Ek weet daar word gesê dat een persoon se verlies vir ‘n ander persoon ‘n aanwins kan wees. Persoonlik weet ek nie of ek daarmee saam stem nie, maar wat ek wel weet is dat in die geval van vandag se webwerf gee dit ten minste vir ons interresante foto’s om na te kyk.
Die webwerf waarna ons vandag kyk se naam is “Truck Spills” en wat dit basies is, is ‘n versameling van foto’s van vragmotors wat hulle vrag op een of ander manier verloor het.
As jy, soos ek, nog altyd wou gesien het hoe ‘n pad vol aartappel skyfies sou lyk, is hierdie net die webwerf vir jou