Oprah Winfrey doen dit dikwels… en as sy kan, kan ek en jy nie ook nie? Om ‘n verskil te maak in ander se lewens…
Dit is ook nie nodig dat ‘n mens (soos Oprah en sommige ander welafgestelde beroemdes) hope geld moet spandeer,
of selfs so vêr moet gaan om ‘n klomp hawelose mense in jou gastekamer moet laat woon nie!
Moet dus nie hardloop en ‘n tweede verband op jou huis gaan uitneem en jouself en jou gesin in die skuld te dompel nie, want selfs net klein gebaartjies maak op die einde van die dag ‘n groot verskil vir iemand wat niks het nie.
Mense, dit is mos lekker om te gee… en dan te sien hoe mense se gesigte ophelder!!! Daar is so baie honger en hawelose mense in ons land – hoekom probeer elkeen wat het om te gee nie hulle dag ook so ‘n bietjie lekkerder maak nie?
Hoe maak ons ‘n verskil? Maklik: Volgende keer as jy by iemand verbystap wat sukkel met iets of wat swaarkry, staan net vir ‘n oomblik stil, glimlag en vra of jy kan help… en bedoel dit!
Daar is ook hope kinderhuise in ons land wat nie naastenby genoeg geld van die regering ontvang nie en as ‘n klomp van ons selfs net R50 per maand kan afstaan om ‘n bydrae te maak help dit alreeds vir hulle baie. Net so kan ek sekerlik honderde ander organisasies en dinge opnoem wat jou bydraes in terme van finansiële ondersteuning, verskaffing van jou kennis en talente, ens. nodig het en sal waardeer
Kyk of jy in die volgende week ‘n hand kan uitsteek na iemand wat op die stofpad van die lewe lê en hulle kan ophelp. Met Paasfees om die draai is dit juis ‘n gepaste tyd om hieroor te dink…
Hierdie Japanese biljoenêr het besluit om die gawe wat hy ontvang het (geld) te deel met ander wat dit nodig het… watter gawes het jy om te deel?
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=29&art_id
Oprah, verskil, gee, gawes