Hoe gemaak wanneer mense so kliphard oor die telefoon met jou praat dat jy die gehoorstuk so op ‘n afstand moet hou, en nog altyd elke woord duidelik kan hoor? Wat ek in so ‘n geval doen is om die deel waar mens luister weg van my oor te hou maar dan self lekker hard en direk in die mondstuk in te praat! Ongelukkig het daardie taktiek van my tot dusver nog nie enige sukses getoon nie
Dus, as enige van ons lesers goeie voorstelle het oor hoe om die probleem te hanteer sal ek baie graag daarvan wil hoor, aangesien ek gereeld met sulke mense moet praat oor die foon!
So gepraat van mense wat te HARD PRAAT… daar is seker min dinge wat so irriterend is as wanneer jy ‘n goeie fliek in die teater geniet en daar sit ‘n paar mense wat opsluit net heeltyd moet klets… en die ergste is dat hulle dan ook gewoonlik salig onbewus is van hoe hard hul gesprek is! Ek het op hierdie webblad afgekom, waar iemand die voorstel gemaak het dat ‘n LED liggie aan die agterkant van die sitplekke in ‘n teater aangebring word, wat dan gekoppel word met ‘n klankapparaat wat meet hoe hard daar in daardie spesifieke ruimte gepraat word, en as die “geraas-vlak” te hoog is gaan die liggie aan!
Ek dink hulle moet sommer ‘n lekker harde klokkie ook daaraan koppel en direk in die oortreder se oor laat lui!!!
http://www.halfbakery.com/idea/you_27re_20talking_20too_20loud…
Net gister het ek en ‘n paar vriende gesels oor die feit dat dit amper onmoontlik deesdae is om ‘n huis te bekostig. As jy gelukkig is kan jy ‘n “hokkie” op die sesde vloer iewers aanskaf teen ‘n belaglike prys…
Hoe oorleef mens daardie kere wanneer jy alleen saam met een ander persoon in ‘n hysbak (of ander klein spasie) beland en die minute… nee, selfs die sekondes wat verbygaan voel soos ‘n ewigheid… want nie een van julle weet wat om te sê of waar om te kyk nie. Jy wil nie direk na die ander persoon kyk nie, want dalk dink hy/sy jy is onbeskof en “staar” na hom/haar, en jy wil ook nie eintlik ‘n gesprek begin nie want dit kan lyk asof jy verwaant en voor-op-die-wa is! In elk geval – waaroor praat mens in ‘n hysbak? So hoe gemaak?
Wanneer dit kom by groot dinge soos om van werk te verander, is dit natuurlik altyd belangrik om die beste voet voor te sit en die beste moontlike indruk te maak op jou toekomstige baas.
So ‘n week of wat terug het ek geskryf oor reuke – goed en sleg… wel vandag het ek ‘n interessante webblad gekry wat handel oor geraas! Wat dit effens ongewoon maak is die feit dat hulle gaan kyk het watter tipes geraas beskou meeste mense as die heel ergste, afstootlikste geluide op aarde… die wat werklik deur murg en been sny… Wel ek sou beslis “vingernaels wat op ‘n swartbord geskraap word” daar byvoeg! Dalk ook so ‘n paar name van mense wat nie in die openbaar behoort te sing nie… maar wag laat ek dit liewer los
Vandag se Teetyd Pret se naam is “Championship Rally” en soos jy kan aflei uit die naam, is dit ‘n motor wedren speletjie.
Party mense sal ook enige iets glo! Ja hierdie storie is weereens te danke aan ‘n Australiër en is ironies genoeg die gevolg van ‘n kunstenaar se poging om met medisynemaatskappye se slim advertensietaktieke te spot en juis te wys hoe maklik hulle mense oorreed om medisyne te koop… Justine Cooper kry toe die idee om ‘n “siekte” op te maak en loods ‘n hele bemarkingsveldtog om ‘n (ook fiktiewe) middel daarvoor bekend te stel!
Is jy een van die mense wat daarvan hou om aanlyn te klets. Misjien het jy, soos ek, dit so ‘n paar jaar gelede gedoen en het nog lekker herinneringe van “die goeie ou dae” toe die Internet nog jonk en relatief eenvoudig was.
Dit mag miskien vir ander mense lyk asof jy nie meer al jou varkies op hok het nie… of besig is om met jou familie op Titan te probeer kommunikeer, maar ek dink hierdie manier waarop die son benut kan word om kos gaar te maak is iets wat ons tot groot voordeel kan gebruik! Die voordeel van ons gesondheid, omdat dit ‘n natuurlike manier van kook is, en ook tot die voordeel van ons planeet omdat die vrylik beskikbare, volop energie van die Son gebruik word in plaas daarvan dat ander waardevolle bronne in die natuur verder opgebruik word. Wie weet, dalk het ons dan nie eers nodig om ‘n lang vlug na Titan te onderneem nie