Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir July, 2007

Afrikaans

Jou Eie Eiland


Gerhard - Interessanthede, Nuusagtig

AfrikaansHet jy nog altyd daarvan gedroom om jou eie eiland te hê? Om Jou eie hawe en strande te hê?

Wel, dan is vandag jou gelukkige dag! Daar is een te koop op eBay. Dit word beskryf as een van die beste eilande in die Stille oseaan, naby Fiji. Die eiland is 1 myl en het 225 hektar land.

Om alles te kroon is die water ook so helder dat jy 200 voet diep kan sien en volgens die foto’s is daar ook mooi see lewe om die eiland.

My groot vraag is net hoekom die eienaar dit so graag wil verkoop…

http://cgi.ebay.com/FIDSCHI-INSEL-90-Hektar-Blue-Lagoon…

eiland, vakansie, land, boot

Afrikaans

Mikrogolf Pret


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansEk dink dit veilig is om te sê dat die meeste van ons mikrogolf oonde het of ten minste gereeld in aanraking met een is.

Om een of ander rede is die mikrogolfoond fasinerend vir my. Ek dink dit het te doen met die feit dat hy kos anders gaar maak as normale oonde.

Dan is daar ook natuurlik die feit dat ek alerlei dinge in die mikrogolf wil sit, maar natuurlik nie die oond wil opmors in die proses nie.

Vandag se webwerf stel jou instaat om seep, koek, gom, eiers en ‘n hele ander paar “bestandele” in die mikrogolf te sit en dan te kyk wat gebeur sonder enige skade aan jou eie oond.

Ek vind dit nogal lekker interessant! :D

http://www.u-starvin.com/micromaniac/

mikrogolf, oond, kos, seep

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Internasionale Polisie – Dit is altyd interessant vir my om te sien hoe ander lande dinge doen, en ek praat nie net van die groot dinge nie, ek vind die klein goedjies ook fassinerend…

Microsoft se Tafel van die Toekoms – Jy stap in by jou huis na ´n asemrowende vakansie in die wildernis… jy sit jou relatief nuwe digitale kamera, propvol foto´s van jou gesin se avonture, op die koffietafel neer en daar vlieg honderde…

Anti-skaam Neus Sproei – Dokters het ´n middel geontwerp wat blykbaar jou skaam gewoontes kan laat verdwyn. Dit kom in die vorm van ´n neus sproei…

Internet Breek Byna Klankgrens – Die 75-jarige Mev Sigbritt Là?thberg van Karlstad in Swede het onlangs in die geskiedenisboeke verewig geraak toe sy die vinnigste Internet verbinding op aarde in haar huis ontvang het! Haar nuwe 40 Gigabis (ja, dit is die Afrikaans vir…

Geniet die naweek! :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Internet Breek Byna Klankgrens


Neels - Interessanthede, Nuusagtig, Tegnologie

AfrikaansDie 75-jarige Mev Sigbritt Là?thberg van Karlstad in Swede het onlangs in die geskiedenisboeke verewig geraak toe sy die vinnigste Internet verbinding op aarde in haar huis ontvang het! Haar nuwe 40 Gigabis (ja, dit is die Afrikaans vir “Gigabit”) per sekonde lyn is sowat 10 000 keer vinniger as die vinnigste (4Mbps) ADSL verbinding in Suid-Afrika!!! Net om te beklemtoon presies hoe vinnig dit is: Daarmee sal sy ‘n vollengte, hoë-definisie DVD (HD-DVD of BluRay) in slegs 2 sekondes kan aflaai van die Internet 8O

‘n Nuwe tipe tegnologie word vir hierdie hoë-spoed lyn gebruik, waarmee data dan oor ‘n afstand van tot 2000 kilometer gestuur of ontvang kan word, sonder dat daar enige addisionele netwerktoerusting tussen-in is… Dis mos nou “Breëband-Internet”!!!

Nogal lekker as mens ‘n Internet legende soos Peter Là?thberg vir ‘n seun het, en jy kan nuwe kommunikasietegnologie soos die toets! Nou wonder ek net wat die tannie met haar vinnige Internet gaan doen :-?

http://www.thelocal.se/7869/20070712/

75-jarige, Swede, Breëband-Internet, ADSL

Afrikaans

Anti-skaam Neus Sproei


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie, Wetenskap

AfrikaansDokters het ‘n middel geontwerp wat blykbaar jou skaam gewoontes kan laat verdwyn. Dit kom in die vorm van ‘n neus sproei.

Die anti-skaam neus sproei was geontwikkel nadat die dokters ‘n chemikalië gevind het wat mense minder skaam laat voel het. Die sproei maak gebruik van diek natuurlike hormoon “oxytocin” wat al klaar daarvoor bekent is om mense lekker kalm te maak in tye van nood.

So.. die skames onder ons kan nou vinnig van die neus sproei gebruik maak voor daardie groot vergadering.. of familie ete :)

http://www.thesun.co.uk/article/0,,2-2007320558,00.html

anti, skaam, neus, sproei

Afrikaans

Microsoft se Tafel van die Toekoms


Neels - Interessanthede, Probleemoplossing, Tegnologie

AfrikaansJy stap in by jou huis na ‘n asemrowende vakansie in die wildernis… jy sit jou relatief nuwe digitale kamera, propvol foto’s van jou gesin se avonture, op die koffietafel neer en daar vlieg honderde herinneringe voor jou oë van die kamera af tot op die tafelblad! Ouma Susie het ook gou kom inloer en wil graag ‘n paar foto’s van die kinders hê om vir haar vriendinne by die naaldwerkklub te wys, so jy vra haar om haar selfoon op die tafel neer te sit en siedaar – tien oulike kiekies vlieg binne ‘n oogwink oor tot op die foon…

Dit raak al laat en almal is honger, maar wat gaan die maklikste en vinnigste wees om nou te maak vir aandete, met die paar goedjies wat oor is in jou koskaste? Geen probleem nie! Roep so ‘n paar spyskaarte en resepte op die kombuistafel op en sommer gou-gou versprei die heerlike geure van die stoof af deur die res van die huis, soos wat ‘n koningsmaal begin vorm aanneem…

Klink dit asof ek ‘n ooraktiewe verbeelding het? Miskien het ek… maar dit is ‘n heel ander storie :-) Wat hierdie storie betref is my entoesiasme gegrond op feite – wetenskaplike feite!

Ek weet dat ek self al vir Microsoft baie gekritiseer het oor hul gebrek aan oorspronklike idees en innovering, maar hier moet ons (ek ingesluit) vir hulle ‘n pluimpie gee, want die stukkie tegnologie gaan ongetwyfeld ‘n omwenteling in mense se lewenswyses te weeg bring! Hoe die ding basies werk is jy het ‘n tafel met ‘n ingeboude rekenaar, kameras en sensors onder die blad wat soos ‘n baie intelligente skandeerder werk en wanneer mens byvoorbeeld ‘n digitale kamera op die tafel neersit, lees die kameras ‘n digitale “etiket” in die toestel om uit te vind wat dit is. Daarna neem dit die toepaslike aksie… Net so gaan eetplekke ook baatvind hierby, want dit sal moontlik wees vir klante om ‘n spyskaart op die tafel op te roep, hul bestelling te plaas en dan op daardie selfde tafel te eet!

Wat dit nog meer besonders maak, is die veelvuldige-interaksiepunt-tegnologie wat meer as een persoon in staat stel om gelyktydig daarop te werk. Dus kan jy (anders as op huidige rekenaars) verskeie opdragte aan die rekenaar (tafel) gee op presies dieselfde tydstip. Microsoft het blykbaar Windows Vista geneem en bietjie aangepas om op die tafel te werk… (eers venters, nou tafels… wat is volgende?). Die enigste rede hoekom ek nie dadelik sal hardloop en een gaan koop nie, is die prys: Ongeveer R35,000 vir die “goedkoop” model, en R70,000 vir die duurder een!!!

So dit wat ek nou gaan sê kan moontlik swaar donderstorms of selfs sneeu by die Ewenaar veroorsaak, maar ek moet dit sê: Mooi so, Microsoft! Dit lyk of die toekoms reeds hier is :-)

Kyk gerus na die volgende video en lees wat die Popular Mechanics tydskrif daarvan dink (Wees gewaarsku – die video is nogal groot – ongeveer 30MB – en sal lank neem om te laai op ‘n stadige Webverbinding!!!):

http://www.popularmechanics.com/technology/industry/4217348.html

Vir verdere inligting, uit die perd se bek as’t ware, kan julle Microsoft se amptelike “Surface” webwerf ook besoek – dit het my werklik beindruk:

http://www.microsoft.com/surface/

tafelblad, foto’s, gelyktydig, rekenaar

Afrikaans

Internasionale Polisie


Gerhard - Interessanthede

AfrikaansDit is altyd interessant vir my om te sien hoe ander lande dinge doen, en ek praat nie net van die groot dinge nie, ek vind die klein goedjies ook fassinerend.

Soos byvoorbeeld, hoe ander lande se polisiemotors lyk. Dit is nou wel nie iets groots nie, maar in ‘n oomblik van nood kan dit seker belangrik wees.

Persoonlik hou ek net daarvan om na die verskille te kyk en ook na watter tipe motors hulle gebruik :)

http://www.gadling.com/2007/07/18/police-cars-from-around-the-world/

polisie, motors, internasionaal, verskille

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

iPod Gebruiker Geslaan deur Weerlig – ‘n 37 Jarige Kanadese man is deur weerlig geslaan toe hy met sy iPod gaan draf het in ‘n storm.

Bedel Straks ´n Lonende Beroep – Toe welsynwerkers in Parys onlangs ´n hawelose vrou wou verskuif kon hulle aanvanklik nie verstaan hoekom sy so graag wou bly waar sy is nie… toe ontdek hulle wat in al haar vullissakke en ou tasse weggesteek…

Harry Potter is die Beste! – Vir die meeste Harry Potter aanhangers, soos myself, is hierdie ´n baie groot maand. Daar was die fliek (wat ek gedink het regtig uitstekend was) en dan natuurlik die…

Groepsdruk(kie) Beà?nvloed Rower – Vir ´n voornemende rower in Washington DC het “groepsdruk” ´n interessante dubbele betekenis ingehou! Die man, met vuurwapen in die hand en ´n kappie op sy kop, het ´n groep vriende se…

Chinese Karton Kos – Fyn gemaalde karton, sag gemaak met industriele chemikalië en gegeur met vetterige vark vleis en baie speserye. Dit was die hoof bestandele in ´n klomp gestoomde…

5 Redes om Stadiger te Eet – Een van die probleme in ons daaglikse lewens is die pas waarteen ons leef, alles is gejaag. Self as dit tyd is om iets te eet, dan jaag ons dit net af en dit is geneig om…

Rus(tig) by Ikea – Stel jou voor, jy stap op ´n oggend in by een van jou gunsteling groot kettingwinkels en daar lê mense in die slaapkamerafdeling se beddens en droom…

Geniet die naweek! :)

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Rus(tig) by Ikea


Neels - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansStel jou voor, jy stap op ‘n oggend in by een van jou gunsteling groot kettingwinkels en daar lê mense in die slaapkamerafdeling se beddens en droom…

Wel in Oslo, Noorweë is dit nou ‘n groot moontlikheid, aangesien Ikea – een van die grootste winkelgroepe in Skandinawië besluit het om hul beddens oop te stel vir klante om daar te oornag!

Hulle het bevind dat mense vanaf die noorde van Noorweë dikwels ‘n besoek aan die Ikea pakhuise in die suide insluit by hul vakansiereise en daar is toe besluit om hierdie besoekers wat ver reis te akkommmodeer, sodat hulle nou saans vanaf 10nm kan begin om hulself gemaklik te maak in die winkel, maar sulke “gaste” moet soggens weer vroeg uit die vere wees as hulle nie verras wil word deur inkopiekliënte, terwyl hulle nog lê en slaap nie. As ‘n tipe “afskeidsgeskenk” word “gaste” wat oorslaap by Ikea toegelaat om hul beddegoed te hou, asook kamerjasse en pantoffels.

Ek wonder of Mnr Raymond Ackerman dit sal oorweeg om dieselfde te doen by sy winkels ;-)

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=29&art_id…

kettingwinkels, oornag, akkommodeer, beddegoed

Afrikaans

5 Redes om Stadiger te Eet


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede, Wetenskap

AfrikaansEen van die probleme in ons daaglikse lewens is die pas waarteen ons leef, alles is gejaag. Self as dit tyd is om iets te eet, dan jaag ons dit net af en dit is geneig om na ‘n stresvolle ongesonde lewe te lei.

Ons kan ons lewestyl maklik aanpas der net stadiger te eet.. Hoe moeilik is dit? Wel, jy vat kleiner happies, jy kou effens stadiger en langer en geniet jou ete langer.

Vandag se webwerf bevat 5 redes hoekom dit belanglik is om stadiger te eet. Ek het dit nogal interssant gevind. :)

http://zenhabits.net/2007/07/5-powerful-reasons-to-eat-slower/

eet, spoed, stadiger, verteer



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans