Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir December, 2006

Afrikaans

Feestyd Groete


Gerhard - Algemene Geselskap

AfrikaansEk wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir al ons lesers ‘n geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe te wens!

Ons hou ook so ‘n bietjie vakansie en sal weer van die 2de Januarie af begin inskrywings maak. Daar is groot planne in die pyplyn vir 2007, so maak seker dat julle ‘n ogie op Kuier.co.za hou!

So, geniet die vakansie, bestuur asseblief veilig en dan sien ons vir julle weer in 2007! :D

kersfees, nuwe jaar, feestyd, afrikaans

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Onderhoud met Manwees Redakteur – Kuier.co.za is onlangs deur die Afrikaanse mans tydskrif, Manwees, genader om webwerf skakels met hulle uit te ruil…

TV Speletjie Foto’s – Ek weet dat ek al een keer vantevore geskryf het oor mense waarvan daar foto´s geneem word terwyl hulle TV speletjies speel…

Familie – Daar was die afgelope paar weke al ‘n hele paar stories op Kuier oor vakansietyd, en spesifiek Kersfees. Dis ook natuurlik ‘n tyd wanneer baie mense aan familie dink…

Teetyd Pret #27 – Vandag se teetyd spelejie is regtig groot pret, veral as jy ook ‘n groot aanhanger van die “Spiderman” karakter is…

Net Ses Stappe! – Daar bestaan ‘n teorie dat elke mens deur hoogstens ses verhoudings aan ‘n spesifieke ander mens verbind is… Nou dit werk soos volg: Persoon A het ‘n indirekte verbinding na persoon Z, deur sy of haar verbintenis…

Baarde en Snorre – Toe ek vandag se webwerf gesien het, het ek eenvoudig geweet dat ek hom op Kuier sal moet plaas…

Suiwer Adrenalien! – Wat laat jou hart na sy hoogste rat oorskakel: Om die versneller plat te trap en teen 300km/h om ‘n resiesbaan (of op die snelweg) te jaag?

Web Ontwerp Gallery – Dit is seker omdat ek in die Internet bedryf is, maar ek is mal oor goeie en vars webwerf ontwerpe…

Geniet die lang naweek :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Web Ontwerp Gallery


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansDit is seker omdat ek in die Internet bedryf is, maar ek is mal oor goeie en vars webwerf ontwerpe.

Ek kan vir ure deur ontwerp gallerye blaai. Somtyds is dit vir inspirasie, maar somtyds is dit sommer maar net vir die lekkerte daaraan.

Vandag se webwerf is so ‘n ontwerp gallery… Wat dit anders maak is dat dit ‘n gallery is van ontwerpe uit die ooste.

Hierdie mense weet baie beslis wat hulle doen, dit laat my elke keer voel dat ons, hier in die res van die wêreld, so baie het om te leer oor ontwerp.

http://www.sj63.com/

ontwerp, ooste, sj63, rekenaars

Afrikaans

Suiwer Adrenalien!


Neels - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansWat laat jou hart na sy hoogste rat oorskakel: Om die versneller plat te trap en teen 300km/h om ‘n resiesbaan (of op die snelweg) te jaag? Uit ‘n vliegtuig te spring met (of dalk sonder) ‘n valskerm? Teen die hoogste berg uit te klim? Met reuse bedrae geld op die aandelebeurs rond te speel? Die afsnytyd te haal met daardie groot, belangrike projek waaraan jy werk? Die mees vreesaanjaende, doodsontwykende toertjie wat selfs vir Harry Houdini in sy graf sal laat omdraai uit te voer???

Met die hoë misdaadsyfer in ons land is dit ongelukkig ook baie moontlik dat sommige van Kuier se besoeker al ‘n toevloei van adrenalien beleef het terwyl hulle lewens bedreig is…

Die skakel waarop ek vandag afgekom het is ‘n webwerf waar mens kan lees oor wat adrenalien veroorsaak, en ook die kenmerke daarvan… is julle gereed? Klik NOU daarop! Julle het presies 2 minute om die bladsy klaar te lees…

http://www.causeof.org/adrenal.htm

hart, versneller, doodsontwykende, adrenalien

Afrikaans

Baarde en Snorre


Gerhard - Algemene Geselskap

AfrikaansToe ek vandag se webwerf gesien het, het ek eenvoudig geweet dat ek hom op Kuier sal moet plaas.

Dit gaan nie noodwendig vir my oor die snaakse prente van snore en baarde nie (al is dit ook lekker om na te kyk), maar meer oor die feit dat dit die eerste vakansie, buite skool verband, is vir 2006 se matrieks.

Ek onthou toe ek klaar gemaak het (en dit is nou al te veel jare gelede :P )… het omtrent almal iets anders of nuut probeer… gekleurde hare, lang hare, baarde, snorre… hehe, al was nie snorre en baarde ook toe maar nog yl. Dit was goeie tye!

Hoe dit presies by vandag se webwerf inskakel is ek nie seker nie, maar dit was ‘n lekker besoek aan die verlede ;)

http://www.drivl.com/posts/view/466

baarde, snorre, hare, matriek

Afrikaans

Net Ses Stappe!


Neels - Algemene Geselskap, Lekkertes

AfrikaansDaar bestaan ‘n teorie dat elke mens deur hoogstens ses verhoudings aan ‘n spesifieke ander mens verbind is… Nou dit werk soos volg: Persoon A het ‘n indirekte verbinding na persoon Z, deur sy of haar verbintenis aan persoon B, wat weer op die beurt ‘n skakel na persoon C het, wat op een of ander tydstip met persoon Z te doen gehad het.

So het Gerhard vroeër aan my meegedeel dat daar so ‘n verbintenis tussen my en Saddam Hussein bestaan… ja, van al die mense in die wêreld moes hy hom as voorbeeld gebruik! Ek het bietjie verder gaan dink en ook besef dat daar ‘n “lyn” van my af na Moeder Teresa (en gevolglik ook Pous Johannes Paulus II) getrek kan word, deurdat ek onlangs iemand ontmoet het wat haar sowat 15 jaar gelede ontmoet het (en sy het die pous geken)! Nou voel ek darem beter oor my “verbintenis” aan Saddam :-) Wel eintlik is G een stappie nader aan Saddam as wat ek is ;-)

Gaan dink bietjie aan watter bekende (en berugte) mense kan jy jouself so “verbind”!

http://en.wikipedia.org/wiki/Six_degrees_of_separation

ses, verhoudings verbind, mens

Afrikaans

Teetyd Pret #27


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansVandag se teetyd spelejie is regtig groot pret, veral as jy ook ‘n groot aanhanger van die “Spiderman” karakter is.

Die rede daarvoor is dat jy moet kyk hoe ver jy kan kom deur net van tou tot tou te swaai. Die “toue” skiet ook uit jou hand uit, so die effek is een en die dieselfde. ;)

Om te speel is ook baie maklik. Jy klik net, met die muis, op die plek waat jy wil hê die mannetjie moet vas anker. Hy sal dan daarna skiet en hopelik vas genoeg sit dat hy kan aanswaai.

My beste telling so ver is: 52.86 YD

http://www.freewebarcade.com/game/double-wires/

speletjie, teetyd pret, spinnekop, swaai

Afrikaans

Familie


Neels - Algemene Geselskap

AfrikaansDaar was die afgelope paar weke al ‘n hele paar stories op Kuier oor vakansietyd, en spesifiek Kersfees. Dis ook natuurlik ‘n tyd wanneer baie mense aan familie dink… Deesdae hardloop ons egter so vinnig deur die lewe dat ons families dikwels afgeskeep word, omdat daar te veel ander “prioriteite” is wat al ons aandag verg…

Ek het vandag ‘n webwerf raakgeloop wat probeer om besige families te help sodat hulle tyd kan eenkant sit en weer ‘n slag dinge saam kan doen! Dit wil ons herinner dat familie die belangrikste ding in ‘n mens se lewe behoort te wees, en gee allerhande idees hoe om daardie “familie tyd” spesiaal te maak.

http://www.familieswithpurpose.com/

familie, afgeskeep, prioriteite, idees

Afrikaans

TV Speletjie Foto’s


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansEk weet dat ek al een keer vantevore geskryf het oor mense waarvan daar foto’s geneem word terwyl hulle TV speletjies speel.

Wat vandag se webwerf anders maak is die feit dat hierdie fotos deur normale mense soos ek en jy geneem is terwyl hulle vriende met die nuwe Nintendo Wii speel.

As jy al so ‘n bietjie gelees het, op die Internet, sal jy weet die die Wii nie jou gewone TV speletjie masjien is nie en dat dit bietjie ander bewegings vereis om speletjies gespeel te kry.

Die eindproduk is ‘n taamlike groot gallery van mense wat in allerhande snaakse posisies besig is om speletjies te speel.

http://www.flickr.com/groups/wiimotion/pool/

nintendo, wii, tv speletjies, afrikaans

Afrikaans

Onderhoud met Manwees Redakteur


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansKuier.co.za is onlangs deur die Afrikaanse mans tydskrif, Manwees, genader om webwerf skakels met hulle uit te ruil.

Dit was ‘n baie opwindende idee en ons het toe gedink dat dit ‘n goeie idee sal wees om dalk ‘n onderhoud met Wilhelm, die redakeur van Manwees, te voer.

Persoonlik het ek die antwoorde op die vrae baie interessant gevind, ek hoop dit doen dieselfde vir jou :)

Gerhard: Hoekom, sou jy sê, behoort die Suid-Afrikaanse man die Manwees tydsrif te koop?
Wilhelm: Dis ‘n goeie kwaliteit mansstydskrif met meer om die lyf as ‘n herhalende maandelikse “hoe om ‘n sespak” te kry. Dis vol persoonlikhede, kultuurnuus, sport, selfhelptipe artikels oor verhoudings, seks en geld en dan is daar heerlike mode-blaaie in die tydskrif ook.
Kortom: moet dit nie koop bloot omdat dit Afrikaans is nie, maar omdat dit meer is as wat “manstydskrif” tot dusver in Suid-Afrika beteken het.

Gerhard: Hoe lank is die Manwees tydskrif al op die rakke?
Wilhelm: Dis al sedert Junie 2006 op die rakke, so dit bestaan al vir ses maande.

Gerhard: Die beeld wat ‘n mens gewoontlik het van ‘n alledaagse Afrikaanse man is die van ‘n growwe man, wat nie werklik oor sy voorkoms bekommerd is nie. In jou opinie, oor die algemeen, is dit iets wat besig is om te verander? Begin kyk ons Afrikaanse mans beter na onsself?
Wilhelm: Ja, daar is ‘n stereotipe wat bestaan van Afrikaanse mans as onversorg en boers, maar dis ‘n onregverdige een. Die moderne Afrikaanse man is iemand wat omsien na sy liggaam, wat gereeld in die gim oefen, wat omsien na sy vel en wat poog om goed te lyk en voel. Soos in alle kulture is daar diegene wat natuurlik nie na hulleself omsien nie, maar dis nie iets wat eksklusief is aan die Afrikaanse man nie. ‘n Interessante feit: meer as 70% van ons lesers het die afgelope maand room vir sy gesig gekoop … Een van die aanduiders dat Afrikaanse mans, soos ander mans, graag goed wil lyk.

Gerhard: As ‘n mens deur die Manwees blaai, is daar taamlik meer as net die normale motor en sport georienteerde artikels daarin. Dit maak natuurlik dat die tydskrif ook interresante leesstof vir dames kan inhou. Was die tydskridf opsetlik so beplan gewees, of is dit ‘n onbeplande positiewe byproduk?
Wilhelm: MANWEES is eerstens ‘n leefstyltydskrif en as sulks bevat dit leefstylelemente wat veral ook vir vroue van belang is. Maar nee, dit was nie ‘n bemarkingsskuif om “vroue-elemente” in die tydskrif te voeg sodat die vrou dit vir haar man kan koop nie. Ek dink dit was eerder ‘n onbeplande positiewe byproduk – vir die eerste keer het Afrikaanse vroue nou ‘n tydskrif wat hulle ook kan lees (net soos vele mans hul vroue se vrouetydskrifte lees).

Gerhard: Ons weet dat die Manwees, oor die algemeen, gemik is aan die werkende man, is daar ook inhoud warby die manne wat nog op skool is ook kan aanklank vind?
Wilhelm: Hoewel ons die tydskrif rig op ouens tussen 25 en 45, het ons heelwat lesers wat jonger is as twintig omdat baie van die inhoud ook tot hulle spreek – veral die mode- en selfsorgingsafdelings. Ons uitgawes is ook altyd propvol inspirerende persoonlikhede: akteurs, rugbyspelers en ander mans en hierdie mense is diègene wat jonger as 20 is se verwysingsraamwerk en hul rolmodelle.

Gerhard: Behalwe vir die glans tydskrif, het Manwees ook ‘n sterk Internet teenwoordigheid. Wat kan nuwe besoekers verwag om op julle webwerf te vind?
Wilhelm: Die Internetteenwoordigheid van MANWEES is een wat vinnig en voortdurend aan die verander is. Daar sal uiteindelik ‘n uitvoerige lede-ruimte wees met eksklusiewe kompetisies vir diegene wat op die webwerf registreer, terwyl die blad ‘n voortsetting is van die tydskrif. Daar’s meningsopnames, vraelyste ens. op die webblad om besoekers by die tydskrif betrokke te maak.

‘n Baie groot dankie gaan aan Wilhelm dat hy die tyd aan ons afgestaan het om die onderhoud te doen.

Afrikaans

http://www.manwees.co.za

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, manwees



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans