Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir March, 2007

Afrikaans

Moderne Stoele


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansMy een vriend het altyd gesê dat hy nie kan verstaan hoe mense soveel tyd kan spandeer om nuwe goed uit te dink terwyl alledaagse goed soos tafels en stoele nog baie dinkwerk nodig het.

Vandag se webwerf wys vir ons dat daar wel mense is wat nog tyd aan dinge, soos stoele, spaneer om dit beter te maak.

Die skakel bevat ‘n reeks prente en beskrywings van nuwe stoele en wat hulle anders maak as die normale stoele wat ons ken…

Sommige van hierdie stoele lyk baie lekker gemaklik ;)

http://www.funforever.net/archives/chairs-for-years/

stoele, tafels, mense, ontwerp

Afrikaans

Lemonade Stalletjies


Neels - Eet en Drink, Lekkertes

AfrikaansOns sien so dikwels in Amerikaanse flieks hoe die kinders op ‘n warm dag sommer ‘n lemonade stalletjie op die sypaadjie opslaan en dan stroom die mense (hoofsaaklik ander kinders) daarheen om elk ‘n glasie te kom koop… en dan is almal gelukkig, want die wat dors was kry ‘n heerlike koue drankie, en terselfdertyd word die kinders met die stalletjie se sakgeld aangevul uit die verkope! Dit is egter iets wat ek nog nooit hier in ons land gesien het nie… en nou wonder ek net hoekom nie – drink Suid-Afrikaners nie juis lemonade nie of is daar ander redes?

Wel ek vir een is nogal mal oor lemonade, so toe het ek bietjie gaan soek na resepte, en was verbaas oor hoe baie verskillende resepte daar op die Web beskikbaar is! Kyk gerus hier, en laat weet ons watter vir julle die lekkerste is:

http://allrecipes.com/Search/Recipes.aspx?WithTerm=lemonade

Kyk ook bietjie hier vir die geskiedenis van hierdie drankie, asook skakels na ander webwerwe:

http://en.wikipedia.org/wiki/Lemonade

lemonade, drankie, warm, koue

Afrikaans

Oorblyfsels van Draak Gevind


Gerhard - Natuur, Wetenskap

AfrikaansChinese weteskaplikes sê dat hulle die oorblyfsels van ‘n klein “vlieënde draak” gekry het wat ongeveer dieselfde tyd as die dinosaurusse moes geleef het.

Weteskaplikes het die fosiel van die oer oue reptiel gevind in die Liaoning provinsie in die noord ooste van China.

My Groot vraag is nou net, as hierdie reptiel soos ‘n draak gelyk het en dit het in die tyd van die dinosaurusse geleef, was dit nie dalk ‘n dinosaurus nie?

Vir my klink die hele storie net soos ‘n wetenskaplike wat aandag soek, maar ek kan ook natuurlik verkeerd wees… :)

http://www.physorg.com/news93669794.html

dinosaurus, draak, oorblyfsels, weteskap

Afrikaans

Bob Woolmer Huldeblyk


Neels - Afrikaans, Sport

AfrikaansVan my kant af wil ek net namens Kuier.co.za ons meegevoel oordra aan die familie van Mnr Bob Woolmer – die geliefde voormalige krieketspeler en afrigter van verskeie spanne, insluitend daardie baie suksesvolle Suid-Afrikaanse span van die middel-tot-laat 90’s. Daar is seker min krieketliefhebbers wat nie geraak is deur Mnr Woolmer se skielike afsterwe nie, en ek is seker dat almal sal saamstem hy was ‘n wonderlike sportman, beide op en langs die veld, en ook ‘n spesiale mens – iemand wie jy met trots ‘n vriend sou noem as jy so gelukkig was om hom te ken!

Sy afwesigheid sal beslis gevoel word in die krieketwêreld, waar hy ook baie gedoen het om die kleiner, onervare spanne en spelers te bevorder. Die resultaat van sy harde werk op hierdie gebied was juis, ironies genoeg, te sien in die laaste wedstryd waarby hy betrokke was, op die dag voor sy dood, toe Ierland vir Pakistan (wie se afrigter Mnr Woolmer op daardie tydstip was) in hul wêreldbeker wedstryd geklop het!

Oom Bob, ons gaan jou mis… dankie vir dit wat jy vir krieket gedoen het, en vir jou bydrae tot die wonderlike manier waarop die SA span ons gedurende die 90’s vermaak het! Dankie ook vir dit wat jy as mens vir ander mense gedoen het…

Robert Andrew “Bob” Woolmer (14 Mei 1948 – 18 Maart 2007)

http://en.wikipedia.org/wiki/Bob_Woolmer

Sy krieket loopbaan:

http://content-usa.cricinfo.com/ci/content/player/22520.html

bob, woolmer, krieket, huldeblyk

Afrikaans

Aanlyn Video Toekennings


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansAs jy een van die miljoene mese is wat oor die afgelope paar maande heeltemal verslaaf geraak het aan die Youtube ding behoort jy hierdie nuus taamlik interessant te vind.

Laat ek dit so stel: “Totsiens MTV toekennings en totsiens Oscars. Die Youtube toekennings is oppad” :)

Ja dit is korrek, van Maandag af kan gebruikers van die aanlyn video diens begin stem vir hul gunsteling videos van 2006. Die videos gaan in sewe kategoriëe opgedeel word om seker te maak dat almal ‘n regverdigge kans het.

Daar gaan my aanlyn tyd… :)

http://www.reuters.com/article/internetNews…

video, youtube, totsiens, aanlyn

Afrikaans

Wêreldbeker Krieket: SA teen NL


Neels - Sport

AfrikaansMeeste mense het sekerlik verwag dat Suid-Afrika hulle Wêreldbeker krieketwedstryd Vrydag teen Nederland sou wen, so ek dink toe AB de Villiers in die eerste beurt vir 0 uit is was daar baie Protea-ondersteuners wat effens kriewelrig begin raak het! Gelukkig was dit die enigste laagtepunt van die wedstryd vir ons span :-)

Ja Herschelle Gibbs was weer ‘n slag aan die brand en daardie rekord ses-sesse-in-’n-boulbeurt van hom beteken dat Habitat for Humanity nou $1 miljoen ryker is! Mark Boucher se vinnigste 50 in ‘n WB wedstryd het gesorg vir nog ‘n toevoeging tot Guinness (soos hy ook bekendstaan) se alreeds lang lys wêreldrekords, en verder was daar nog ‘n hele klomp ander rekords wat geswig het onder die Proteas se aanslag!!!

Die Nerderlanders wat my meeste beindruk het was hul aanvangsbouler, Billy Stelling, wat op ‘n stadium vir Boland gespeel het, en ook Ryan ten Doeschate het regtig goed gelyk tydens sy kolfbeurt!

Verder was dit interessant (en verblydend vir my) om te sien dat Bangladesh ‘n goeie oorwinning oor Indië behaal het, en so ook Ierland teenoor Pakistan.

Sondag se terugvegpoging van Nederland teen Australië verdien ‘n groot applous – veral van hulle moedige kolwers wat die Aussies so ‘n paar keer effens benoud moes laat voel het… ek ondersteun enige span wat die manne van Doer Onder opdraende gee ;-)

Nou sien almal seker uit na Dinsdag se SA-Skotland wedstryd, en daarna die groot een volgende Sondag wanneer ons vir Australië vermorsel…. um… aanpak.

Hier is die telkaart vir die SA-Nederland wedstryd:

http://cricketworldcup.indya.com/scores/html/live/sane1603.html

krieket, wêreldbeker, rekords, australië

Afrikaans

Teetyd Pret #34


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansEk het besluit om hierdie week te begin met ‘n teetyd pret inskrywing. Ek weet nie van julle nie, maar ek het dit regtig nodig vandag…

Die speletjie werk so: Jy gebruik die pyltjies op jou sleutel bold om die wit balletjie op die blou blok te kry. Daarna moet jy net probeer om die balletjie daar te hou terwyl die ander grys balletjies alles in hulle vermoë gaan doen om jou te probeer afstamp.

Dit is heel maklik in die begin, maar raak nogal lekker moeilik na ‘n tydjie.

My beste punt so ver is 946… maar ek glo ek sal nog beter raak :)

http://www.alexheaton.co.uk/games/balls/

speletjie, teetyd pret, pret, ontspan

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Saterdag Aand Geveg – Ek doen nou al Muay Thai vir net so oor die 9 maande, maar ek het die vooreg gehad om Saterdag aand vir die eerste keer na ‘n geveg…

Meer Vryheid Wanneer Jy Oefen – Die Nederlanders beweer dat mens meer “vryheid” ervaar as jy in die gimnasium oefen sonder daardie lastige items wat ons “klere” noem…

Die Beyerskloof Musiek Marathon – Vir die eerste keer in baie jare begin die musiek wat deur die ondergrondse are van Stellenbosch klop, weer mense se wenkbroue te lig…

Die Lang Pad Na Nêrens – Vir die afgelope paar maande ry ek elke dag ten minste twee keer op ‘n stuk pad wat “onder konstruksie” is. Nou het ek myself al dikwels gevra hoekom neem dit so lank om ‘n pad oor te teer?

Nog net 3 dae… – Daar is nog net 3 dae oor om vir Kuier.co.za te stem vir die “SA Blog Awards”, dit beteken dat na hierdie inskrywing mag jy nog een keer van my hoor hierdie jaar, en dit sal wees om die wenners aan te kondig…

Die Toekoms in 1900 – Dit is altyd vir my ´n interessante idee om te weet hoe mense dink die toekoms gaan wees. Veral as jy begin kom by tegnologie…

Kyk Uit Vir Pokkel – Ek weet nie van julle nie, maar toe ek klein was het ek altyd “Pokkel die Eekhoring” op TV gekyk. ‘n Ander gunsteling reeks van my was “Chip ‘n Dale Rescue Rangers”, ‘n animasiereeks oor…

Makliker Met Een Nommer – Het jy al ooit jou selfoon by die werk vergeet vergeet op ‘n Vrydag middag en dan die hele naweek sonder enige oproepe gesit?

Albert Einstein – Ek lees vanoggend in ‘n ou Readers Digest uitgawe oor Albert Einstein se lewe en dink toe dit sal interessant wees om nog meer oor hierdie prominente genie uit te vind…

Geniet die Naweek! :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Albert Einstein


Neels - Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansEk lees vanoggend in ‘n ou Readers Digest uitgawe oor Albert Einstein se lewe en dink toe dit sal interessant wees om nog meer oor hierdie prominente genie uit te vind… so by die kantoor aangekom gaan ek toe eers na Wikipedia, en daarna die Mieliestronk… Wel tussen daardie twee bladsye is oorgenoeg feite en “stories”, en webskakels oor Einstein om meeste oningeligtes te laat voel dat hulle diè Nobelpryswenner al lankal goed ken.

Het julle byvoorbeeld geweet dat hy ‘n sagte plekkie vir die skoner geslag gehad het? Ja, daar was blykbaar ‘n hele rits vroue in Mnr. Einstein se lewe! Die eerste groot liefde van sy lewe was seker Mileva Marić, wat saam met hom in Switserland studeer het, en toe later Mevrou Einstein geword het. Sommige mense spekuleer ook dat sy moontlik gehelp het met sommige van sy groot bevindings en selfs die bekende relatiwiteitsteorie. Hulle huwelik het egter nie uitgewerk nie, en na hul paaie geskei het, het hy nog vele verhoudings aangeknoop. Kort voor die groot oorlog in Europa uitgebreek het, is Albert Einstein toe na die Verenigde State, aangesien hy as Jood vir sy lewe gevrees het.

In die VSA het hy toe in ‘n brief aan president Rooseveldt geskryf, waarin hy hom waarsku oor die gevaar van kernwapens wat die Duitsers besig was om te ontwikkel, en gevolglik het Amerika toe self ‘n kernbom gebou en Japan daarmee aangeval… en die res is geskiedenis!

Wel hier is die Wikipedia bladsy:

http://en.wikipedia.org/wiki/Albert_Einstein

Die Afrikaanse taakhulp is hier:

http://www.mieliestronk.com/einstein.html

albert, einstein, lewe, relatiwiteit

Afrikaans

Makliker Met Een Nommer


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansHet jy al ooit jou selfoon by die werk vergeet vergeet op ‘n Vrydag middag en dan die hele naweek sonder enige oproepe gesit?

Die probleem is dat die meeste van ons ‘n selfoon en ‘n landlyn het, maar dat niemand ons landlyn nommer ken nie, want die selfoon is net soveel meer gemaklik.

In Amerika is daar nou ‘n maatskappy wat verder gedink het en ‘n diens begin het wat vir jou een nommer gee vir al jou telefone. As jy, byvoorbeeld, jou selfoon dan by die werk sou vergeet het sal jou oproepe nog altyd by die huis ook gelui het.

Ek sal regtig hou van ‘n diens soos daai :)

http://www.nytimes.com/2007/03/15/technology…

telefoono, selfoon, nommer, skakel



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans