Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir December, 2006

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

20 Dae Sonder ‘n Rekenaar – Wanneer dit hierdie tyd van die jaar raak, voel ek altyd asof ek nou finaal genoeg gehad het van my rekenaar. Ek is moeg en is die meeste van die tyd nie eers…

En Aksie! – Vanmiddag se webwerf is spesiaal vir almal van julle wat, soos ek, versot is op snaakse en/of asemrowende videos…

Pasop vir Uitbrand – Voel jy somtyd dat jou werk jou uitbrand? Jy is een van duisende mense wat in hierdie situasie sit. Die goeie nuus: Daar is lig in die tonnel…

Generasie Van Handelsmerke – Hoe dikwels koop ons nie ‘n spesifieke item omdat dit ´n seker naam dra nie! Selfs al beteken dit dat jy ´n hele ent verder moet ry as net die winkel op die hoek, omdat daardie nuwe produk van…

Die Reëls van Fotografie – Ek is amper 100% seker daarvan dat Neels baie van vandag se inskrywing gaan hou. So ook natuurlik almal wat daarvan hou om fotos…

Kersfeesafsluiting By Die Werk – Kersfees-etes by die werk is ‘n redelike algemene verskynsel die tyd van die jaar, maar mense is geneig om te vergeet waaroor dit regtig gaan! Dis ‘n geleentheid om te stop en bietjie te dink aan…

Teetyd Pret #26 – Vandag se Teetyd pret is ‘n klein bietjie anders. Dit is nie ‘n speletjie met groot areas om in te speel nie of met fantastiese visuele elemente nie…

Noodhulp: Wees Voorbereid! – Sal jy weet wat om te doen as iemand naby jou skielik inmekaarsak as gevolg van ‘n hartaanval? Wat as iemand verstik, of gly en by die trappe aftuimel…

Afrikaanse Artikels – Ek en Neels het die ander dag gesels oor die feit dat so baie van die skakels op Kuier.co.za na Engelse, in plaas van Afrikaanse webwerwe toe gaan…

Geniet die Naweek! :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Afrikaanse Artikels


Gerhard - Algemene Geselskap, Notas

AfrikaansEk en Neels het die ander dag gesels oor die feit dat so baie van die skakels op Kuier.co.za na Engelse, in plaas van Afrikaanse webwerwe toe gaan.

Ons probeer altyd om die mees interessante stories en webwerwe op Kuier.co.za te plaas, en omdat die Internet oor die algemeen in Engels is, skakel baie van die inhoud ook by Engelse webwerwe in.

Om hierdie “probleem” te bekamp, gaan ons nou probeer om ten minste een Afrikaanse webwerf per week op Kuier.co.za te plaas. Solank die webwerf interessant is en ook Afrikaans is, kan hy dit tot op Kuier.co.za se voorblad maak…

So as jy van enige interessante, snaakse of goeie Afrikaanse webwerf weet, stuur gerus vir ons die skakels dat ons kan gaan kyk!

Wie weet, jou webwerf kan dalk die volgende Afrikaanse webwerf wees wat op Kuier.co.za pronk.

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Noodhulp: Wees Voorbereid!


Neels - Algemene Geselskap, Notas

AfrikaansSal jy weet wat om te doen as iemand naby jou skielik inmekaarsak as gevolg van ‘n hartaanval? Wat as iemand verstik, of gly en by die trappe aftuimel?

Ek dink dit is noodsaaklik dat ons die verantwoordelikheid neem om ten minste die basiese noodhulptegnieke en prosedures aan te leer, maar dan moet dit ook deur die regte kanale geskiet – m.a.w. by ‘n toepaslike opleidingsinstansie soos ‘n hospitaal of ambulansdiens. Daar is seker min dinge wat gevaarliker is as ‘n mens wat dink hy/sy weet wat om te doen in ‘n noodsituasie, sonder dat daardie persoon die nodige opleiding ontvang het!

Ek weet dat baie van julle, soos Gerhard, elke episode van Grey’s Anatomy, House, en Scrubs ooit gekyk het (dalk selfs ook E.R. en St. Elsewhere), maar moet asseblief nie op daardie selfstudie mediese opleiding staatmaak in ‘n regte noodgeval nie, want die tipe ding is gewoonlik baie anders daar buite as op die kassie!

Die St. John’s ambulansdiens bied pasgemaakte kursusse aan vir omtrent elke behoefte rakende noodhulpopleiding. So is daar byvoorbeeld verskillende opleidingsprogramme vir skoliere, mense wat ander versorg, besighede wat verlang dat sekere personeellede noodhulp vermoëns aanleer, en natuurlik vir lede van die algemene publiek soos ek en jy.

http://www.stjohn.org.za/

noodhulp, prosedures, ambulansdiens, noodgeval

Afrikaans

Teetyd Pret #26


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansVandag se Teetyd pret is ‘n klein bietjie anders. Dit is nie ‘n speletjie met groot areas om in te speel nie of met fantastiese visuele elemente nie. Dit is ‘n speletjie wat oefening en ‘n stabile hand vereis om reg gespeel te word.

Die speletjie se naam is “Tilt” en die plan is om die groot gedeelte bo te kry en hom daar te hou vir so lank as moontlik. Jy kan hom daar bo kry deur die muis af te beweeg in die begin, sodat hy na die bokant toe kan “Tilt”.

Dit laat my baie dink aan daardie sokker bal speletjie wat so ‘n paar jaar gelede op die internet gesirkuleer het…

My beste punte so ver is: 1260 :D

http://mygamingspace.com/play/tilt

teetyd pret, speletjie, balans, afrikaans

Afrikaans

Kersfeesafsluiting By Die Werk


Neels - Algemene Geselskap

AfrikaansKersfees-etes by die werk is ‘n redelike algemene verskynsel die tyd van die jaar, maar mense is geneig om te vergeet waaroor dit regtig gaan! Dis ‘n geleentheid om te stop en bietjie te dink aan alles wat die afgelope jaar gebeur het, en ook om mekaar te bedank vir al die wedersydse ondersteuning gedurende die jaar. Belangriker as dit alles is dat ons moet onthou om dankie te sê vir Hom wat ons elke oggend die krag gee om ons werk te kan doen…

My afdeling het vandag ons Kersete gehad en dit was regtig lekker om vir net so ‘n halfuur bietjie die werk opsy te skuif en saam om ‘n groot tafel aan te sit, sonder om oor werk en al die daaglikse probleme te praat of te dink… Natuurlik was die kos baie lekker, en die geskenkies wat elkeen gekry het was ‘n wonderlike gebaar, maar die boodskap wat een van my kollegas met ons gedeel het was iets om oor na te dink…

Dalk is dit dan nou ook die regte tyd om vir julle almal te vra: wanneer laas het jy vir die mense wat saam met jou werk dankie gesê vir al die kere wat hulle jou help of raadgee met ‘n probleem? Doen dit sommer nou! Moet ook nie vergeet om die byna onsigbare mense soos die skoonmakers en sekuriteitspersoneel ‘n slag te bedank vir hulle harde werk nie!

Die webwerf wat ek gekies het vir vanmiddag bevat ‘n verskeidenheid van stories wat mense ingestuur het in verband met Kersfeespartytjies by die werk, en ek is seker dat meeste van Kuier se besoekers iets interessants daar sal vind om te lees.

http://www.officechristmas.co.uk/articles-and-stories

kersfees-etes, geleentheid, dankie, stories

Afrikaans

Die Reëls van Fotografie


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansEk is amper 100% seker daarvan dat Neels baie van vandag se inskrywing gaan hou. So ook natuurlik almal wat daarvan hou om fotos te neem.

Ek voel altyd dat ‘n mens nooit te oud is om te leer nie en vandag se webwerf het vir my taamlik baie geleer oor fotografie, in ‘n baie kort tydjie.

Hulle noem dit die reëls van fotografie, hulle vat jou stap vir stap deur tegnieke wat jou foto’s taamlik sal verbeter.

Ek gaan beslis ‘n paar van hierdie reëls toepas volgende keer wat ek weer uitgaan om te probeer foto’s neem. :)

http://macteens.com.nyud.net:8080/features/fullsto…

NS. Het enige van julle flickr.com bladsye? Indien wel, sit gerus die skakel onder die menings van hierdie inskrywing. Ek sal graag julle foto’s wil sien.

foto’s, kamera, tegniek, reëls

Afrikaans

Generasie Van Handelsmerke


Neels - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansHoe dikwels koop ons nie ‘n spesifieke item omdat dit ‘n seker naam dra nie! Selfs al beteken dit dat jy ‘n hele ent verder moet ry as net die winkel op die hoek, omdat daardie nuwe produk van vervaardiger X eksklusief aan winkel A is… Ek is seker jy het ook jou gunsteling handelsname wanneer dit by sekere produkte kom, maar net hoe lojaal is jy teenoor daardie maatskappy? So lojaal dat jy jou kind(ers) daarna sal vernoem?

Dit is presies wat baie mense deesdae doen! Ongelooflik, maar waar… ek kan my voorstel dat daar nog ‘n paar van daardie kinders gaan wees wat hulle ouers eendag gaan hof toe sleep hieroor, as mens dink aan al die interessante name wat kan opdyk op geboortesertifikate van die 21ste eeu ;-) Gaan jou oogappel dan ook gevolglik een van jou mees gunsteling handelsname kry, en die swartskapie ‘n “slegter” produk se naam? Ek wonder maar net… So, jammer oupa en ouma, maar julle name is nie meer die logiese eerste keuse nie…

http://www.wtopnews.com/index.php?sid=142203&nid=25

handelsname, lojaal, kinders, gunsteling

Afrikaans

Pasop vir Uitbrand


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansVoel jy somtyd dat jou werk jou uitbrand? Jy is een van duisende mense wat in hierdie situasie sit. Die goeie nuus: Daar is lig in die tonnel :)

Miskien is jy die baas wat veroorsaak dat jou werknemers uitgebrand is? Deur klein veranderinge aan te bring in die kantoor of werksplek, kan jy werksomstadighede baie beter maak.

Vandag se webwerf bevat ‘n artikel wat deur iemand geskryf is wat uit so ‘n werk omgewing kom.

Hy het na die tyd sy situasie ontleed en ‘n reeks riglyne neergeskryf wat hy dink ‘n baas moet volg om die probleem van uitbranding te bekamp.

http://blogher.org/node/13306

werk, uitbrand, satisfaksie, baas

Afrikaans

En Aksie!


Neels - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansVanmiddag se webwerf is spesiaal vir almal van julle wat, soos ek, versot is op snaakse en/of asemrowende videos!

Hier word daagliks nuwes opgelaai, en die beste van alles is dat hierdie diens heeltemal gratis is!!! Jy kan selfs jou eie meesterstukke daar aan die hele wêreld bekendstel. Alles op die webwerf is natuurlik nie snaaks nie – daar is werklik iets van alles.

Die enigste probleem is dat mense wat nog nie breëband Internet het nie maar sal moet gaan koffie maak terwyl die videos aflaai… en dalk ook sommer die geleentheid gebruik om met die hond te gaan stap. Neem net jou videokamera saam, want wie weet – miskien is dit jou kans om ook materiaal in te samel en met ander mense te deel.

http://www.metacafe.com

video, vermaak, snaaks, aflaai

Afrikaans

20 Dae Sonder ‘n Rekenaar


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansWanneer dit hierdie tyd van die jaar raak, voel ek altyd asof ek nou finaal genoeg gehad het van my rekenaar. Ek is moeg en is die meeste van die tyd nie eers lus om na die skerm kyk nie.

My werk behels natuurlik dat ek nie sonder een van hierdie blik breine kan aangaan nie, so dan verander ons maar weer ratte en gaan aan.

‘n Joernalis in Amerika het een stappie verder gegaan. Hy het sy rekenaar heeltemal afgeskakel vir 20 dae om te kyk wat die impak op sy lewe sou wees.

Hy het dit lekker na sy dag vir dag ervarings afgebreek in die artikel… Sy finale woord: hy het dit baie positief gevind, hy voel dat ‘n rekenaar jou beheer op ‘n manier wat jy nie op enige ander manier kan sien nie.

http://pcworld.about.com/magazine/2103p119id108732.htm

rekenaar, tegnologie, ontrekking, joernalis



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans