“Dit verteenwoordig meer as net ‘n naam… dit is amper soos ‘n mitiese plek.”
Hunter Kennedy en Pierre Greef het hul eerste liedjie saam geskryf toe hulle 15 en 16 jaar oud was. Op daardie stadium was Hunder in ‘n groep met die naam “New World Inside” met Francois Van Coke (Van Coke Kartel) en Pierre was in die groep “Time Spent” met Wynand Myburgh (Van Coke Kartel) en Laudo Liebenberg (a King).
Meer onlangs was Hunter in Fokofpolisiekar en Pierre in Lukraaketaar. Toe beide groep laas jaar ‘n blaaskans neem het hulle weer saam begin uithang in Bellville, die groepering was onafwentbaar.
So, hier is hulle: Die Heuwels Fantasties. En hulle doen dit elektronies… met ‘n klein bietjie hulp van ‘n kitaar. “Ons wou weg beweeg van die tipe musiek wat ons voorheen gemaak het, wat meestal gebaseer was op kitare”. Johnny de Ridder (Fokofpolisiekar) is in beheer van die produksie.
Die eerste snit “Oorlewing 101″ kan nou gratis afgelaai word by:
http://www.myspace.com/dieheuwelsfantasties
Die Heuwels Fantasties se self getitelde album kan in March 2008 op die rakke verwag word.