19
Jun
Die Sjinese maatskappy wat tans die Austin Healy fabrikaat besit, nadat hulle die MG Rover maatskappy in 2005 gekoop het, oorweeg dit sterk om hierdie gewilde sportmotortjies weer te begin vervaardig! Dit sal dan ook beteken dat mense in Sjina vir die eerste keer met die Austin sal kennismaak.
Ek vind dit nogal interessant dat sommige motors net in sekere lande of wêreldstreke verkoop word en mense elders nooit die voorreg kry om dit eers te sien nie! Amper soos wat seker flieks (of weergawes daarvan) net in die VSA vrygestel word in “Streek 1″ formaat
Wel, hoe dit nou ookal sy, ek is seker daar is menigte Austin-liefhebbers wat lekker breed glimlag oor hierdie nuus!
http://www.motoring.co.za/index.php?fArticleId=3889845
Die wat nuuskierig is om bietjie meer oor die Austin Healy uit te vind kan gerus hierdie interessante webblad besoek:
http://www.toadhallcars.com/AustinHealy.asp
Sjinese, Austin, fabrikaat, wêreldstreke
18
Jun
‘n Nuwe liedjieskryfkompetisie eksklusief vir Kapenaars is sopas geloods, met pryse ter waarde van R25 000 op die spel. Die Vivacious Voice Maak lawaai! Liedjieskryfkompetisie is in die lewe geroep deur sanger, liedjieskrywer en stem-afrigter Philip de Villiers, wat drie maande gelede die eerste liedjieskryf-akademie in Suid-Afrika op die been gebring het. Sy kursus, “The Songwriter´s Toolkit,” bemagtig Kaapse liedjieskrywers op ´n kreatiewe en finansiele vlak. “Dis bloot ´n mite dat kunstenaars nie finansieel suksesvol kan wees nie. As my vriende in die IT-industrie in blink karre kan ry, hoekom nie liedjieskrywers nie? Ons is deel van ´n R2.5 biljoen musiekmark plaaslik, en ´n $55 biljoen internasionale mark. Dis tyd dat ons liedjieskrywers ag as waardevolle potensiele uitvoerprodukte. Maar eers moet ons hulle toerus met die nodige vaardighede om liedjies van internasionale gehalte te kan skep.”
Die kompetisie diskrimineer glad nie teen sekere style nie, maar word beoordeel op grond van die gehalte van lirieke en melodiee, asook kommersiele vatbaarheid. Die beoordelaars is geskies uit verskillende kulturele – en musiek-agtergronde om ´n gebalanseerde, objektiewe mening te kan vorm.
Die eerste prys is R10 000 kontant, ´n fotografie-sessie van R3500 en R5000 se web-advertensie-ruimte. Die tweede prys is ´n Vivacious Voice sangkursus, en ´n Songwriter´s Toolkit kursus, gesamentlik ter waarde van R5000. Die derde prys is ´n beginnerskitaarkursus van R1650 van Guitar-4-U.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 17 Julie 2007. Beoordeling vind plaas op 18 en 19 Julie, en die wenner word aangekondig op Vrydag 20 Julie.
Die inskrywingsvorm is beskikbaar by www.vivaciousvoice.com Kliek op “Competition.”
16
Jun
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaanse Radio op the Internet – Uitsaaines saai tans 24 uur per dag en 7 dae per week uit. Hulle het gereelde lewendige inhoud (elke dag van die week insluitend…
Sê Nee vir Anti-Bakteriese Produkte – Vir jare al oorleef die mensdom deur met gewone seep te bad of te stort. Ons het die donker eeue so oorleef en is nog sterk aan die gang, maar om een of ander rede is anti-bakteriese produkte besig om oral hul koppe uit te steek…
Chinese Fnuik Toelatingseksamens – Van die ongeveer 10 miljoen Chinese hoërskoolstudente wat verlede week hulle nasionale kollegetoelatingseksamens afgelê het sal slegs 5.7 miljoen gekeur word vir toelating…
Aussie Verloor Onwetend ´n Vinger – Ja die Aussies het alweer nuus gemaak vir die “unieke” dinge wat hulle daar doer onder aanvang…
Maak Gereed vir Ubuntoer ´07 – Twee van die Weskaap se mees energieke en unieke groepe, Zinkplaat en Die Helde het weer besluit om kragte saam te span. Waar ander groepe met karre, bussies en waentjies toer…
Geniet die naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika
15
Jun
The Amerikaanse weermag is besig om ‘n robot te ontwikkel, met ‘n teddie beer styl kom, wat soldate uit die gevaar kan dra.
Hulle sê dat die “vriendelike gesig” is daar om gewonde soldate rustig te maak voordat hulle afgedra word.
Die rede vir die ontwikkeling van die robot is omdat soldate daagliks gewond word en dit is te gevaarlik om mediese personeel in die spervuur in te stuur.
Hulle sê dat hierdie teddie beer robotte eers oor vyf jaar die lig gaan sien.. so dit lyk my Amerika is van plan om nog vir ‘n tydjie oorlog te maak…
http://news.bbc.co.uk/2/hi/health/6729745.stm
teddie, beer, red, soldaat
14
Jun
Twee van die Weskaap se mees energieke en unieke groepe, Zinkplaat en Die Helde het weer besluit om kragte saam te span. Waar ander groepe met karre, bussies en waentjies toer, het hierdie manne vir die tweede keer besluit om groot te gaan en ´n trok te gebruik vir hulle toer. Met die hulp van Beyerskloof Wyn en Bundi Productions word die klanke hierdie Junie versprei.
Die toer staan bekend as Die “Ubuntoer ´07″ en spring die 14de Junie uit Stellenbosch uit weg. Die volgende areas gaan ingevaar word:
6/15/2007 : Die Sinkshack – Bronkhorstspruit
6/16/2007 : Bourbons – Potch
6/18/2007 : Back 2 Basix – Jo’Burg
6/19/2007 : Cafè Barcelona – Pretoria
6/20/2007 : Chillis – Hatfield
6/21/2007 : Stones – Bloemfontein
6/22/2007 : Bibberfees – Smithfield
Met verskeie televisie en radio onderhoude, sowel as CD-Winkel optredes en koerant onderhoude, beoog hierdie toer om die Kaapse musiekbeweging aan die musiekliefhebbers van die Noorde bekend te stel. Dit sal die tweede keer wees wat diè twee groepe met ´n trok ´n toer aanpak. In 2005 se Desembervakansie het Zinkplaat en Die Helde die Weskus van sy eerste rocktoer, Die Miskruier Gaan Weskus Toer, voorsien.
Vir enige navrae of verdere inligting, bel Bertie Coetzee 083 349 9559
Kyk ook www.myspace.com/diehelde en www.myspace.com/zinkplaat
13
Jun
Ja die Aussies het alweer nuus gemaak vir die “unieke” dinge wat hulle daar doer onder aanvang
‘n 42 jarige man het blykbaar in ‘n kroeggeveg in Sydney betrokke geraak, maar eers heelwat later, toe hy in die straat af loop besef dat daar bloed op sy een hand is en slegs vier vingers! Hy is toe hospitaal toe vir behandeling. Blykbaar het sekuriteitswagte later die “verlore” vinger en ‘n klomp bloed in die kroeg se badkamer gevind.
http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=79&art_id…
Aussies, kroeggeveg, vingers, verlore
12
Jun
Van die ongeveer 10 miljoen Chinese hoërskoolstudente wat verlede week hulle nasionale kollegetoelatingseksamens afgelê het sal slegs 5.7 miljoen gekeur word vir toelating… waarskynlik daarom dat talle van hulle toe besluit het om moderne tegnologie in te span vir “hulp” met die poging
Polisie in die Noord-Ooste van China het onraad vermoed toe hulle ‘n mini-bus buite ‘n skool opmerk waar studente besig was om die eksamens te skryf… by nadere ondersoek vind hulle toe drie mense daar binne wat na ‘n rekenaarskerm staar en oor twee-rigting radios praat!
Kullery deur kinders in eksamens is niks ongewoon nie, maar dis ongelooflik dat hulle nou al so mededingend is om tot hierdie uiterste te gaan…
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=29…
Ons meer ambisieuse jong lesers sal dalk die volgende webwerf interessant vind, maar moenie vir julle pa en ma vertel dat ons kullery aanmoedig nie, want dis is totaal onwaar – ek, vir een, glo dat slegs harde werk lei tot beloning!
http://www.spystudent.com/earpiece.html
hoërskoolstudente, toelatingseksamens, skool, kullery
12
Jun
Vir jare al oorleef die mensdom deur met gewone seep te bad of te stort. Ons het die donker eeue so oorleef en is nog sterk aan die gang, maar om een of ander rede is anti-bakteriese produkte besig om oral hul koppe uit te steek.
Wetenskaplikes is taamlik besorg oor hierdie idee, want volgens hulle maak hierdie produkte nie net die slegte bakterië dood nie, maar ook die goeie mikrobes. Hulle sê ook dat hierdie produkte gaan veroorsaak dat sterker bakterië gaan vorm wat natuurlike moeiliker gaan wees om van ontslae te raak.
Interessant genoeg is hierdie iets waaroor ek al vir lankal ‘n teorie gehad het, maar nou is daar wetenskaplike navorsing om dit te staaf
http://www.sciam.com/article.cfm?articleid=024FEAE8…
11
Jun
Uitsaaines saai tans 24 uur per dag en 7 dae per week uit. Hulle het gereelde lewendige inhoud (elke dag van die week insluitend naweke) wat aangebied word deur omroepers van reg oor die wêreld.
Uitsaaines se omroepers saai uit van hul voor- of studeerkamers, vanuit Suid Afrika, Amerika, Spanje, Holland en binnekort ook Japan…
Daar is reeds duisende luisteraars in verskeie lande en om net ‘n paar te noem; Engeland, Suid Afrika, Namibië, Nederland, Australië, Nieu-Seeland, Bahrein, Spanje en vele meer. Hulle is ook voortdurend besig om die diens en programinhoud te verbeter en te vermeerder.
As jy ook saam wil luister kan jy eenvouding na hulle webwerf gaan en op die “Luister Hier” prentjie klik om ook in te skakel. Daar is ook ander metodes beskikbaar soos byvoorbeeld die Hulpstaaf wat jy kan aflaai van hulle webwerf af.
http://www.uitsaaines.co.za
afrikaans, radio, potgooi, uitsaaines
09
Jun
Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Pienk Dolfyne van die Amasone – Vandag se webwerf het in diepte navorsing gedoen oor ´n dier wat ek nie eers geweet het bestaan nie… dis reg, die PIENK dolfyn!
Microsoft Produkte Dikwels Geleen – Dis nogal opvallend hoedat stoere ondersteuners van Microsoft gewoonlik wil maak asof ons nog in die “tegnologiese donkereeue” sou geleef het sonder die manne van…
Tee in Pot Meer Gesond – So bietjie meer as ´n jaar gelede het ek heeltemal ophou met koffie drink, en het oorgeskakel tee toe. Daar was…
Herleef Daai Lekker Avonture – Sit jy nog met ou avontuurspeletjies agter in ´n laai of kas, wat nie meer op jou nuwe rekenaar werk nie? Moet dit nie weggooi net omdat Windows XP nie wil saamspeel nie…
Die Dag van Jou Geboorte – Het jy al ooit gewonder hoe die wêreld was in die tydperk wat jy gebore was of watter groot gebeurtenisse daardaie jaar gebeur het…
Southappies Uit Die See – Dis alweer amper tyd vir die jaarlikse Oesterfees op Knysna en hope “fynproewers” sal sekerlik weer daarheen reis vir die geleentheid. Ek is egter nie een van hulle nie, want…
Vleis aan ´n Boom? – Dink jy dat vleis aan boom kan groei? Miskien nie, maar wat van op laboratorium bordjies? Wetenskaplikes in Amerika en Nederland is besig om eetbare vleis te groei in die labretorium…
Geniet die naweek!
afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika