Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir April, 2007

Afrikaans

Die 100 Jaar Oue Elektriese Motor


Gerhard - Tegnologie, Wetenskap

AfrikaansDie groot motor maatskappy van die wêreld spandeer tans baie tyd en geld aan die motor vir die volgende generasie.

Die ideale motor sal natuurlik baie min tot niks olie produkte verbruik en sal ook geen uitlaat gasse hê nie en hopelik, in die proses, ook sommer van ons geraas besoedeling help ontslae raak.

Wat baie hierdie motor maatskappye en die meeste mense vergeet het is dat ‘n motor wat aan al daardie standaarde voldoen al amper 100 jaar gelede gebou is…

Baker Electric is al amper 100 gelede gebou en die punte waarop hy bemark was, was dat hy nie ‘n slinger nodig gehad nie, ook dat hy nie na patrol geruik het nie en ook dat hy baie minder gebreek het as gevolg van oorverhitting.

Jay Leno, die Amerikaanse televisie aanbieder wat ook ‘n motor versamelaar is, sê dat sy Baker Electric is maar een van drie motors wat hy het wat van alternatiewe krag bronne gebruik maak.

Miskien moet ons bietjie navorsing gaan doen in die geskiedenis voordat ons die wiel herontdek :)

http://www.popularmechanics.com/automotive/jay_leno…

motor, elektries, bemark, uitlaat gasse

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Die Tower Nommer 8 Bal – Een van my gunstelling besittings is ´n tower nommer 8 bal (of in Engels, die “Magic 8-ball”). Dit is nie asof ek…

Baie Raak Pad Byster in die Duister! – Oor die algemeen verpes ek dit om self te moet bestuur (sal veel eerder saam met iemand anders ry), maar ek moet sê…

Teetyd Pret #36 – Vandag se teetyd pret speletjie is amper gewaarborg om jou besig te hou vir ´n tydjie. Nie omdat dit enigsins moeilik is nie…

ZX Spectrum Nostalgie – Laat ons sommer vanmiddag baie reguit met mekaar wees: Die van julle wat heelwat ouer as 20 is en nie weet wat ´n ZX Spectrum is…

11 Dinge om te Vermy in Films – Dit is maar moeilik om ´n karakter te wees in vandag se films. Mense gaan dood soos vlieë…

Beroep vir ´n Alleenloper – Opsoek na ´n opwindende werk wat goed betaal? Wil jy gereeld nuwe mense ontmoet, sonder om in ´n langtermyn verhouding betrokke…

Reën Op Aanvraag – Die winter is besig om sy kop uit te steek hier in die Kaap en soos die meeste van die Kapenaars weet is dit nou ´n paar…

Kits-Oplossings – Eers was dit kitskos wat mense se lewens makliker gemaak het… daarna seker kitskoffie, en toe kitskontant… so is kitsboodskappe die volgende groot…

Geniet die lang naweek! :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Kits-Oplossings


Neels - Algemene Geselskap, Tegnologie

AfrikaansEers was dit kitskos wat mense se lewens makliker gemaak het… daarna seker kitskoffie, en toe kitskontant… so is kitsboodskappe die volgende groot kits-”uitvindsel” waarsonder ons nie meer kan klaarkom nie? Ek is geneig om te wil ja sê daarop ;-) Natuurlik is daar ook ‘n paar goed soos “kits-dieëte” wat nie werk nie…

Vandat ek die eerste keer ‘n kitsboodskap program begin gebruik het was e-pos net nie meer vir my vinnig genoeg nie! Daardie verskriklike gewag op ‘n antwoord was uiteindelik iets van die verlede, want met kitsboodskappe kry jy presies dit wat die naam sê: Kitsboodskappe, wat beteken baie spoedige antwoorde op belangrike vrae!!! Op die oomblik gebruik ek die Miranda kitsboodskapkliënt program, aangesien dit meeste van die verskillende boodskap-standaarde ondersteun, gratis is, en nie ‘n baie kragtige rekenaar nodig het nie. Die bekendste voorbeelde van sulke kliëntprogramme is egter seker ICQ, MSN en Yahoo Messenger, wat al vir baie jare in gebruik is. Wel op die einde van die dag gaan dit hoofsaaklik oor wat vir jou die gerieflikste is om te gebruik :-)

Wikipedia het ‘n baie omvattende bladsy met ingligting oor die tegnologie, asook skakels na ‘n vergelyking tussen die beskikbare programme en waar mens hulle kan aflaai.

http://en.wikipedia.org/wiki/Instant_Messaging

kitsboodskappe, gerieflikste, tegnologie, vergelyking

Afrikaans

Reën Op Aanvraag


Gerhard - Natuur, Tegnologie, Wetenskap

AfrikaansDie winter is besig om sy kop uit te steek hier in die Kaap en soos die meeste van die Kapenaars weet is dit nou ‘n paar maande van aanhoudende wind en reën.

Ek verstaan dat reën belangrik is, maar as ek kon kies, sou ek beslis baie meer sonskyn dae wou gehad het, of ten minste sonskyn dae op aanvraag…

Dit is presies wat Chinese wetenskaplikes beplan om te hê vir die 2008 Olimpiese Spele in Beijing. Hulle is van plan om die wolke te manipuleer om dit te laat reën ‘n paar dae voor die groot opening seremonie sodat dit nie sal reën op die groot dag nie.

Hulle doen dit blykbaar deur 7 vuurpyle in die wolke in te skiet wat elkeen ‘n een Silver Iodide bevat. Hulle beweer dat hulle al voorheen hierdie metode getoets en laat werk het.

Miskien kan hulle iets vir ons in die Kaap doen… ek wonder of hulle iets vir wind ook het :P

http://www.newsday.com/news/nationworld/wire/sns-ap-china…

reën, aanvraag, wetenskap, weer

Afrikaans

Beroep vir ‘n Alleenloper


Neels - Interessanthede, Probleemoplossing

AfrikaansOpsoek na ‘n opwindende werk wat goed betaal? Wil jy gereeld nuwe mense ontmoet, sonder om in ‘n langtermyn verhouding betrokke te raak? Miskien kan ons bietjie tong-in-die-kies raad gee oor ‘n moontlike loopbaankeuse ;-)

Daar is egter ‘n paar voorwaardes: Jy kan vir niemand vertel nie, want dan sal jy net vir jouself nog meer werk maak… en jy mag nooit vrae vra nie – voer net jou opdrag uit, neem jou betaling in ontvangs en hou jou mond toe!

Mens moet seker liewer nie daaroor dink nie, maar ek wonder nogal hoe groot die beroep in Suid-Afrika is… ja ek praat vanmiddag oor huurmoordenaars!

Soos met meeste onderwerpe deesdae kan ek weereens na ‘n hele rits flieks verwys wat oor die onderwerp handel, so ek gaan nie eers probeer voorbeelde noem nie – daar is net te veel!

Daar is al boeke geskryf (fiksie en sekerlik nie-fiksie ook), rekenaarspeletjies en selfs ‘n strokiesprent genaamd “Hitman” wat deur DC Comics uitgegee is.

Nou wonder julle seker hoekom het ek vandag op die onderwerp besluit? Dis eenvoudig omdat ek een van daardie flieks gekyk het :-) Dit het my laat begin wonder of daar formele opleidingskursusse bestaan vir so ‘n beroep en kry jy enige werksvoordele soos mediese fonds en ‘n begrafnisplan… Dit lyk ook nie asof jy regtig vaste werksure het nie – die werkgewer besluit oënskynlik meestal wanneer jy jou opdrag uitvoer… Klink nie sleg nie – in elk geval baie interessanter as my werk, he he.

Is daar enige ander beroep wat die oorspronklike probleem so deeglik oplos? Natuurlik praat ons liefs nie van die klomp nuwe probleme wat geskep kan word terwyl jy jou werk doen nie!

Vir die van julle wat nou in matriek is en belangstel in so ‘n loopbaan… ek weet (on)gelukkig glad nie of daar ‘n kursus is wat julle kan loop vir opleiding nie en ook geen idee waar jy dan kan aansoek doen vir werk nie…

Teen die tyd worstel julle seker met dieselfde vraag as ek: Hoekom sal enige mens iemand betaal om ‘n ander te elimineer? Eenvoudig net sodat hul eie hande nie vol bloed word nie!

Aspirant-huurmoordenaars en ander belangstellendes kan gerus op Wikipedia gaan lees oor die interessante beroepsveld:

http://en.wikipedia.org/wiki/Hitman

Terloops, ek het hard gesoek na interessante webskakels om vir die storie te gebruik, maar Wikipedia was al wat ek kon kry wat die moeite werd gelyk het! As enige iemand dalk op ‘n webwerf afkom wat julle met die res van ons wil deel – sit dit gerus onder die kommentaar.

loopbaan, huurmoordenaars, beroep, probleme

Afrikaans

11 Dinge om te Vermy in Films


Gerhard - Interessanthede, Notas

AfrikaansDit is maar moeilik om ‘n karakter te wees in vandag se films. Mense gaan dood soos vlieë… Van dramas af waar daar een belangrike persoon doodgaan tot by wetenskaplike aksie films soos “War of the Worlds” of “Independence Day” waar daar sommer duisende sneuwel onder die krag van ‘n onbekende vyand.

Vandag se webwerf het ‘n hele paar films gevat en gaan kyk wat presies moet gebeur om jou op Vader Tyd se verkorte lysie te kry, en hul eie lys gemaak van 11 dinge wat jy moet vermy as jy ‘n karakter in ‘n film is.

My persoonlike gunsteling een is dat jy gaan aftree net nadat jy hierdie laaste taak afgehandel het. :P

http://bbspot.com/News/2007/04/top-11-signs…

films, dood, moord, vermy

Afrikaans

ZX Spectrum Nostalgie


Neels - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansLaat ons sommer vanmiddag baie reguit met mekaar wees: Die van julle wat heelwat ouer as 20 is en nie weet wat ‘n ZX Spectrum is (of was) nie, gaan asseblief NOU hierheen, want daar is nie veel hoop vir julle nie ;-)

http://en.wikipedia.org/wiki/Zx_spectrum

Vir ons jonger lesers sal ek kortliks verduidelik…

Vroeg in die 1980’s het Sinclair Research maatskappy ‘n tuisrekenaar (met ‘n sleutelbord vol aaklige rubberknoppies) gebou wat bekostigbaar genoeg was dat die gemiddelde mens dit kon koop en kragtig genoeg (relatief tot daardie tyd) om speletjies en opvoedkundige programme te kon loop. Die eerste modelle het uitgekom met ‘n verstommende 16 kilogrepe geheue en ‘n asemrowende 3.5 MHz verwerker… sjoe die spoed van daardie masjientjies darem!

Wel, 25 jaar later en ons rekenaars se verwerkers loop nou teen ongeveer 900 keer daardie spoed en die hoeveelheid geheue wat deesdae in ‘n gemiddelde rekenaar is, is sowat 64,000 keer wat in die ZX Spectrum was as my wiskunde my nou nie in die steek laat nie!!! Ek hoef seker nie vir julle te sê dat dit nogal ‘n tydjie geneem het vir sagteware om op daardie rekenaars te laai nie, veral as jy in ag neem dat sagteware toe nog op magneetbande (presies dieselfde as klankkassette) gestoor is!

Dit het nogtans vir ure se genot gesorg wanneer mens jouself eers voor die rekenaar gaan neerplak het… trouens dit was nie veel anders as vandag nie, want kinders het toe ook (danksy die ZX Spectrum en ander soortgelyke rekenaars van daardie tyd) hul vriende, skoolwerk, pligte in en om die huis, ens verwaarloos… nee dit was darem nie heeltemal so erg soos vandag nie :-)

Die ander ding wat ek net moet noem is dat die Spectrum ‘n 12-volt kragbron gebruik het – met ander woorde dit het ‘n transformator gehad wat jy by die muur inprop en dan by die rekenaar – presies soos laptops deesdae werk, behalwe dat dit meer krag nodig gehad het, en soos iemand wat ek ken (laat ons liewer nie name noem nie) eendag uitgevind het: As jy daai proppie in jou mond druk en dit nat lek in plaas van by die rekenaar inprop dan skok dit jou ;-)

Het enige iemand anders enige Speccy stories om met ons te deel?

Gerhard het gister vir my ‘n skakel gestuur na die volgende webwerf met ‘n klomp ou ZX Spectrum speletjies wat mens sommer net daar op die web kan speel! Wel geniet dit…

http://www.zxspectrum.net/

ZX Spectrum, tuisrekenaar, speletjies, opvoedkundig

Afrikaans

Teetyd Pret #36


Gerhard - Lekkertes

AfrikaansVandag se teetyd pret speletjie is amper gewaarborg om jou besig te hou vir ‘n tydjie. Nie omdat dit enigsins moeilik is nie, maar meer oor die hele prettigheid daarvan.

Dit werk so… Dit is marmotte wat om geskiet word in die lug, dan slaan die tweede groep marmotte die een wat opgeskiet is met ‘n kussing. Die Plan is om te kyk hoe ver jy jou marmot kan laat vlieg.

Om te speel is nog maklikker as wat jy dink. Dit werk met die muis en al wat jy hoef te doen is om jou muis twee keer te klik. Die eerste is om die marmot in die lug om te stuur en die tweede keer om hom op die regte oomblik met die kussing te slaan.

As jy hom in ‘n vuurpyl vasgeslaan kry sal hy taamlik verder gaan en so ook as jy om op die pord met die spring sal vasslaan :)

Wat is jou beste afstand?

http://www.hongfire.com/cg/data/25/flight_of_the_hamsters.swf

speletjie, teetyd pret, marmot, ontspan

Afrikaans

Baie Raak Pad Byster in die Duister!


Neels - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansOor die algemeen verpes ek dit om self te moet bestuur (sal veel eerder saam met iemand anders ry), maar ek moet sê dat dit nogal vir my lekker is om baie laat in die aand in die donker te bestuur… Ja daardie tyd wanneer daar relatief min ander voertuie op die pad is en alles net soveel stiller en rustiger voel!

Daar is egter ‘n baie groter gevaar dat mens laatnag (of in digte mistoestande) in ‘n ongeluk betrokke kan raak, omdat die sigafstand so beperk is! Dus moet jy die nodige voorsorgmaatreëls tref en ook baie versigter en meer bedagsaam bestuur as deur die dag. Onthou veral dat die snelheidsperke wat op padtekens aangebring is net van toepassing is wanneer die betrokke pad onder normale, dagtoestande gebruik word en dat mens jou gesonde oordeel moet gebruik om te weet wanneer jy nie so vinnig behoort te ry nie!

Verder is dit belangrik om te weet hoe en wanneer om jou motor se kopligte korrek te gebruik, sodat jy nie aankomende bestuurders verblind en daardeur ‘n ongeluk veroorsaak nie.

Daar is deesdae al motors wat vanself hulle ligte aktiveer wanneer mens in die donker ry, en selfs motors met nag-sig toerusting ingebou wat die pad vorentoe dan op ‘n skerm vertoon – so duidelik soos in daglig!

Ek kan net nie glo dat party mense sowaar nog heeltemal sonder ligte ry as dit donker is nie… maar dit gebeur wel!!!

Die volgende webwerf gee ‘n paar baie belangrike punte aan waarop mens moet let as jy jouself in die donker agter ‘n motor se stuur bevind:

http://tinyurl.com/fa43d

bestuur, donker, ongelukke, versigtig

Afrikaans

Die Tower Nommer 8 Bal


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansEen van my gunstelling besittings is ‘n tower nommer 8 bal (of in Engels, die “Magic 8-ball”). Dit is nie asof ek regtig glo dat hy vir my antwoorde kan gee wat enige iets beteken nie, maar dit is lekker om ‘n vraag te vra en te sien met watter lukraak antwoord hy vorendag gaan kom.

Een ding wat my net van die begin af pla, is hoe hy aan die binnekant werk. Ek sou hom oopgemaak het, maar ek het soortvan ‘n slegte geskiedenis met die idee van dinge oopmaak om te kyk wat binne in aangaan… vra gerus my ou iPod :P

Dit is hoekom ek so opgewonde was toe ek op vandag se webwerf afgekom het wat vir ons presies wys hoe die tower nommer 8 bal binne in werk… Eintlik baie eenvoudig! :)

http://www.hanttula.com/exhibits/8ball/8ball.htm

8 bal, tower, toekoms, vrae



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans