Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir August, 2007

Afrikaans

Borreloortreksel Speelding


Gerhard - Interessanthede, Lekkertes

AfrikaansVir kleingoed is die beste gedeelte van nuwe speelgoed natuurlik die boks waarin die nuwe speelding kom. Vir groot mense is dit amper dieselfde, behalwe dis nie die boks nie, maar die plastiek tussen die boks en die “speelgoed”…

Ja, ek praat natuurlik van borreloortreksel.. daardie plasiek met die luk borreltjies in het wat skiet as jy hom net reg druk. :)

Vandag se webwerf toon ‘n nuwe sleutelhouer wat net soos borreloortreksel werk, behalwe jy kan dit oor en oor laat skiet!

Ek dink ek sal nogal van so iets hou :D

http://www.geekstudent.com/index.php?tag=bubble-wrap

speelgoed, borrels, oortreksel, boks

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Interessante Oorwurm Feite – Is dit nie net die ergste ding wat met jou kan gebeur as daar ´n simpel liedjie in jou kop vas sit en dit wil net nie ophou speel nie…

Voor die Oorlog – Wanneer enige iemand deesdae praat oor Afghanistan, dan is die eerste ding waaraan ons dink natuurlik die oorlog, Osama en natuurlik Amerika…

Die Klip Raaisel – Diep in die hart van Californieë woestyn lê een van die wêreld se grootste natuurlike raaisels: die bewegende klippe van “Death Valley”…

Mooiste Eilande – Hierdie is maklik van die mooiste tropiese eilande wat ek al gesien het.. Soos ek verstaan is hierdie almal…

Batterye Eersdaags Papierdun – Amerikaanse navorsers het ´n uiters ligte, buigbare, bio-afbreekbare battery ontwikkel… in die vorm van ´n stuk papier! Nou kan ek net dink hoe ´n groot…

Japanner Mis Nie Verlore Been – ´n Japanese motorfietsryer het Maandag saam met vriende gaan ry, toe hy beheer oor sy fiets verloor en teen die veiligheidsrelings beland het…

Geniet die naweek! ;)

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Japanner Mis Nie Verlore Been


Neels - Nuusagtig

Afrikaans‘n Japanese motorfietsryer het Maandag saam met vriende gaan ry, toe hy beheer oor sy fiets verloor en teen die veiligheidsrelings beland het… Hy het ‘n geweldige pyn ervaar, maar kon nog aanry. Sowat 2km later – by die volgende kruising – besef die mideljarige man toe eers dat iets (s)kort: Sy regterbeen! Een van sy vriende het die been intussen opgetel, maar by die hospitaal kon hulle dit nie weer aanheg nie, aangesin die impak teen die relings dit grootendeels vergruis het.

Dit verstom my altyd hoe die menslike brein werk – dat dit in ‘n geval soos hierdie, van uiterste trauma die “stappe” neem om mens aan die gang te hou en die pyn eers later inskop!

http://www.iol.co.za/index.php?from..

motorfietsryer, pyn, been, vergruis

Afrikaans

Batterye Eersdaags Papierdun


Neels - Interessanthede, Nuusagtig, Tegnologie

AfrikaansAmerikaanse navorsers het ‘n uiters ligte, buigbare, bio-afbreekbare battery ontwikkel… in die vorm van ‘n stuk papier! Nou kan ek net dink hoe ‘n groot omwenteling dit gaan veroorsaak op die gebied van battery-afhanklike elektronika! Selfone wat nog kleiner en ligter is… digitale kameras… skootrekenaars sonder die ekstra gewig van ‘n massiewe battery (wat in elk geval nie baie lank hou nie)…

Die nuwe litium-ioonbatterye is gebou met behulp van nano-tegnologie, wat maar eintlik net beteken dat alles waaruit dit bestaan ongelooflik klein is :-) Die besonderse aard van die batterye beteken ook dat as ‘n toestel meer krag nodig het, kan jy meer as een “bladsy” (battery) op ‘n ander een stapel! Die batterye kan selfs opgerol, of in enige ander vorm gevou word. Ja-nee, dis nou voorwaar tegnologie wat agteroor buig om ‘n diens te lewer!

As mens nou so 500 “bladsye” ophoop en in karton verpak, soos wat jy papier in die winkel koop, behoort dit genoeg krag uit te gee om battery-aangedrewe motors redelik lank aan die gang te hou, sonder dat jy te veel gewig bysit of al die ruimte in beslag neem. So, dink nou net aan ‘n “groen” motor met twee dose op die agtersitplek wat die hele land vol reis!

Blykbaar kan die batterye ook as ‘n tipe “superkapasitor” werk en selfs bloed en sweet gebruik as aanvullende kragbron… so as die “papier” begin pap raak druk jy net ‘n draadjie by een van jou polse in en siedaar – jy kan vir nog so ‘n paar ure lank werk ;-)

http://www.physorg.com/news106245164.html

batterye, papier, litium-ioon, buig

Afrikaans

Mooiste Eilande


Gerhard - Algemene Geselskap, Lekkertes, Natuur

AfrikaansHierdie is maklik van die mooiste tropiese eilande wat ek al gesien het..

Soos ek verstaan is hierdie almal suid Stille oseaan (soos die eiland waaroor ek vroeër gesels het). Dit wilse dit dit in die area van Fiji en daardie reeks eilande is.

Ek dink dit is hoog tyd dat ek ‘n bietjie vakansie vat. :P

http://bloggertrail.com/random/prettiest-islands-in-the-world

eilande, fiji, mooi, vakansie

Afrikaans

Die Klip Raaisel


Gerhard - Interessanthede, Natuur

AfrikaansDiep in die hart van Californieë woestyn lê een van die wêreld se grootste natuurlike raaisels: die bewegende klippe van “Death Valley”.

Dit is nie gewonde bewegende klippe wat teen die kant van ‘n heuwel afrol nie, maar klippe wat op die plat oppervlak skuif en dar is ook die spore om te wys dat dit wel gebeur het. Die beste van hierdie storie is die feit dat hierdioe klippe amper 320kg elk weeg!

Ons weet al 90 jaar hiervan, maar niemand het al ooit die klippe gesien beweeg nie, net die nagevolge…

http://flickr.com/photos/melastmohican/70768999/

woestyn, klippe, skuif, raaisel

Afrikaans

Voor die Oorlog


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansWanneer enige iemand deesdae praat oor Afghanistan, dan is die eerste ding waaraan ons dink natuurlik die oorlog, Osama en natuurlik Amerika.

Dit is amper moeilik om te glo dat hierdie landjie op ‘n stadium dalk ‘n mooi plek kon gewees het, voordat dit natuurlik plat geskiet was.

Vandag se webwerf gee vir ons ‘n kykie in die verlede in, na ‘n tyd wat Afghanistan in volle glorie was. Die jaar is 1973.

Nogal ‘n mooi landskap!

http://www.bucks.edu/~taylors/afghanHTM.htm

oorlog, afghanistan, amerika, osama

Afrikaans

Interessante Oorwurm Feite


Gerhard - Interessanthede, Musiek

AfrikaansIs dit nie net die ergste ding wat met jou kan gebeur as daar ‘n simpel liedjie in jou kop vas sit en dit wil net nie ophou speel nie…

“I’m a Barbie girl…. In my Barbie world…. HAHA! ok, jammer daaroor :D

In Engels word na ‘n liedjie soos daardie verwys as ‘n oorwurm, en vandag se webwerf het nogal ‘n interessante paar feite oor die brein funksie wat dit laat gebeur.

Blykbaar is vrouens en musikante meer geneig om hieraan te “lei”… dan is ek seker maar ‘n musikant :P

http://www.webmd.com/mental-health/news

music, oorwurm, ore, liedjie

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Mikrogolf Pret – Ek dink dit veilig is om te sê dat die meeste van ons mikrogolf oonde het of ten minste gereeld in aanraking met een is…

Jou Eie Eiland – Het jy nog altyd daarvan gedroom om jou eie eiland te hê? Om Jou eie hawe en strande te hê?

Reis in Groot Gemak…stoel! – Het jy ‘n gunsteling gemakstoel wat al amper heeltemal deur gesit is, omdat jy soveel tyd daarin spandeer? Sukkel jou man/vrou om jou uit dit uit te sleep sodat jy darem som ‘n bietjie…

Zim Stel $200,000 Noot Bekend – Zimbabwe gaan nou begin om hul nuwe 200,000 Zimbabwe doller bank noot bekend te stel. Die rede hiervoor is om die land se hoë inflasie te bekamp…

Vind Dooie Kolletjies op jou Skerm – Het jy al jou rekenaarskerm deeglik van bo tot onder (en/of links tot regs) bestudeer om te soek vir moontlike dooie kolletjies? Wel as jy nie eniges duidelik kan sien nie, hoekom soek jy dan…

Geniet die naweek! :)

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Vind Dooie Kolletjies op jou Skerm


Neels - Interessanthede, Probleemoplossing, Tegnologie

AfrikaansHet jy al jou rekenaarskerm deeglik van bo tot onder (en/of links tot regs) bestudeer om te soek vir moontlike dooie kolletjies? Wel as jy nie eniges duidelik kan sien nie, hoekom soek jy dan vir hulle? Dit pla jou mos nie… of hoe? Wel vir die mense wat net moet weet of hulle skerm “volmaak” is of nie het ek goeie nuus: Daar is ‘n stukkie sagteware wat binne sekondes vir jou die antwoord kan gee!

Nou vra sommige van julle dalk “Wat is ‘n dooie pixel?” Wat dit basies is, is dat daar een of meer van die miljoene kolletjies waaruit die beeld op jou rekenaarskerm bestaan net swart bly, of alternatiewelik kan mens ook ‘n sogenaamde “vassit pixel” kry, wat beteken dat jy heeltyd ‘n kolletjie van een kleur sien – bv. rooi… wat gewoonlik mees irriterend is wanneer so ‘n helder kolletjie in die middel van die skerm aan bly!! Op die prentjie hier bo sal julle sien dat daar ‘n baie helder groen kolletjie op die andersins swart skerm wys… dit is tipies van hoe die verskynsel voorkom.

Daar is ongelukkig absoluut NIKS wat mens aan so ‘n foutjie op jou LCD skerm kan doen nie, en meeste van die vervaardigers sal dit ook nie omruil vir net so ‘n paar sulke kolletjies nie, dus hang dit maar net af van hoe gelukkig of ongelukkig jy is wanneer jy jou nuwe skerm aankoop en of jy een gaan kry wat volmaak is of nie :-)

Laai die (baie klein) programmetjie hier af en toets jou eie skerm – ek het, en gaan sommer nou my skerm hier by die werk toets!

http://www.laptopshowcase.co.uk/downloads.php?id=1

Vir ‘n kort, kragtige beskrywing (in Engels) wat dalk duideliker as my poging hier bo is, en ook ‘n alternatiewe toetsprogrammetjie – kyk hier:

http://www.astris.com/dpl/

rekenaarskerm, LCD, dooie pixel, kolletjies



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans