18
Nov
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Tandestokkie Kuns – Toe ek die dag vir Kuier begin het, het ek nooit gedink dat daar so baie mense in die wêreld is wat so baie tyd het nie…
Populêre Film Mites – Dit is altyd vir my interessant om te sien wat die karakters in films kan regkry. Somtyds is dit iets kleins soos…
Teetyd Pret #23 – Ons het al almal een van daardie Saterdag oggend animasie reekse gesien waar ´n sneeubal ten die berg begin afrol en geleidelik groter raak tot wanneer hy buite beheer raak en in ´n boom vas rol…
TV Speletjie Gesigte – Dit is altyd vir my lekker om na ander mense te kyk terwyl hulle rekenaar of TV speletjies speel. Die manier waarop…
Vind Jou Vriende Met Jou Selfoon – Vandag se inskrywing mag dalk meer interessant wees vir die mense tussen ons wat altyd in beheer wil wees…
Geniet die Naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
17
Nov
Vandag se inskrywing mag dalk meer interessant wees vir die mense tussen ons wat altyd in beheer wil wees.
Dit is ‘n selfoon wat van GPS tegnologie gebruik maak om uit te vind of daar enige van jou vriende in die nabye area is.
Hoe dit werk is dat as jou vriende ook ‘n selfoon soos hierdie een het, kommunikeer hulle met mekaar en laat jou weet as hulle in ‘n 40km radius van mekaar is.
http://www.smh.com.au/news/Technology/New-service…
selfoon, gps, vriende, kuier
16
Nov
Dit is altyd vir my lekker om na ander mense te kyk terwyl hulle rekenaar of TV speletjies speel.
Die manier waarop party mense hulle hele lyf na ‘n sekere kant toe gooi om iets op die speletjie reg te kry of die manier waarop sekere mense hulle gesigte trek terwyl hulle speel.
Vandag se webwerf bevat ‘n reeks fotos, van die fotograaf Phillip Toledano, van mense se gesigte wat besig is om TV speletjies te speel.
‘m Mens kan nie help om te wonder of jy self ook so lyk terwyl jy speel nie.
http://mrtoledano.com/frame_videogamers.php
televisie, speletjies, gesig, foto’s
15
Nov
Ons het al almal een van daardie Saterdag oggend animasie reekse gesien waar ‘n sneeubal ten die berg begin afrol en geleidelik groter raak tot wanneer hy buite beheer raak en in ‘n boom vas rol.
Vandag se speletjie wat ek vir teetyd pret gekies het gaan oor presies dieselfde idee.
Jy begin aan die bo kant van die berg met ‘n klein sneeu balletjie, jy gebruik die linker en regter pyltjie knoppies om die bal heen en weer te beweeg.
Soos hy afrol raak hy groter en hoe groter hy raak, hoe moeiliker beheer hy. Die plan is om te sien hoe groot jy die bal kan kry sonder om in ‘n book of ‘n huis vas te rol.
http://www.armorgames.com/games/armorgamessnowball.html
teetyd pret, spelejies, sneeu, pyltjie
14
Nov
Dit is altyd vir my interessant om te sien wat die karakters in films kan regkry.
Somtyds is dit iets kleins soos om altyd parkeerplek te kry voor die gebou te kry waar jy ‘n afspraak het, maar somtyds is dit iets groot soos dat jy enige oorlog sal oorleef, behalwe as hy vir iemand ‘n foto wys wan ‘n geliefde by die huis.
Vandag se webwerf bevat 40 van hierdie film mites. Daar is ‘n hele paar wat my laat glimlag het. Baie lekker om te lees
http://moronland.net/moronia/moron/976/
glimlag, film, mites, pret
13
Nov
Toe ek die dag vir Kuier begin het, het ek nooit gedink dat daar so baie mense in die wêreld is wat so baie tyd het nie.
Ons het nou al webwerwe gehad met mense wat patrone in sand maak en mense wat eienaardige dinge brei.
Vandag se webwerf bevat ook iemand wat so ‘n kuns beoefen. Hy maak beelde en vorms uit tandestokkies. Sommige van hierdie items is nogal kompleks. Ek wil nie eers weet hoe lank dit gevat het om sommige van hierdie items te maak nie.
Waar kry hulle die tyd?
http://landmarksofsf.com/photoindex.html
tandestokkies, beelde, wêreld, webwerf
11
Nov
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Minder Suksesvolle Uitvindsels – In die tyd van tegnologie is dit maklik om altyd te dink wat die volgende fantastiese apparaat gaan wees wat jy wil hê…
Te Veel Tyd – Sommige mense het net eenvoudig te veel tyd. Soos die mense wat prente op sypaadjies teken of die mense wat voltyds sand kastele bou…
Teetyd Pret #22 – Vandag se teetyd pret is gebaseer op twee klasieke televisie speletjies…
Robbie Wessels Nuus – Robbie Wessels is een van die kunstenaars wat baie vinnig vir homself ‘n naam gemaak het…
Fantastiese Gebou – Ek het nou maar eenmaal ‘n swak plek vir mooi argitektuur. Dit is veral vir my erg is die mooi gebou nie eers gebruik word nie en om daardie rede agteruit gaan…
Geniet die Naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
10
Nov
Ek het nou maar eenmaal ‘n swak plek vir mooi argitektuur. Dit is veral vir my erg is die mooi gebou nie eers gebruik word nie en om daardie rede agteruit gaan.
Vandag se webwerf bevat foto’s van die ou Russiese departement van vervoer gebou. ‘n Ontwerp wat werklik iets is oor huis toe te skryf.
Die enigste probleem met die prentjie is dat die Russiese regering om een of ander rede besluit het dat hulle nie meer die gebou nodig het nie. Hy staan en verweer nou maar so.
Ek wens partykeer dat daar ‘n maklike manier was om ‘n hele gebou op te tel en te skuif. Ek voel dat geboue soos hierdie moet bewaar word.
http://www.we-make-money-not-art.com/archives/009069.php
gebou, argitek, probleem, murasie
09
Nov
Robbie Wessels is een van die kunstenaars wat baie vinnig vir homself ‘n naam gemaak het.
Natuurlik het hy die eerste keer bekend geword as Poena op “Gautengaleng”, maar die meeste van Suid Afrika hom die eerste keer as ‘n kunstenaar gesien met sy eerste CD “My VissermanVriend se Pa”.
Vandag se skakel bevat die laaste nuus inskrywing op Robbie se webwerf. Hy gesels oor ‘n paar dinge, maar die item waaroor hy die meeste gesels is ‘n “Flip Grid braaier” wat blykbaar deur sy pa ge ontwerp is. Jy kan meer oor hierdie braaier op sy webwerf lees.
http://www.robbiewessels.co.za/Nuus.htm
robbie wessels, afrikaanse musiek, flip grid, braier
08
Nov
Vandag se teetyd pret is gebaseer op twee klasieke televisie speletjies.
Die twee speletjies waarvan ek praat is natuurlik, “Arkanoid” en “Tetris”. Hoe dit werk is dat jy ‘n platform het waarmee jy ‘n bal blok en terug slaan om ander blokkies uit te slaan.
Waar die “Tetris” gedeelte inkom is dat hoe langer jy vat om die blokkies uit te slaan, hoe meer lae word bygevoeg onder die ander lae.
‘n Mens kan seker vir “Bubble Bubble” ook daar iewers ingooi.
Wat presies die kombinasie is, maak nie werklik saak nie, want hierdie is ‘n interessante en lekker speletjie was jou ‘n hele tydjie sal besig hou.
http://www.kontraband.com/show/show.asp?ID=1165&NEXTID…
arkanoid, tetris, teetyd pret, bubble bubble