurlik van skrootwerwe, maar ek het nog nooit ‘n motor daar gesien wat nie in ‘n ongeluk was nie. Ek meen, eindig hulle almal op iemand se voor gras op en vergaan so?
Dit wil vir my voorkom dat dit dalk is wat met passasiers skepe gebeur. Daar is ook skeep skrootwerwe, maar vandag se webwerf fokus spesifiek op passasiers skepe, en wat met hulle gebeur voordat hulle uit mekaar gekap word.
Die webwerf bevat lekker baie foto´s van die kamers en sale binne in hierdie skepe. Dis baie interessant hoe die dekor style verander het deur die tye.
I baie interessante webwerf!
http://www.maritimematters.com/mall_alang_pk.html
skepe, foto’s, skrootwerf, passasiers
23
Oct
Die internet is natuurlik vol van baie slim mense, maar saam om die balans te hou, is daar natuurlik ook die minder slim mense aanlyn.
Vandag se webwerf bevat die top 20 mees idiotiese idee wat ek al in ‘n baie lang tyd gesien het. Ek dink dat wat dit so erg maak is dat hierdie mense duidelik reken dat hierdie “uitvindsels” is met stappe by vir hoe om dit self te maak.
Ek wonder of sommige van hierdie uitvindsels nie dalk ‘n poging vir satire is nie, want ek kan nie glo dat mense tyd hierop spandeer het nie.
Miskien is ek ook maar net te krities, wie weet…
http://funny-town.blogspot.com/2006/10/absol…
uitvind, ontwerp, idioot, intelligent
21
Oct
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Die Eerste Rekenaar Muis – As jy nou besig is om hierdie inskrywing te lees, gebruik jy 10 teen 1, nee wag, 100 teen 1 ‘n rekenaar muis…
Teetyd Pret #20 – Vandag se teetyd pret speletjie het ek nogal prettig gevind. Sy naam is “Jingo” en hoe dit werk is dat jy die rye moet skuif (op/af en links/regs) om drie van ‘n spesifieke kleur bymekaar te kry…
Die Geheime Kamer – Ek onthou toe ek klein was, het ek altyd na stories op die TV gekyk en gewens dat ons huis ‘n geheime kamer kon hê wat ek kon vind…
Koos Kombuis Nuus – Koos Kombuis was besig die afgelope paar weke. Ek is altyd geneig om nie na sy blog te kyk nie en dan te wonder wanneer hy weer ‘n slag sy “Ek sê” afdeling gaan opdateer…
Top 13 Spook Huise – Spookhuise is iets waarin die meeste van ons ophou met glo wanneer ons groot geword het, maar die meeste van ons nog altyd daarvan om elke nou en dan ‘n lekker riller te kyk…
Geniet die Naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
20
Oct
Spookhuise is iets waarin die meeste van ons ophou met glo wanneer ons groot geword het, maar die meeste van ons nog altyd daarvan om elke nou en dan ‘n lekker riller te kyk.
Ek dink dat ons dit doen om daardie gevoel van kindwees wakker te hou. ‘n Snaakse metode, maar dit werk nogal goed.
Vandag se webwerf bevat ‘n lys van die top 13 ergste spook huise wat ons in flieks gesien het.
Wat interessant is hieraan is dat hulle dit behoorlik gedokumenteer het, soos byvoorbeeld, waar die huis was en wat die rede was vir die groot skrik…
‘n Lekker lys vir die riller fliek entoesiaste!
http://www.americaninventorspot.com/best_haunted_houses
rillers, fliek, spoke, huise
19
Oct
Koos Kombuis was besig die afgelope paar weke. Ek is altyd geneig om nie na sy blog te kyk nie en dan te wonder wanneer hy weer ‘n slag sy “Ek sê” afdeling gaan opdateer.
Ek weet ek het dit al voorheen gesê, maar dit is altyd lekker (en inspirerend) om Koos Kombuis se skryfwerk te lees. Selfs as dit met ‘n tong in die kies geskryf was.
Uit sy nuwe inskrywings op sy blog het twee my aandag getrek:
Die eerste een was die gedig wat hy geskryf het op die 14de Oktober. Duidelik na die Koreaanse kern bom toetse.
En die tweede, die koerant uitknipsel wat hy daar geplaas het vir ons om te lees.
Dankie Koos
http://blogspace.mweb.co.za/default.aspx?alias=koos
koos kombuis, afrikaans, afrikaanse musiek, blok inskrywing