30
Nov
Ek weet dat die onderhoud waaroor ek vandag skryf al ‘n hele tydjie terug gebeur het, maar ek het hom nou eers gekry en daarom is dit nuus vir my
Die rede hoekom ek oor die onderhous skrys is omdat dit vir ons redelik nuus gee oor wat beplan word, in die bende, vir 2007.
Daar is sprake van ‘n DVD wat ‘n hele lewendige optrede sal bevat, sowel as al die videos en ook ‘n dokumentêr.
Die onderhoud lees lekker en gee vir ons ‘n venster om in te kyk by Fokofpolisiekar.
http://thechiz.co.za/archive/2006/10/23/Fo_2E002E002E…
fokofpolisiekar, afrikaanse musiek, van coke, hunter
29
Nov
Sjoe! Vandag se speletjie is so lekker om te speel dat ek nou vir myself moes dwing om gou-gou oor hom te skryf.
Die speletjie se naam is “Scribble” en die hoof idee is om al jou mannetjies van die beginpunt tot die eindpunt te kry.
Hoe jy dit regkry is deur lyne te trek met jou muis. Hierdie lyne werk soos vloere en mure vir die mannetjies en dit laat hulle toe om oor gate, met penne in, te loop en weg te bly van wilde diere af.
Die speletjie laat my terug dink aan ‘n een wat ek gespeel het toe ek taamlik kleiner was genaamd “Lemmings”.
O ja, die lyne verdwyn weer na ‘n paar sekondes, so jy moet maar lekker beplan
http://www.miniclip.com/games/scribble/en/
scribble, teetyd pret, speletjie, afrikaans
28
Nov
Ek weet nie wat dit is aan foto’s wat my so intereseer nie, maar mooi foto’s kan my vir baie lank besig hou.
Vandag se webwerf is een van daardie webwerwe. Die blad is deur die Nationale Wilds Tydskrif, in Amerika, gebou en bevat ‘n hele paar asemrowende foto’s met beskrywings.
Die fotofrawe wat hiedie tipe foto’s neem moet darem regtig weet wat hulle doen, want nie een van hierdie diere lyk asof hulle gepla was deur ‘n fotograaf nie.
http://www.nwf.org/nationalwildlife/article.cfm?issueID…
foto’s, wilde diere, natuur, fotograaf
27
Nov
Ek het nie gedink ‘n mens kry meer mense wat glo waaroor ek vandag skryf nie. Net nadat die film “The Matrix” uit gekom het was hierdie tipe praatjies natuurlik volop.
Vandag se webwerf is geskryf deur iemand wat 100% seker is dat ons almal in ‘n rekenaar program woon. Hy het selfs ‘n hele paar idees waarmee hy sy teorië probeer staat…
Ek kan net nie sien, hoekom enige iemand, of iets, al hulle tyd sal spandeer om almal van ons in ‘n wêreld te hou wat niks beteken nie. As hulle daar is, het hulle nie iets beter om te doen nie?
Ek weet darem nie…
http://cow.neondragon.net/stuff/simulation/
matrix, film, filosofie, wetenskap
25
Nov
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

‘n Baie Diep Gat – Ek onthou toe ek klein was het ek en die ander kinders in my buurd altyd gate in die sandpit gegrawe. Die plan met die gate was…
Mooier Foto’s Met Jou Selfoon – ‘n Mens kan amper nie glo dat so 5 jaar gelede amper niemand selfone gehad het met ingeboude kameras nie…
19 Feite oor die Dood – Ek weet die dood is iets waarvan ‘n mens nie gewoontlik praat behalwe as jy onlangs ‘n familie lid of vriend verloor het nie, maar ons moet eerlik wees met ons self…
Teetyd Pret #24 – Vandag se teetyd pret gaan heeltemal te veel mense heeltemal te lank besig hou. Ek kan dit sommer al sien gebeur…
Krap In Jou Neus! – Shoe… waar begin ek met hierdie een… Klein kindertjies hoor dit die heel dag: “Haal jou vingers uit jou neus uit!” of “Waarvoor grawe jy? Diamante?”…
Geniet die Naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
24
Nov
Shoe… waar begin ek met hierdie een… Klein kindertjies hoor dit die heel dag: “Haal jou vingers uit jou neus uit!” of “Waarvoor grawe jy? Diamante?”.
‘n Nuwe studie deur ‘n dokter in Oostenryk reken dat dit goed vir ‘n mens is om in jou neus te grawe en dit dan te eet.
Hy glo dat deur jou liggaam blood te stel aan die uitgedroogde kieme, kan jou help om ‘n beter immuniteit op te bou.
Hy sê dat mense wat in hulle neus krap en dit eet is meer natuurlik en is oor die algemeen gesonder.
Ek weet darem nie
http://www.damninteresting.com/?p=271
neus, kinders, dokters, wetenskap
23
Nov
Vandag se teetyd pret gaan heeltemal te veel mense heeltemal te lank besig hou. Ek kan dit sommer al sien gebeur
Ja, die speletjie van die dag is krieket. Sy naam is “The Ashes” en is maar ‘n gewone krieket speletjie.
Al die instruksies is op die skerm, maar om te slaan, druk jy die pyltjie in die rigting waarna toe jy wil slaan en druk “K” of “L” (afhangende van watter tipe hou jy wil slaan).
‘n Baie eenvoudige, maar lekker speletjie. Dit is net jammer dat hulle nie vir Suid-Afrika ook op die lysie van lande het nie.
http://www.miniclip.com/games/the-ashes/en/
sport, teetyd pret, krieket, the ashes
22
Nov
Ek weet die dood is iets waarvan ‘n mens nie gewoontlik praat behalwe as jy onlangs ‘n familie lid of vriend verloor het nie, maar ons moet eerlik wees met ons self… die konsep bly maar lekker interessant!
Vir baie mense kom die groot vrae oor wat na die dood gebeur, maar ek is meer geinteresseerd in wat ‘n mens kan sien en leer van die heen-gegaandes.
Vandag se webwerf bevat ‘n lys van 19 interessante feite oor die dood.
Soos byvoorbeeld, het jy geweet, as jy sou wou selfmoord pleeg van Everest af, sal dit vir jou 2.5 minute neem voor jy die grond sal slaan… (Ek wonder ook wie gespring het om te kyk)
As dit te morbied is vir jou, dink hieraan as wetenskap
http://www.lifeinsure.com/information/19-things-about-death.asp
dood, feite, wetenskap, morbied
21
Nov
‘n Mens kan amper nie glo dat so 5 jaar gelede amper niemand selfone gehad het met ingeboude kameras nie.
Die selfoon kamera het vir ons, wat hom gebruik, baie dinge maklikker gemaak, soos byvoorbeeld om die pilaar nommer af te neem waar ons geparkeer het by die inkopie sentrum of om ‘n boek in die winkel se naam te kan onthou sonder om dit hoef neer te skryf…
Vandag se webwerf bevat ‘n lys van ‘n hele paar dinge wat ons kan doen om beter foto’s te neem met ons selfone.
‘n Paar van hierdie idees is dinge wat ek al voorheen gedoen het, maar daar is n paar nuwe idees ook.
http://www.lifehacker.com/software/cameraphone…
kamera, foto’s, selfoon, afrikaans
20
Nov
Ek onthou toe ek klein was het ek en die ander kinders in my buurd altyd gate in die sandpit gegrawe.
Die plan met die gate was dat hulle tot aan die ander kant van die aarde moet gaan… wat daarna moes gebeur het, het niemand aan gedink nie.
Ons het om een of ander rede gedink dat die gate in China sal uitkom, waar ons aan daardie idee gekom het sal ek ook nie weet nie.
Vandag se webwerf bevat ‘n kaart wat daardie punt, aan die ander kant bvan die aarde, vir jou kan uitwerk. Ons weet natuurlik beter as om te probeer grawe, maar dis maar nog altyd lekker interessant.
http://map.pequenopolis.com/
kaart, gate, grawe, kinders