Mense wat na ‘n maraton inmekaarsak en sterf… of teen hoë snelheid op die resiesbaan verongeluk… ons lees al te dikwels sulke berigte in die koerante of sien dit op die TV nuus.
Nou, na aanleiding van die pas afgelope Comrades met nog so ‘n sterfte waar iemand letterlik sy laaste krag gebruik het om oor die wenstreep te beur, kan ek nie anders as om te vra – is die eindresultaat so ‘n opoffering werd? Behoort enige iemand jouself so hard te druk of so ‘n groot kans te waag met jou lewe, net in die naam van prestasie?
Selfs in skolesport word al meer en meer kinders ernstig beseer (of erger) omdat hulle tot die uiterste gaan vir hulle sport. Wat het geword van die ou benadering dat mens sport doen vir ontspanning en om jouself te geniet? Gaan dit ook deesdae net oor die geld en roem? In die laerskole al???
Ja, daar hang dalk nou ‘n goue medalje of staan ‘n reusagtige trofee in ‘n kabinet êrens as bewys van die hoogste sport wat iemand bereik het, maar wat help dit as die persoon wie se naam op daardie goud verskyn nie meer leef om dit te kan aanskou nie?
Hier is ‘n lys van mense wat in motorrenne alleenlik omgekom het, waarvan ek een ongeluk – die van Ayrton Senna op TV sien gebeur het:
http://www.answers.com/topic/list-of-racing-drivers-who-died-in-racing…
Natuurlik is daar nog hope ander sportsoorte wat veel meer lewens eis, maar die renjaer lysie is alreeds lank genoeg as ek hom so kyk!
Hier is ook ‘n webwerf waar mens kan sien watter sportpersoonlikhede op hierdie dag in die geskiedenis gesterf het, maar dit lyk darem asof meeste van hulle nie tydens die beoefening van hul sport die lewe verlaat het nie.
http://www.todayinsport.com/deaths.php
sterf, sport, prestasie, opoffering