Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir October, 2007

Afrikaans

10 Reëls vir ‘n nuwe pa


Gerhard - Algemene Geselskap, Probleemoplossing

AfrikaansOm skielik die verantwoordelikheid aan te neem van ‘n nuwe kleinding in die huis kan seker voel asof alles tot stilstand kom, maar gelukkig het die internet vir ons ‘n lys van 10 dinge gemaak wat ons moet weet as die dag kom.

Wat hierdie artikel lekker maak om te lees is die feit dat die skrywer dit baie lig-hartig geskryf, so al is dit nog nie jou tyd nie, is dit nog altyd lekker om te lees. :)

http://www.divinecaroline.com/article/22116/36160

baba, pa, nuut, reels

Afrikaans

Aussie Hoog in Takke Terg Krokodille


Neels - Algemene Geselskap, Nuusagtig

Afrikaans‘n Aussie het onlangs nogal ‘n interessante storie gehad om te vertel toe hy vir ‘n week lank bo in ‘n boom moes sit, in die noorde van Queensland, omdat die krokodille in die omringende moeras nie te vriendelik gelyk het nie…

Op die ou end moes die man maar net daar sit en wag totdat ‘n helikopter hom kon kom red. David George sê dit was nogal senutergend om te sien hoedat twee krokodille heeltyd onder die boom sit en na hom staar! Met ware Aussie sportgees het David voortdurend vir die krokkies beledigende aanmerkings geskree en meegedeel dat hulle hom nie in die hande sal kry nie…

Hy het glo heel kreatief geraak in sy pogings om verbygaande vliegtuie en helikopters se aandag te trek – insluitend om die son van sy metaal tabakblikkie af te weerkaats, sy hemp aan ‘n tak rond te waai, en toiletpapier oor die boom se takke te sprei.

Op die agtste dag van sy uitkampering in die boom het ‘n reddingspan bestaande uit die Australiese weermag, polisie en plaaslike spoorsnyers hom gevind.

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=29&art_id…

Aussie, boom, krokodille, moeras

Afrikaans

Troeteldiere in Kostuums


Gerhard - Algemene Geselskap, Interessanthede

AfrikaansVandag se webwerf is interessant, en die rede daarvoor is dat hulle twee groot groepe mense by mekaar bring.

Ek praat natuurlik van mense wat hou van troeteldiere en ook natuurlik van mense wat hou van die Star Wars flieks.

Vandag se webwerf bevat ‘n hele reeks foto’s van mense se troeteldiere wat aangetrek is soos karakters uit die Star Wars flieks.

Ek wonder net hoe hulle daardie kat so stil laat sit het vir die foto…

http://www.goodhousekeeping.com/family/pets/dog…

troeteldiere, star wars. honde, katte



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans