Een van ons lesers het die volgende boodskap deurgestuur, en ons het gedink dat julle inderdaad sal belangstel om te weet dat die Wêreldwye Web nou in al sy/haar glorie, amptelik in Afrikaans deurkruis kan word!
"Haai Gerhard / wie ookal hierdie kry.
Firefox 2.0 is nou amptelik beskikbaar in Afrikaans. Weergawe 2.0.0.4 is vandag vrygestel en die Afrikaanse weergawe is direk vanaf mozilla.com beskikbaar. As mens gaan kyk by http://mozilla.com/firefox/all.html is dit reg bo aan die bladsy beskikbaar.
Ek het gedink dis dalk interessant vir Kuier se lesers. Vir meer inligting, sien gerus http://translate.org.za/content/view/1804/51/lang,af/
Groete
Friedel"
Besoek dus gerus die amptelike aflaaiblad hier en kry jou gratis kopie vandag nog:
*Let daarop dat die lêer ongeveer 6 MegaGrepe groot is, en indien jy nog met ‘n telefoonverbinding sit vir Internet kan dit dalk ‘n tydjie neem om af te trek…
http://www.mozilla.com/en-US/firefox/all.html
Dink vir ‘n oomblik aan die mense wat saam met jou werk. Het jy al ooit daaraan gedink dat een van hulle dalk die manier hoe ons die heelal verstaan gaan herontwerp en dalk die intelligensie het om tyd en spasie met sy of haar brein te kan buig?
Ek weet dat ek onlangs die teedyd pret inskrywings afgeskeep het, maar moenie bekommerd wees nie, want ek het ‘n lekker een vir vandag se inskrywing.
Die van julle wat al gewonder het of dit regtig die moeite werd was om in ‘n rekenaar rigting te studeer, omdat jy nie werk kry nie of teen swak betaling moet werk kan gerus wees in die wete dat daar wel nog ‘n groot aanvraag is vir IT personeel met veral Internet-gerigte programmeringsvermoëns. Daarteenoor is mense met opleiding in Microsoft produkte in afnemende aanvraag deesdae…
Vandag se webwerf sal seker meer populêr wees met die dames en natuurlik die natuur liefhebbers.
Ek en een van my vriende het die ander dag hieroor gesels. Motorwerktuigkundiges wat in Formule 1 werk is van die beste in die wêreld, so hoekom gebruik hulle nie hulle tyd op iets meer produktief as motorsport nie?
Aangesien meeste van ons alreeds in die naweek-stemming is, en omdat ek bietjie laat is hiermee, gaan ek vanmiddag se storie BAIE kort en kragtig maak!
Dit is so maklik om verlore te raak in die dag na dag gejaag tussen vergaderings, werk en spertye.. Ek dink ons is geneig om nie te besef hoeveel tyd ons elke dag “weggooi” tussen die vergadings en ander werk nie.
Daar word gewoonlik aanbeveel dat mens belangrike inligting soos jou kontaknommer en adres op jou CV aanbring, maar ‘n inbreker in New York berou sekerlik nou dat sy CV wel sy telefoonnommer ingesluit het, want toe die polisie ‘n rekenaardisket daarmee in die slagoffer se woning vind, kon hulle hom skakel om sy adres te verkry!