Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir September, 2007

Afrikaans

Bespaar met Grondboontjie Botter


Gerhard - Eet en Drink, Interessanthede, Probleemoplossing

AfrikaansEk het vandag se storie eksta interessant gevind, aangesien ek baie bewus daarvan is dat ek nie veel doen om die planeet te help nie, en ook dat ek elke oggend van my lewe grondboontjie botter toebroodjies eet… wie sou gedink het dat dit die planeet kan help.

Vandag se webwerf is daar met een rede, en dit is om die feite te gee oor hoe grondboontjie botter toebroodjies die planeet help.

Wie sou gedink het dat deur drie grondboontjie botter toebroodjies te eet jy net so veel impak op die omgewings maak soos om na ‘n water besparende stortkop toe oor te slaan.

http://www.pbjcampaign.org/

grondboontjie, botter, spaar, planeet

Afrikaans

Blinde Judo Beskerming


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansMisdaad is maar ‘n probleem waarmee almal op ‘n dag tot dag basis te doen het, ook nie net in Suid Afrika nie, maar ook in Duitsland.

Gelukkig het een skelm lekker op sy moses gekry toe ‘n blinde man uitgeraai het om baie goed te wees in die oosterse kuns van Judo.

Die skelm het blykbaar probeer om van die man se kruideniersware te neem toe die blinde man hom op die grond vasgepen het tot wanneer die polisie ophgedaag het.

Dit wys jou maar net dat jy nie ‘n man op sy baadjie kan takseer nie :)

http://news.yahoo.com/s/nm/20070910/od_uk_nm/oukoe…

judo, blind, aangeval, gevang

Afrikaans

Tegnologiese Toilet Deure


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansDit is altyd interessant as normale dinge wat ons elke dag gebruik met ‘n tegnologiese weergawe vervang word wat dit beter maak.. of soms slegter…

‘n Goeie voorbeed hiervan is die toilet deure in ‘n klub in SoHo in New York. Die deure is heeltemal dersigtig, tot wanneer jy hulle toe maak, dan raak hulle dof en jy kan nie meer deur hulle sien nie.

Soos wat ek dit verstaan, werk hulle deur gas tussen 2 lae glas in te blaas wanneer jy hulle toe maak.

Ek is nie seker hoe mal ek oor die idee is nie, soos ek my geluk ken sal ek net mooi sit wanneer die krag afgaan en ek in ‘n 100% deursigtige toilet sit. :P

http://www.popgadget.net/2007/09/cool_bathrooms.php

glas, sien, toilet, badkamer

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

‘n Kop Vol Hare – Elke nuwe ouer hou van die idee dat mense na hulle kinders sal kyk en dink wat ´n oulike of mooi baba dit is…

Gaan Kampeer Sonder die Gejaag – Opstaan, slaapkous! As ons te laat ry gaan dit warm wees op die pad en die verkeer gaan erg wees! Jy moet nog vir jou pa gaan help kyk dat al die karavaan se ligte werk en dan moet…

Doen dit met ´n Tennisbal – Die meeste van ons dink aan tennis of speletjies met die hond as ons ´n tennisbal sien, maar het jy geweet dat daar ook ´n ton ander dinge is wat jy kan doen met ´n normale tennisbal…

Beijing se Nuwe Lughawe – Ek hou altyd daarvan om te sien hoe normale geboue in ander lande lyk. Soos byvoorbeeld die tipe geboue watte alle lande het…

Geniet die naweek! ;)

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Beijing se Nuwe Lughawe


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie

AfrikaansEk hou altyd daarvan om te sien hoe normale geboue in ander lande lyk. Soos byvoorbeeld die tipe geboue watte alle lande het.

Dit is om daardie rede dat ek vandag se skakel so interessant gevind het.

Die wêreld se grootste en mees gevorderde lughawe.. ook nie net tegnologies nie, maar ook wat dit die passasiers en spoed van diens betref.

Die nuwe lughawe in Beijing sal verwelkomend en vervrissend vir die passasiers wees. ‘n Simbool met sy aerodinamiese dak en en draak gevormde gebou.

Die foto’s is werklik asemrowend!

http://www.fosterandpartners.com/Projects/1235/Default.aspx

lughawe, vliegtuig, beijing, nuut

Afrikaans

Doen dit met ‘n Tennisbal


Gerhard - Interessanthede, Probleemoplossing

AfrikaansDie meeste van ons dink aan tennis of speletjies met die hond as ons ‘n tennisbal sien, maar het jy geweet dat daar ook ‘n ton ander dinge is wat jy kan doen met ‘n normale tennisbal?

Byvoorbeeld: het jy geweet ‘n mens kan ‘n tennisbal gebruik om ‘n bottel oop te maak wat te styf toe is?.. of as ‘n beter handvatsel vir daai skroewedraaier wat net nie die skroef kan los kry nie?

Ek moet nogal sê ek het vandag se webwerf baie interessant gevind! :)

http://www.diylife.com/2007/07/09/diy-tennis-balls-little-yellow-useful/

tennis, bal, nutsman, innovasie

Afrikaans

Gaan Kampeer Sonder die Gejaag


Neels - Lekkertes, Natuur

Afrikaans“Opstaan, slaapkous! As ons te laat ry gaan dit warm wees op die pad en die verkeer gaan erg wees! Jy moet nog vir jou pa gaan help kyk dat al die karavaan se ligte werk en dan moet ons die laaste goed inpak. Daar’s nie tyd om nog te lê en slaap nie!”.

Dit is min of meer hoe ek wakker geword het as kind, toe ons nog gedurende skoolvakansies gaan kampeer het. Die ding wat opvallend was van elke liewe vakansie, was dat dit altyd ‘n gejaag afgegee het om alles betyds klaar en reg te kry en seker te maak dat dit wat moet saamgaan wel ingepak is.

Afgesien daarvan was dit nogtans my gunsteling vakansies… die kere wanneer die woonwa gepak en gehaak is en ons na ‘n paar ure op die pad kon uitsien na so 2-3 weke van agteroor sit en luister na die geluide van die natuur, saam kuier en gesels, en net van alles by die huis vergeet! Daar was geen irriterende selfone, of televisie of ander elektronika nie – net ons en die natuur.

Het jy en jou gesin al ooit gaan kampeer? Vertel ons asseblief as jy enige interessante stories het – ek is seker dat ander lesers ook graag daarvan sal wil lees!

Ons het nou wel altyd die woonwa gehaak en nooit in ‘n tent in die bos gaan slaap nie, maar dit was nogtans altyd baie lekker! Ek sou tog nogal graag die tent “roete” ook wou probeer, want dit behoort selfs meer opwindend te wees en mens nog nader aan die natuur te bring… Ons woonwa se dak het in elk geval altyd êrens ‘n lekplek gehad, so vir natreen in ‘n tent skrik ek ook nie :-)

Soos ek gesê het, is daar altyd ‘n gejaag wanneer D-dag uiteindelik aanbreek! Gewoonlik is die kinders darem baie goed voorbereid en vir omtrent twee weke voor die tyd al besig om te beplan wat hulle alles gaan saamneem en wat om alles gedurende die vakansie te doen, maar selfs met ‘n lysie van wat-om-in-te-pak word daar meestal so ‘n paar belangrike dinge vergeet… Ek self het as kind vir elke vakansie ‘n deeglike lysie opgestel sodat ek nooit iets “belangriks” gemis het nie (my flits en sakmes was altyd bo aan daardie lysies!), maar Ma en Pa het sommer op hul geheue staatgemaak – volgens my nie so ‘n goeie idee nie ;-)

Ek het gister op die volgende baie waardevolle (volgens my) skakel afgekom, waar mens sommer ‘n voorafopgestelde kampeer kontrolelys kan aflaai, en dan kan jy daarop afmerk soos alles ingepak word, en natuurlik ook nog items byvoeg indien nodig:

http://www.voetspore.co.za/kaaptotkili/index.php?location=checklist

kampeer, vakansie, karavaan, lysie

Afrikaans

‘n Kop Vol Hare


Gerhard - Interessanthede, Natuur

AfrikaansElke nuwe ouer hou van die idee dat mense na hulle kinders sal kyk en dink wat ‘n oulike of mooi baba dit is.

Katie-Lee Webster, is wel oulik, maar die rede hoekom so baie mense na haar kyk gaan meer oor die weelderige bos rooi hare waarmee sy spog.

Sy is net 10 weke oud, maar sy het klaar ‘n bos hare wat groter is as meeste kinders wat taamlik ouer as sy is.

Katie-Lee se ma sê gewoonlik stop mense om te sê: “kyk die oulike baba”, maar in haar geval stop mense om te sê: “kyk daai bos hare!”

Ek dink sy is baie oulik. Sy is sommer Internet-beroemd nog voordat sy ‘n jaar oud is :)

http://www.dailymail.co.uk/pages/live/articles/news…

baba, rooi, hare, gebore

Afrikaans

Saterdag Samevatting


Gerhard - Samevattings

Wat het hierdie week op Kuier.co.za gebeur? Hier is jou kans om in te haal, in Afrikaans!

Afrikaans

Borreloortreksel Speelding – Vir kleingoed is die beste gedeelte van nuwe speelgoed natuurlik die boks waarin die nuwe speelding kom. Vir groot mense is dit amper dieselfde, behalwe…

Chinese Tatoeer Merke – Hoeveel keer het jy al daaraan gedink om ´n Chinese of Japanese karakter iewers op jou te laat tatoeer? As ek 100% eerlik moet…

Moeg vir Swak Diens? – Jy probeer vir die soveelste keer deurdring tot die idiote wat veronderstel is om ´n (bystands)diens aan jou te verleen… Jy hou maar aan probeer, want anders gaan die probleem nooit reggestel word nie…

Komediefees skop af in Moederstad – Sluit in September aan by die wêreld se beste skerpskertsers en geniet ´n jolige tydjie by die Cape Town International Comedy Festival – Suid-Afrika se voorste komediefees wat vanjaar sy elfde bestaansjaar in die Moederstad vier…

Muskiete Kom Tweede – Het jy al ooit gewonder hoekom sekere mense amper opgeëet word deur muskiete terwyl ander amper nie eers weet dat hierdie goggas…

Die Magnetiese Yskas – Met praatjies van besparing wat deesdae hoog aan die lys is, is dit nogal vervrissed om te sien dat iemand iets aan die saak gaan doen het en nie net ook daaroor gaan kla het nie…

Vuurwerke in die Ruimte – Japan verras my elke keer met die dinge wat hulle doen… hierdie keer is dit vuurwerke wat in die ruimte “geskiet” is…

Geniet die naweek! :D

afrikaans, afrikaanse musiek, kuier, suid afrika

Afrikaans

Vuurwerke in die Ruimte


Gerhard - Interessanthede, Tegnologie, Wetenskap

AfrikaansJapan verras my elke keer met die dinge wat hulle doen… hierdie keer is dit vuurwerke wat in die ruimte “geskiet” is.

Die effek van vuurwerke was gedoen deur ‘n vuurpyl wat lithium gasse afgegee het wat gelanseer was by die JAXA Uchinoura Ruimte Stasie. Die “vertoning” het omtrent teen 19:26 in Japan begin.

Toe dit klaar was het die vuurpyl om trent 500 kilometers ver in die oseaan geval.

Die beste gedeelte van hierdie storie, vir my, is dat omtrent die hele weste van Japan dit kon sien en ook die mense in Tokyo!

http://www.technovelgy.com/ct/Science-Fiction-News…

vuurwerke, japan, ruimte, vuurpyl



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans