‘n 51-jarige skrynwerker is in Kalifornieë onskuldig bevind aan onsedelike blootstelling, nadat hy uitgevang is waar hy in sy geboortepak balke saag… en nee, hy was nie in sy bed besig om te snork nie! Percy Honniball van Oakland in die VSA sê dat hy meer gemaklik voel deur naak te werk, en dit help ook dat hy sy klere kan skoon hou. Ek is seker die vrou in sy lewe moet verheug wees dat hy so bedagsaam is om sy klere skoon te hou
Die regter het bevind dat Mnr Honniball geen wette oortree het nie, aangesien openbare naaktheid glad nie in Oakley verbied word nie. Ek wonder of die regter dalk beplan om binnekort nuwe kaste in haar huis te laat inbou…
In 2003 is hy egter wel skuldig bevind en tot 2 jaar parool gevonnis, omdat Berkeley, waar hy toe gewerk het inderdaad wette teen die soort ding het.
Dit moet nogal ‘n skok wees as jy by jou huis instap om te sien hoe vorder die werkery aan jou nuwe ingeboude kaste en daar sien jy ‘n kraak wat jy nie wou gesien het nie! Dink julle skrynwerk sal dalk ook ‘n gewilde beroep onder vrouens word en sal hulle ook die meriete daarin sien om liewer hul klere eenkant op te hang sodat dit skoon bly?
Jammer die storie is so laat vanmiddag – gewoonlik sou ek dit teen die tyd maar laat oorstaan vir ‘n volgende dag, maar ek het gedink dit sal dalk ons lesers bietjie laat lag so aan die einde van ‘n besige werksweek! Geniet die naweek en kom veilig terug (na Kuier.co.za) volgende week!!!
http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=29&art_id=
Ja mense, hier is ons sowaar alweer aan die einde van ‘n week, en dit was nog ‘n week wat net eenvoudig nie tyd gehad het om stories te gaan soek vir Kuier nie… Ek vra verskoning dat ek nie my belofte in daardie verband aan ons lesers nagekom het nie!