Feb
Philip de Villiers Lewer Kleurvolle Vertoning by die Ou Meulteater in die Paarl
Op Saterdagaand 8 Maart tree die bekroonde sanger en liedjieskrywer Philip de Villiers vir die eerste keer op in Paarl by die Ou Meul Teater. Sy RSG-treffers Ek hoor jou, Jy´s nie rêrig weg nie en Frail is na twee jaar steeds gunstelinge op talle radiostasies landswyd. Hy is ´n bekende gesig op TV met sy aangrypende musiekvideo´s wat daagliks gespeel word en het ook al verskyn op DKNT, Kwêla en Jip.
As jy hou van Amanda Strydom, Johannes Kerkorrel of Laurika Rauch, sal Philip se musiek vinnig onder jou vel inkruip. Sy lirieke is weldeurdag, en alhoewel daar enorme diepte is in sy werk, neem hy homself nie tè ernstig op nie. Sy vertoning loop oor van humor, met skreesnaakse sketse uit sy kindertyd. Hy beloof ook om ´n paar goue oues ‘n nuwe baadjie te gee, en onontginde volksbesit soos “Hier staan ek met my boude onder die berg” aan gehore bekend te stel.
Hy word ondersteun deur Philip Samuel op ´n verskeidenheid van kitare. Die liedjies word verder ingekleur met klavier en trekklavier, wat De Villiers self bespeel.
Die vertoning begin om 20h00 en kaartjies kos R50. Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by die Ou Meul Teater op 083 564 0056 of e-pos vstemmet@gmail.com
Dit is nie elke dag wat ek uit ‘n fliek stap en vir dink dat ek werklik ‘n meesterstuk gesien het nie. Dit was wel die gevoel wat ek gisteraand gehad het toe ek uit die teater gestap het nadat ek vir “Cloverfield” gekyk het. Ek het omtrent na die eerste vuf minute vir myself gedink.. “wow! ek kannie glo wat ek sien nie”