Afrikaans

Kuier Saam in Afrikaans

Argiewe vir December, 2007

Afrikaans

13 Tydsones… Nuwejaarsfees op Uitsaaines!


Gerhard - Afrikaans, Leser Bydraes, Tegnologie

AfrikaansAfrikaans sprekendes van regoor die wereld gaan hulle oujaar uittel op die baie gewilde Afrikaanse Internet Radiostasie, Uitsaaines Live!

Die bestuurder van hierdie radio stasie, Raymond Greenberg, sê dat hulle omroepers wat uit verskillende wêrelddele uitsaai, gereed staan om elke tydsone se luisteraars te akkommodeer deur lewendig hulle aftelling na nuwejaar uit te saai. Dit kom basies daarop neer dat luisteraars, soos wat hulle nuwejaar aanbreek in hulle tydsone, na die ateljee kan deurbel en lewendig op die lug hulle aanbreek van die nuwejaar af te tel en te vier. Luisteraars in 13 Tydsones het reeds aangedui dat hulle beslis gaan deelneem aan hierdie wonderlike geleentheid om hulle nuwejaar te deel met ander luisteraars waar nuwejaar nog moet aanbreek, of waar nuwejaar reeds aangebreek het.

Die 13 Tydsones huidiglik van toepassing in die volgorde waarop nuwejaar vir elk gaan aanbreek is as volg:

1. New Zealand
2. Oos Australie
3. Wes Australie en Japan
4. Taiwan
5. United Arab Emirates
6. Saudi Arabia
7. Portugal, Engeland, Ierland
8. Duitsland, Griekeland, Belgie, Nederland, Spanje, Frankryk
9. Suid Afrika
10. V.S.A Ooskus gebiede
11. V.S.A Oostelike Sentrale gebiede
12. V.S.A Westelike Sentrale Gebiede
13. V.S.A Weskus en Kanada.

Raymond se dat hierdie inisiatief ontstaan het in Japan met Jaques van Rooyen wat tans daar diens doen as ´n omroeper. Hierdie inisiatief word beskou as ´n eerste ter wereld wat radio uitsending betref, want nog nooit voorheen is dit op enige radiostasie vermag om ´n aanbreek van nuwejaar lewendig vanuit soveel verskillende plekke uit te saai nie. Effektief beteken dit dat nuwejaar op Uitsaaines Live, omtrent 24 uur lank, amper elke uur of twee gaan aanbreek. Die moontlikheid bestaan ook dat die 13 Tydsones dalk nog kan vermeerder soos wat luisteraars besluit om deel te neem, aangesien Uitsaaines luisteraars het wat getrou inskakel, vanuit alle denkbare wêrelddele. Afrikaans, as taal, was nog nooit voorheen so goed verteenwoordig oral ter wereld, met soveel luisteraars wat op een plek, elke dag bymekaarkom, om na Uitsaaines Live te luister nie.

Belangstellendes wat wil inskakel om na hierdie gewilde Afrikaanse internet radiostasie te luister, kan gerus ´n draai gaan maak by www.uitsaaines.co.za. Dit is ´n gratis diens, wat vrywillig onderhou word deur die bestuur en omroepers daarvan.

Afrikaans

Kuier Nuus


Gerhard - Afrikaans, Notas

AfrikaansGoeie Naand

Ek het nou gedink dat ek eers dalk moet verduidelik hoekom dinge so stadig beweeg hier by Kuier.co.za.

Behalwe vir die feit dat dit verskriklik besig is by die werk is hierdie tyd van die jaar en ek eenvoudig pootuit is wanner ek klaar gewerk is in die aande is ek ook besig met nuwe Kuier.co.za beplanning.

Ek en Neels is besig om te kyk na ‘n oplossing wat van Kuier.co.za ‘n regte kuier plek sal maak. Onder andere vereis dit ‘n nuwe stelsel agter die gordyne, so ons is nou op die punt waar ons navorsing doen om seker te maak dat die stelsel waarop ons besluit vir ‘n hele paar jaar sal kan werk, sonder dat ons weer op hierdie punt gaan kom.

Die idee is om ‘n Kuier.co.za te skep waar julle almal met mekaar kan gesels. Waar stories en foto’s kan uitgeruil word en dalk ook nuwe vriende in die proses gemaak kan word.

Ek sal probeer om julle op hoogte te hou van nuwe verwikkelinge :)

Groete
Gerhard

Afrikaans

Afrikaanse staan-komedie


Neels - Afrikaans, Algemene Geselskap

AfrikaansOns het die volgende versoek van ‘n leser, Brent, ontvang:

Hi Gerhard

Ek sien julle praat oor die Afrikaanse musiek industrie, maar onlangs het ‘n nuwe kategorie in die afrikannse vermaak industrie begin, en dit is die Afrikaanse Standup.

Alhoewel dit nie heeltemal nuut is nie, (Daar is een of 2 afrikaanse komediante wat naam gemaak het soos bv Casper de Vries, Lindie Stander ens) is dit nog nie naby sy potensiaal nie. Onlangs het komediante in johannesburg begin om Afrikaanse Standup te bemark. Die komediante bestaan uit ouens soos Melt Sieberhagen (onlangs te sien in Poena is Koning), Hannes Brummer (onlangs te sien op Kompleks), Garth Collins (een van SA se Gladiators), Joey Rashdien (Spekskieters faam), Pierre Breytenbach (Spekskieters faam) ens. Hierdie ouens is besig om die pad oop te maak vir toekomstige afrikaanse komediante.

Ek is besig om dieselfde te organiseer vir die Kaap. Ek wil oudisies hou vir toekomstige komediante, werks winkels, kanse gee vir hulle om op te tree, kompetisies hou ens. Maar om hierdie projek te begin het ons publisiteit nodig. Wil julle ouens nie praat oor Afrikaanse Standup nie? Julle kan praat oor toekomstige shows, oudisies, miskien onderhoude hou met die komediante ens?

Laat weet as julle belang stel om deel te wees van die projek.

Vriendelike Groete

Brent

Ek het op die volgende webwerf afgekom wat juis die tipe Afrikaanse komedie probeer bevorder:

http://www.afrikaanstand-up.co.za/

Terloops, vir die wat wonder… ek het die spesifieke prentjie gekies omdat dit baie snaaks gelyk het en nie omdat ek van blou bulle hou nie (nee, ek ondersteun my eie span hier in die Kaap!)

Afrikaans, staan-komedie, kunstenaars, komediante



Teken In
Advertensie
Skakels Skakels na Kuier.co.za

# afrikaans ?

Kuier Saam in
Afrikaans